Beurtkrag verder afgeskaal

Argieffoto. (Foto: Elsabe Erasmus)

Beurtkrag sal Sondag om middernag opgeskort word, waarna fase 1 om 05:00 tot 16:00 Maandag ingestel word. Eskom sal dan fase 2 vanaf 16:00 dwarsdeur die nag instel. Volgens Eskom sal fase 2 dan vir die res van die week elke dag van 16:00 tot 05:00 geld.

“Ons verwag dat geen beurtkrag Dinsdag deur die dag nodig sal wees nie, maar sal verdere kennisgewings uitreik indien die situasie verander,” het die kragvoorsiener Sondagmiddag in ʼn verklaring gesê.

Beurtkrag is Donderdag tot fase 3 afgeskaal nadat broodnodige diesel van PetroSA verkry is.

Eskom sê dit is egter steeds nodig om beurtkrag in te stel weens die hoë vlakke van onvoorsiene onderbrekings in kragopwekking en ʼn tekort aan noodopwekkingsreserwes.

Onbeplande onderbrekings staan tans op 16 390 MW en beplande onderbrekings op 5 032 MW.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Kerrie ·

Verkoop ou kar-olie en ou kook-olie aan Eskom om te brand….waarom gebruik hulle nie die trokke vol steenkool wat land-uit gaan nie…

Papsak ·

WEET SP PATETIES NOG NOOIT GESIEN NIE ONS HET GENOEG OLIE PETROL EN ALLES MAAR VIR ONS IS DAAR NOOIT KRAG OF ENIGE VAN DAAI GOED NIE HOU OP ONS GOED UIT VOER EN VERKOOP TEEN SO TE SE VIR NIKS NIE EN SA SE PROBLEME SAL OOK GAAN LE

Jaco ·

Waarom duur ingevoerde diesel gebruik as SA wel goedkoop steenkool het?

hpven ·

Steenkool aangedrewe turbines werk nie meer nie, dit is stukkend soos letterlik alles in die land.

Republikein in die Wes Kaap ·

Medupi en Kusile is ontwerp vir hoë gehalte steenkool wat nou nie juis goedkoop is nie.

Danie ·

Ons word stadig maar verseker aan ons neuse rondgelei.Daardie diesel amper uitgeput.Die winter kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.