Beurtkrag Vrydagaand afgeskaal

(Argieffoto: Unsplash)

Beurtkrag sal Vrydag om 21:00 na fase 1 afgeskaal word  – maar sal steeds tot Maandag om 05:00 duur.

Die kragvoorsiener sê daar was die afgelope paar dae ʼn verbetering in opwekkingskapasiteit. Oor naweke is daar gewoonlik ook ʼn laer vraag na krag.

“Hoewel daar ʼn verbetering in opwekkingskapasiteit en beduidende herstel in noodopwekkingsreserwes was, is waaksaamheid steeds nodig omdat dit nie genoeg is om beurtkrag in hierdie stadium op te skort nie.”

Eskom gaan voort om die stelsel te evalueer en sal die nodige aanpassings doen.

ʼn Opwekkingseenheid by die Kusile-kragsentrale is Donderdagaand in diens gestel, terwyl ʼn eenheid by die Hendrina-kragsentrale afgeskakel is om ʼn stukkende ketel te herstel. By die Duvha- en Kriel- kragsentrale is eenhede ook van lyn gehaal om beoogde instandhoudingswerk te doen.

In hierdie stadium is 13 277 MW weens onbeplande herstelwerk nie beskikbaar nie, terwyl 6 728 MW weens beplande instandhoudingwerk nie beskikbaar is nie.

Eskom het verbruikers gevra om die uitwerking van beurtkrag te verminder deur kragverbruik te verlaag en alle nie-noodsaaklike toebehore af te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Groen Ghoen ·

“Beurtkrag?” Beurt donkerte is dalk ‘n beskrywing wat veel beter by Eskom se doen en veral late pas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.