Beurtkrag die naweek opgeskort

(Foto: pixabay)

Eskom het Vrydag aangekondig dat beurtkrag Saterdag opgeskort sal word aangesien die opwekkingstelsel in dié stadium voldoende herstel het.

Fase 1-beurtkrag sal Vrydag egter nog tot middernag van toepassing wees.

“Eskom bedank die publiek en alle aandeelhouers vir hul geduld en begrip gedurende hierdie moeilike periode van beurtkrag.

“Hoewel Eskom nou in staat is om beurtkrag op te hef, waarsku ons dat die druk op die kragnetwerk steeds voortduur. Ons moedig verbruikers aan om krag spaarsamig te gebruik.”

Eskom sê die verskaffer sal verbruikers inlig indien die toedrag van sake verander.

“Ons staan tans 3 693 MW aan beplande onderhoud af, terwyl nog 14 261 MW weens onvoorsiene probleme onbeskikbaar is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Nettie ·

Maar as ons dit “spaarsamig gebruik” soos ons aangemoedig word, gaan ons meer moet betaal vir dit wat ons wel gebruik?!

Johanncb ·

Eskom sal moet wakker word en die diens waarvoor ons betaal verskaf! Ons kan nie toelaat dat swak instandhouding, salarisverhogings en stakende werkers ons gyselaar hou nie! Dit is ‘n patetiese toedrag van sake!

AmY ·

Hulle wil hê ons moet krag ‘spaarsamig gebruik’, maar wanneer ons dit doen, wil hulle ons beboet?
Nou verstaan ek nie so lekker nie.

Jr ·

Jy weet om hierdie berig te lees is soos petrol op n vuur. Dit maak my vitriol spoeg want hulle dank die publiek vir hulle geduld. En ons moet minder krag gebruik waarvoor hulle ons meer gaan vra. Wie dink hulle is hulle? Hulle is nou so arrogant dat hulle is nou in beheer van die son ( God). Dan wanneer hulle aangevat word LIEG hulle en sê daar is nie so n proposel nie. Vanmiddag het Mantshantsha met My Broadband gepraat Ek kan nie die liegery van hulle vat nie en ek hou de Ruyter verantwoordlik daarvoor. As ons n fatal ondergrond gehad was die myn bestuurder verantwoordlik gehou tot anders bewys. Merk my woorde voor die naweek verby is, is daar weer loadshedding. SKAAM JOU

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.