Beurtkrag-fase vir Vrydag verhoog

Argieffoto (Foto: Eskom/Twitter)

Eskom het Donderdagmiddag aangekondig dat fase 4-beurtkrag wel Vrydag sal geld.

Daar is aanvanklik op die beurtkragskedule aangedui dat fase 2- en 3-beurtkrag Suid-Afrikaners se voorland sal wees dié naweek.

Fase 4 word van Vrydag 05:00 tot middernag geïmplementeer.

Die kragvoorsiener sê hoewel sewe kragopwekkingseenhede weer in diens gestel is oor die afgelope paar dae, is dit nie voldoende om beurtkrag op te skort nie. Daar is nog ses kragopwekkingseenhede wat afgeskakel moes word vir herstelwerk.

Die herstelwerk is moontlik gemaak soos die arbeidsmag teruggekeer het werk toe na afloop van die stakings.

ʼn Bykomende 600 MW se kapasiteit van die Cahora Bassa- hidroëlektriese aanleg in Mosambiek is weer in diens geneem, wat die beskikbare opwekkingskapasiteit ʼn hupstoot gegee het.

Oor die volgende paar dae word verwag dat nege opwekkingseenhede weer in diens sal wees, wat nog meer druk op die kragnetwerk sal verlig.

“Dit is egter steeds nodig om voort te gaan met die implementering van beurtkrag vir die afsienbare toekoms, totdat die kragsituasie genormaliseer het,” sê Eskom.

Volgens Eskom word minstens 3 349 MW tans aan beplande instandhouding afgestaan, terwyl hy sonder ʼn bykomende 16 865 MW moet klaarkom weens onbeplande onderbrekings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Swerwer ·

Die rondspring van beurtkrag fases is nou wraggies ‘n afgesaagde onderwerp. Sit die verdomde krag af vir hoe lank hul wil per dag en kry klaar met al die verskonings! Elektriese toestelle en elektronika word opgevoeter deur “Pick ‘n fase”

Piet ·

Ja met hierdie gespringery tussen fases kan mens niks beplan nie!

Eden ·

Stem saam. Sit krag af 12 ure per dag op ‘n slag en laat weet wanneer ons weer krag gaan hê. Die fase storie wat 2 of 3 keer ‘n dag na willekeur verander is ‘n gemors. De Ruyter moet bietjie leiding gee, hy klink al meer soos ‘n regte kader.

jlantie ·

Hoe flippen lank nog moet ons met die gemors en nagevolge ban korrupsie, bedrog en wanbestuur asook hulle onbevoegdheid opgeskeep sit..mens kan net soveel verdra

Sons ·

Eskom, vlieg in julle hel in. Dis n absolute skande dat julle ons gevange hou oor julle sleg bestuur!!!! Skaam my dood!!!!

Antonk ·

Hulle het altyd ʼn afgesaagde storie wat nie ons skuld is nie.Dan dink hulle ons moet hulle glo.

@n0Niem77 ·

Hoeveel van die stakings is in opdrag van Gwede vir sy stakende volgelinge? Ek dink hier word probeer om die Kar power ship met n huptstoot te regverdig, sodat die Mafia( ANC) nog kan buit.

Piet parys ·

Verbruikers moet nou die pyn vat om Eskom te help om te privaatiseer . Die swart unies skop daarteen want dan het hulle nie meer houvas op Eskom nie. Dan moet hulle ook uit hulle LAZYBOYS opstaan en gaan werk soek en wie gaan vir die useless dik gevrete mense werk gee.

Harley Davidson ·

De Ruyter moet harder probeer hy rapporteer aan Ramaposa maar hy kry nie die opsetlike beskadiging van Escom gestop nie kry die krag reg of maak plek vir iemand wat kan ons is keelvol vir die verskoning.

Johan Botha ·

Hoe meer eskomwerkers betaal word, hoe minder word daar gewerk!
Terloops- hoeveel mense werk by eskom……? Omtrent net tien persent…haha!

Tracey ·

Gaan kyk na waar Eskom in 1994 gestaan het teen nou….. Dis skandelik. Hoekom moet ons jaar op jaar op jaar meer betaal vir die diens? En daar is 100 stories en almal se skuld. As daar een uur se loadshedding is, behoort niemand in Eskom bestuur verhoging of bonus in Desember te kry nie, dan sal hulle wakker word. Tot hulle dit nie voel soos ander besighede nie, gee hulle nie n vlenter om nie.

Casper ·

Wat beteken onbeplande onderbrekings.Hule kan maar nog duisende eenhede inwerking stel en dit sal nie genoeg kapasiteiet wess nie
DeRuiter is swart moet maar erken eskom het sy gat gesien

Henry ·

Hoe gouer hulle Eskom privatiseer hoe gouer sal ons ontslae wees van beurtkrag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.