Eskom het Donderdag aangekondig daar is ʼn groot moontlikheid dat fase 1-beurtkrag weer vandag van 14:00 tot 22:00 ingestel kan word.
Volgens die kragvoorsiener is dit weens ʼn tekort aan opwekkingskapasiteit. Eskom sê in ʼn verklaring daar is ook ʼn verhoogde moontlikheid van beurtkrag môre en die res van die naweek, om die kragvoorsiener kans te gee om noodreserwes van water en diesel aan te vul en sodoende te probeer om beurtkrag volgende week vry te spring.
“Hoewel die moontlikheid van beurtkrag hoog is, sal dit net toegepas word wanneer dit absoluut nodig is. Ons herinner ons kliënte dat beurtkrag ʼn beheerde maatreël is wat die kragstelsel beskerm en verhoed dat dit heeltemal in duie stort,” lui die verklaring.
Verbruikers wat deur ʼn munisipaliteit krag ontvang kan op die bepaalde munisipaliteit se webwerf kyk vir die beurtkragskedule. Direkte Eskom-kliënte kan www.loadshedding.eskom.co.za/ besoek of die inbelsentrum by 0860 037 566 skakel.
Gee my krag Johanna. Krag Johanna tot die oggend kom Johanna.
????????
Kan Eskom vir ons Zim en Nam se beurtkrag skedules, ook wat die twee lande per kwh betaal vir krag bekendmaak.
Waar is hulle beplanning water diesel en steenkool ? Net weereens n bewys hulle kan nie beplan nie.Wat het van die regering se geld geword staan seker weer in die garage
Dis wat gedoen word om n prestasie bonus te bekom.
Hoe mèer krag af gesit word… hoe meer presteer hul mos???
“Hello darkness my old friend…”
Ek kan net nie verstaan hoe spaar hulle krag nie, sit hulle dit in n blikkie onder die bed? Want die oomblik as dit aangaan trek dit mos presies weer net soveel krag. Of is ek nou onnosel?
O jinne, ek moes nie gisteraand vir my wederhelfte gevra het wat hy dink nou eweskielik van Eskom se loadshedding geword het nie. ?
Ek wil n ESKOM grap vertel….maar ek het nie krag nie…..
Moenie kla nie, dit beteken ons ekonomie groei, aldus vise president.
Ek weet regtig nie wat hulle probeer bewys nie hulle gaan net dieper in die skuld ons betaal net meer sit sommer die hele Suid-Afrika se krag af as ook die buurlande wat op die sous trein saam ry dan gebruik ons kerse en almal is gelukkig.