Beurtkrag: Week van fases 3 en 4 wag

(Foto: Mariska Nanni / Maroela Media)

Suid-Afrikaners kan die komende week fases 3- en 4-beurtkrag verwag weens ʼn effense verbetering in opwekkingskapasiteit.

Eskom het Sondag aangekondig dat fase 4-beurtkrag vanmiddag vanaf 16:00 tot Maandag 05:00 sal geld voordat dit tot fase 3 sal verlaag.

Fase 3-beurtkrag geld dan tot Maandag 16:00.

“Hierdie patroon van fases 3‑ en 4-beurtkrag sal daagliks herhaal word tot verdere kennisgewing,” sê Eskom.

Die effense verligting volg nadat beurtkrag die afgelope week weer by fase 6 gaan draai het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Groen Ghoen ·

Lees maar tussen die lyne die waarheid: Weens effens minder korrupsie, diefstal en sabotasie die afgelope dae is daar tydelik meer elektrisiteit beskikbaar. Sodra die loononderhandelinge afskop sal daar soos verlede jaar tot geweldpleging oorgegaan word om onverdiende verhogings uit die vuisvoos verbruiker af te pers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.