Beurtkrag: Hier is Woensdag se vooruitsigte

Argieffoto (Pixabay)

Eskom het gesê na verwagting sal geen beurtkrag Woensdag ingestel word nie.

Die kragverskaffer het Dinsdagaand gesê hy kon genoeg noodreserwes opbou. Daar word verwag dat bykomende opwekkingseenhede Woensdag weer in werking sal wees. Die opwekkingskapasiteit gaan verder verhoog word om verdere beurtkrag te verhoed.

“Nietemin bly die opwekkingsnetwerk onvoorspelbaar en onbetroubaar en die moontlikheid bestaan dat beurtkrag op kort kennisgewing ingestel kan word, sou daar groot veranderinge aan die stelsel plaasvind.”

Eskom het verbruikers versoek om steeds elektrisiteit spaarsamig te gebruik.

Teen Dinsdag 16:05 was onbeplande instandhoudingswerk 11 371 MW en beplande instandhoudingswerk 4 737 MW.

Eskom wys weereens daarop dat ’n moontlikheid van beurtkrag weens noodsaaklike instandhoudingswerk oor die volgende 18 maande bestaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

FM ·

Ek is ons Here so dankbaar vir Sy wonderlike skepping. Daar buite is helder, sonskynkrag en indien inteligente, verantwoordelike beplanning gedoen was, was die hele Suid-Afrika, wat bekend is as die Sonskynland, nie in hierdie gemors nie. Die sonkrag werk lieflik en my hart is vol vreugde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.