Beurtkrag vir eers afgeweer

(Foto: pixabay)

Eskom sê dis te danke aan Suid-Afrikaners se spaarsamige kragverbruik dat beurtkrag Donderdagaand afgeweer is.

“Eskom wil Suid-Afrikaners bedank dat hulle reageer het op ʼn oproep Donderdagaand om krag spaarsamig te verbruik. Kort ná Eskom se versoek het die vraag na elektrisiteit afgeneem na aanvaarbare vlakke en kon Eskom die instel van beurtkrag vermy,” lui ʼn verklaring Vrydag deur die kragvoorsiener.

Maroela Media het vroeër berig vier kragopwekkingseenhede by die Tutuka-, Medupi- en Majuba-kragstasies het die gees gegee. Eskom het Donderdagaand met herstelwerk aan dié eenhede begin.

ʼn Eenheid by die Lethabo-kragstasie is ook buite werking terwyl herstelwerk gedoen word. Eskom het gewaarsku indien die kragverbruik nie gou verminder word nie, sou beurtkrag vir die eerste keer sedert 22 Junie ingestel word.

Eskom kon intussen daarin slaag om een kragopwekkingseenheid by die Majuba-kragstasie weer tot die netwerk te voeg. Die kragreus waarsku egter dat Suid-Afrika nog nie uit gevaar is nie en versoek mense om steeds krag spaarsamig te verbruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Samuel ·

In my leeftyd sal ons nie weer sonder beurtkrag wees nie. In elkgeval, dankie aan diegene wat krag spaarsamig gebruik.

Anoniem ·

Lekker lag ek nou………………ai die sirus word by minute groter.
Beurtkrag wink eerste keer in weke…… dan …..Beurtkrag vir eers afgeweer?
Jig hul moes beslis werkskepping deur die nag toegepas het.

Kaptein67 ·

En eintlik is dit maar net as gevolg van die winter wat besig is om te wyk. Eskom speel snaakse speletjies met RSA.

koos10 ·

Eskom, dit is aan julle (en die ANC) te danke dat ons moet krag spaar!

melaney ·

Ons krag was gister 4 uur lank af en weer vanoggend 4 uur lank af.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.