Beurtkrag: Stelsel steeds kwesbaar

Argieffoto: Pixabay

Geen beurtkrag word vir vandag (Woensdag) verwag nie, maar die kragnetwerk bly “kwesbaar en onvoorspelbaar”, sê Eskom.

Dit is die vierde agtereenvolgende dag dat Eskom nié beurtkrag toepas nie, nadat fase 6-beurtkrag verlede week vir die eerste keer geïmplementeer is. “Danksy ʼn afname in die aanvraag na elektrisiteit tydens die vakansie en die herstel van sommige kragopwekkingseenhede, hoef ons nie Woensdag beurtkrag toe te pas nie,” sê Eskom in ʼn verklaring.

Die kragreus sê egter hy sal in dié tyd voortgaan om noodreserwes aan te wend om die kapasiteit van die kragstelsel aan te vul, indien nodig. “Ons wil verbruikers graag waarsku dat die moontlikheid van beurtkrag steeds bestaan, aangesien die netwerk steeds kwesbaar en onvoorspelbaar is,” lui die verklaring.

Eskom se tegniese spanne werk dwars deur die vakansietyd om die stelsel te monitor en werk hard om onbeplande ineenstortings tot ʼn minimum te beperk en só die kans op beurtkrag te verminder.

“Ons vra egter steeds dat verbruikers so ver moontlik hul elektrisiteitsverbruik beperk, aangesien ʼn gesamentlike poging die moontlikheid van beurtkrag kan beperk.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Haarmald

Die “sabotasie” waarvan die ANC president gepraat het is Swart Ekonomiese Bemagtiging.

koos

Ek sal hoop hulle werk deur die vakansie. Kragvoorsiening is is ‘n noodsaaklike diens ek ek kan my nie juis voorstel dat hulle beplan het om toe te maak vir die vakansie nie.

Johanna Botha

Die hele verdomde land is op sy knee agv die anc en uiters kwesbaar …nie net eskom nie !

No worries

Toemaar, slaap lekker SA. Die Pres het belowe daar sal geen beurtkrag wees nie. Ek is n dapper muis… Wat van n storm, Wat van diesel tekorte, steenkool, kabel diefstal, substasie sabotasie.. Bankrot Eskom Wat indien Medupi nog 1000MW verloor en Cahora Bassa ook ophou krag lewer? Wat gebeur indien die vakbonde hulle meesterplan van optrede in Jan 2020 ontplooi? Mnr die Pres, kan jy regtig so iets belowe terwyl jy goed weet, dat nie een in jou parlement of op Eskom se bestuur die omvang van die probleme by Eskom begryp nie. Hulle kan ook beslis nie kotrek antisipeer… Lees meer »

Johanna Botha

Ja zuma is maar uiters onnosel as dit by krag kom hoor