Besprekings vir Kulula-vlugte nou oop

(Foto: Comair/Facebook)

Die lugredery Comair aanvaar van vandag af weer besprekings vir Kulula-vlugte wat van 1 Desember af hervat word.

Glenn Orsmond, verteenwoordiger van Comair, sê hulle is opgewonde om weer te begin vlieg en hul vliegskedule en netwerk geleidelik te herstel.

“Met die herstel van mededinging met plaaslike vlugte, kan mense weer laer pryse verwag,” sê Orsmond.

Die herinstelling van plaaslike Kulula-vlugte is die eerste fase van die herstel van dié lugredery se bedrywighede oor die volgende paar maande.

“Comair sal aanvanklik ʼn vloot van 15 vliegtuie in albei lugdienshandelsmerke bestuur, wat geleidelik sal toeneem namate die res van die vloot die volgende paar maande weer in diens sal wees.”

Binnelandse en streekvlugte van British Airways sal binnekort weer open, asook Kulula-vlugte vanaf Lanseria.

Comair het in Mei vanjaar aangekondig dat hy in sakeredding gaan nadat die inwerkingstelling van verskeie omkeerstrategieë in die wiele gery is deur die algehele afsondering wat die verspreiding van Covid-19 in Suid-Afrika moet beperk.

“Die hervat van vlugte is ʼn belangrike oomblik vir Comair, vir al die werknemers wat so geduldig en ondersteunend was gdurende die sakereddingsproses, vir ons kliënte en die publiek.”

Kliënte wat oor ʼn ongebruikte Comair-vliegkaartjie beskik wat voor Comair se sakeredding bespreek is, kan vanaf middel Januarie die waarde van hul kaartjies deur die Comair Travel Bank gebruik vir toekomstige reis deur die lugredery.

Vir meer inligting oor die hervat van bespreking, vlugskedules en ongebruikte kaartjies, besoek Comair se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Stefan ·

Wil net baie seker maak voor ek boek: daar is geen verbintenis met saa nie nè!

koos10 ·

Daar was nooit nie. Mango en SAA is in die selfde bed.

Ek is meer bekommerd oor die feit dat as jy bespreek moet jy betaal, maar wat as hulle weer in “remisie” gaan voordat jou vlug gaan plaas vind?
Ek persoonlik vlieg eerder met Safair.

Aai ·

Nee geen verbintenis Stefan my vriendin werk vir hulle gaan maar voort daai mense kry nie salaris al van einde Maart maand.Dankie vir jou ondersteuning.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.