Beurtkrag: Fase 4 en fase 5 geld dié week

(Argieffoto: iStock)

Fase 4-beurtkrag sal Sondag om 16:00 ingestel word en in dié stadium tot Maandag om 05:00 voortduur.

Fase 3 sal van Maandag om 05:00 tot 16:00 môremiddag geld, en fase 5-beurtkrag skop dan in. Dit duur weer tot Dinsdag om 05:00.

Volgens die kragvoorsiener sal dieselfde patroon daagliks – tot verdere kennisgewing – geld.

In dié stadium is opwekkingskapasiteit van 16 486 MW nie beskikbaar nie, terwyl 3 817 MW weens beplande instandhoudingswerk nie beskikbaar is nie.

“Oor die afgelope 24 uur is ʼn opwekkingseenheid by die Duvha-kragsentrale weens ʼn onklaarraking uit diens gestel. Vertragings om ʼn eenheid elk by Arnot, Camden, Kendal en Tutuka en twee opwekkingseenhede by die Hendrina-kragsentrale weer aanlyn te bring, dra by tot die huidige kapasiteitsbeperkings.”

Eskom het mense bedank wat gehoor gee aan oproepe om krag spaarsaam te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.