Beurtkrag Dinsdag verskerp

Foto ter illustrasie. (Foto: Andrey Metelev/Unsplash)

Fase 2-beurtkrag is Dinsdag om 05:00 deur Eskom ingestel.

Volgens die kragvoorsiener het drie opwekkingseenhede deur die nag onklaar geraak wat hom genoop het om beurtkrag tot fase 2 te verhoog. Dit sal tot 16:00 geld. Eskom het gesê hy sal vanmiddag die jongste beurtkragfases bekend maak.

Beurtkrag is Sondagoggend vroeg vir ʼn paar uur opgeskort waarna daar om 16:00 weer na fase 3 oorgeskakel is.

Fase 1-beurtkrag het Maandag om 05:00 begin en tot 16:00 geduur waarna fase 3 weer in werking getree het.

Die patroon sou tot verdere kennisgewing daagliks herhaal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Papsak ·

Ag ek glo die anc het hierdie ding van loadshedding uit gedink daar is nie regtig fout met krag nie hulle doen dit om ons lam te le

Truman Burbank ·

Jy gee die ANC e veel krediet. Hulle voer opdragte uit. En ja. Dit is gefabriseer.

Cherokee ·

Waarom dink julle, as die spoorweë nie kon bly staan, die poskantore kon nie staan, die land is bankrot, dan sou eskom sterk bly staan? Dink weer. dit is nie gefabriseer, maar slegs deel van die land se ekonomie wat inkrummel.

fafa ·

Brics is verby-ons een vegvliegtuig en Chopper het hulle moeg gejaag oor Sandton en krag moes aanbly om nog geld te bedel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.