Beurtkrag deur dag toegepas

Foto ter illustrasie. (Foto: Andrey Metelev/Unsplash)

Beurtkrag sal deur die dag toegepas word weens ’n vertraging in die indiensstelling van verskeie opwekkingseenhede.

Volgens Eskom sal fase 2-beurtkrag van 07:00 tot 16:00 toegepas word waarna fase 3-beurtkrag om 16:00 sal begin en tot 00:00 sal geld, soos reeds vroeër gemeld.

Daar was die afgelope ruk nie beurtkrag deur die dag toegepas nie terwyl fase 3-beurtkrag daagliks van 16:00 tot middernag ingestel is.

Suid-Afrikaners het reeds vanjaar meer beurtkrag ervaar as in die hele 2022.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

JvR ·

Ek verstaan nie wat jy bedoel met “nou is dit eers erg”? Dit is baie minder. Oor die redes kan mens net bespiegel. Maar as jy dink dit is erger, moet jy dalk net jou krag rekening betaal.

Marcello ·

Dit is logies en niemand hoef te raai hoekom nie, snaaks daar is nou nie meer sabotasie van Andrè weg is nie nê.

JvR ·

Jy kan maar lekker afduimpie. Jou stelling is op geen feite gegrond nie. En onthou. DR he bedank. Sy laaste dag was net skielik vervroeg.

annie ·

Groot gespog oor skelmplanne. G’n versiening van kragstasies nie soos gedurende die glo ‘goeie jare’ en net voortstu en deurdruk totdat die snot spat en dan is dit die wit werkers se skuld. Hierdie nuwe minister is alwetend en ‘n towenaar. As hy sy vinger lig gebeur dinge. Ons wag daarvoor,

Martin ·

Rainbow nation in SA. Gelukkig werk ‘n reenboog nie met elektrisiteit nie anders was dit ook nou af…

Papsak ·

Ja na dat DeRhyter weg is gaan dit net swakker en swakker mense kyk om julle en stem asb reg

Jacobus ·

JvR kom ons praat oor n jaar of twee weer. Jy word erg mislei deur die regime en val vir hulle tower grappies. Net so terloops, AdR is gefire omdat hy korrupsie deur ministers op die lappe gebring het.

JvR ·

Glo my. Die huidige regime betower my glad nie. En ek val nie vir hulle stories. Inteendeel. Ek twyfel of hul enigsins in staat is om iets uit hul eie te doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.