Beurtkrag dek tafel vir nóg ʼn rentekoersverhoging

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank. (Argieffoto: ANA)

Die Reserwebank se monetêre beleidskomitee (MBK) het Donderdag die repokoers met 25 basispunte tot 7,25% verhoog. Die verhoging sal Vrydag in werking tree.

Die prima uitleenkoers staan nou op 10,75%.

Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, sê drie lede van die monetêre beleidskomitee was ten gunste van ʼn verhoging van 25 basispunte, terwyl twee komiteelede vir ʼn verhoging van 50 basispunte gestem het.

Kganyago het die rentekoersverhoging onder meer aan die uitwerking van voortslepende beurtkrag toegeskryf, wat groei met tot twee persentasiepunte verminder. Boonop voorspel die bank ʼn skamele 0,3%-groei in die bruto binnelandse produk (BBP). Die jongste verhoging is die agtste verhoging sedert November 2021.

“Oor die mediumtermyn neem die voorspelling voortdurende hoë vlakke van beurtkrag, en meer beskeie huishoudelike besteding en beleggingsgroei in ag.

“Belegging is steeds positief, maar word afwaarts hersien weens swakker vertroue en laer as verwagte groei. Met dalende kommoditeitspryse word ʼn afname in uitvoere ook voorspel,” sê Kganyago.

“Ons voorspelling vir kerninflasie is ietwat laer op 5,2% in 2023 (af van 5,5%) en 4,7% in 2024 (af van 4,8%).”

Verder styg voedselinflasie steeds terwyl die uitwerking van beurtkrag ook wyer kring en ʼn groter invloed kan hê op die koste om sake te doen, sowel as op lewenskoste.

Kganyago het ook sy kommer oor Eskom se verhoogde kragtariewe te kenne gegee en gewaarsku dat die rand vanjaar skerp kan verswak.

“Ekonomiese en finansiële toestande sal na verwagting vir die afsienbare toekoms meer wisselvallig bly.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Gert ·

Seriously!!!!! Kom ons wurg net nog n knertsie uit die ouens wat wel bydra tot die ekonomie.

Kokerboom ·

Sinneloos! Die middelklas word stelselmatig ge-elimineer

Truman Burbank ·

Die media se in soveel woorde dat die effekte van “beurtkrag” gaan onder andere die ekonomie ruineer. Waterwerke is in hul w in. Alles val plat. Maar nog steeds word beurtkrag as n noodsaaklikheid voorgehou. Daar is meer agter dit as wat mense besef.

KaRoOkWaGgA ·

Welkom in Zim-Afrika. Een van die dae koop mens los lekkers met ‘n R200 noot.

Yolandie ·

Ja dit is absoluut verstommend…….wurg die NIKS wat ons het ook uit ons uit!!!!!!! Dit gaan te goed met ons…….ons soek nog swaarkry asb???

Blikkies ·

Wat ‘n Gemors staar ons nie in die gesig nie. Dankie, julle Vuil Uile.

John ·

Brandstof word duurder. Elektrisiteit word duurder (en minder). Werkers vra groter vehogings om net te probeer byhou. So erens moet produkte duurder word (want alles wat dit dryf word duurder).
Maar as daai produk nou duurder word, dan spring ons slim mense op en af en rente koerse moet op (om prys verhogings af te bring).
Erens begin iets nie meer vir my sin maak nie…

Truman Burbank ·

Mens noem dit n “ekonomiese reset”. Die WEF spog daaroor. Dit het begin met n lockdown.

Wendy ·

Ons moet maar net bloot ophou om ons getroue skuld te betaal en weier om uit ons huise wat ons nie meer kan betaal , te trek , en ons karre wat ons ry, terug te gee- as almal ophou betaal omdat hul ni meer kan ni- glo my wat gaan banke met al hul huise en karre maak ?? Dink daaroor – o ja en hou ook sommer op om beladtinfs te betaal – dis juis ons wat so getrou betaal wat die land dra

Pierre ·

ek se dit al jare daar is geen manier dat finansiele instansies al die eindom kan neem nie daar is eenvoudig nie n groot genoeg mark nie

annie ·

Mens sal graag Sy Edele se stemmetjie wil hoor as ons by 20% trek. Hy neem seker reeds sanglesse vir die afsienbare toekoms. Die hoë note vang glo gewoonlik die meeste wind… As dinge gaan soos dit gaan en die weer wil nie meer saamspeel nie en die Weste wil WW3 uitprobeer, sal ‘n depressie en Sy Hogere se duet nogal ‘n item wees op die droewige begrafnis vir SA se Cyril-nasie.

Elma ·

Beurtkrag en die daaropvolgende styging in ALLES, maak nou dat ek ongelukkig nie meer my Woolworths rekening sal kan betaal nie. Sorry né.

Phillip ·

Ek het klaar my g@t gesien R43 oor na dat als afgetrek is gaan my kar verskeering los het geen anderiutkoms nie . Gaan n Adviseer sien

Pierre ·

sterkte Phillip die beste is om nou daar aan te begin werk voor dat mens in die moeilikheid in gaan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.