Beurtkrag weer ingestel

Eskom waarsku dat die kragnetwerk nog jare lank onbetroubaar gaan wees. (Foto: Mujahid Safodien/AFP)

Fase 2-beurtkrag word weer vanaf 21:00 Dinsdag ingestel.

Eskom het Dinsdag laatmiddag in ʼn verklaring gesê hy moet noodgedwonge beurtkrag instel weens ʼn tekort aan opwekkingskapasiteit.

Beurtkrag sal wel voorlopig net tot 05:00 Woensdag geld.

“Herstelwerk van drie onklaar kragopwekkers vat langer as wat verwag is en nog drie opwekkers het Dinsdag deur die dag die gees gegee,” het Eskom gesê. Luidens die verklaring word die Tutuka-, Kendal- en Komati-kragstasies hierdeur geraak.

“Eskom werk hard om hierdie opwekkingseenhede so vinnig moontlik weer aan die werk te kry. Meer as 4 700 MW is tans buite werking weens beplande opknapping, terwyl opwekkingskapasiteit van 12 966 MW onbeskikbaar is weens eenhede wat gebreek het of ʼn vertraging in die herstelproses.”

Die kragopwekker sê hy sal verbruikers op die hoogte hou van die vordering om eenhede weer tot die kragnetwerk te voeg. Eskom het weereens ʼn beroep op mense gedoen om elektrisiteit spaarsamig te verbruik, aangesien die stelsel onder druk is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Strandloper ·

Hulle het al lankal die gees gegee….dom…eskom…anc

Persheks Adri ·

Kof Eskom pffft! Ek’s ook onder druk julle idiote! Betaal deur ons verdomde nekke vir patetiese diens wat ons nie kry nie kof man kof

Hendrik Marthinus ·

En almal Dink de Reyter is so goed
Deesdae elke 2de of 3de week loadshedding
En elke keer net vir n dag Dan ewe skielik selfde verskoning nog eenhede verloor en extend vir nog 3 Dae of selfs n week en langer
Nee wat net om die Job te kry belowe elke CEO as hy aangestel word is beurtkrag nie Meer nodig nie
En ons betaal ten duurste vir krag, en die groot kanonne pay derduisende rande
Mnr de Reyter se ligte brand terwyl ons in donkerte sit
Jaag weg so vinnig as moontlik

Persheks Adri ·

Jy besef natuurlik dat dit ‘n politieke aanstelling is. Dis net om vir ons te wys al word ‘n blanke aangestel dat Eskom nog steeds nie gaan werk nie eish

Johan ·

Mnr De Reyter kan onmoontlik die vergane skip in so ‘n kort tydjie omdraai. Hy is die b este ding wat in baie jare in die land gebeur het. Onkundiges moet nie insette lewer as hulle nie al die feite het nie. Ja, dit is ‘n frustrasie maar ons het nou koel-koppe nodig!!

Stof ·

Ek het ‘n spesmaas broer De Ruiter het ‘n dilemma geërf, nie veroorsaak nie. Die effktiewe wyse waarop hy dit aanspreek, gee my net hoë respek vir hom.
Met hierdie man, sou ek graag eendag met trots, ‘n koffietjie wou deel.

Prikkie ·

Ek stem saam met alles wat die kommentators hier skryf.

Daar is tog iets heeltemal anders wat my pla.

Waar kom die woord “onklaar” vandaan? Is die opwekkingseenhede nie klaar nie of hoe nou?

Die goed is stukkend, of dalk buite werking of soos ons in die weermag van desjare geleer is, ondiensbaar (unserviceable – U/S).

Kan ons klaarspeel met die “onklaar” asseblief – begrawe dit.

Stof ·

Onklaar = on + klaar. Dus, onvoltooid, ook gefasseer as nie op hede in pas met die vervaardigingsdoel nie.
Dus eintlik, ‘n besondere betekenisvolle maar kort woordjie, om ‘n paragraaflange konsep te omskryf.
Ons is regtig geseën met ‘n pragtige en omskrywende taal.

Prikkie ·

Maar Stof, my verstaan is dat dit waarvan gepraat word stukkend of huite werking is, dus nie onvoltooid nie.

Stof ·

Presies. On-klaar. Onvoltooid as gevolg van welke rede ookal. Hetsy dit halfklaar, of gebrerk is.
In fubksionele sim sou dit net so geldig kon wees as “Nie in staat om die taak waarvoor.die masjien gebou is, te voltooi nie.
Ek verwys ook na ANW201.
Die Vlaamse erfrnis hierin in iets wat ons taal met trots dra.
Ek vertrou dat hierdie lig nou wel skyn.

Roedolf Johannes ·

Onbevoegde personeel wat nie weet wat hulle doen nie.Verstaan niks van beplaning nie.

Vernon ·

Hendrik Marthinus. Mnr. de Reyter vir jou. Hy het meer vermag as die vorige ouens,hy probeer red wat te redde is.

Peter Pan ·

Alles is onklaar na 1994.. Die land is onklaar. Niks meer wat gebeur vandag is meer ‘n verrassing nie..

Regverdigheid ·

Tree op teenoor die wat krag tap , maar nee hul mag mos lekker ANC .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.