Beurtkragskedule verander al weer

(Foto: Sten Ritterfeld / Unsplash)

Suid-Afrika het die afgelope paar uur van fase 4-beurtkrag, tot fase 5 en nou fase 6 oorgegaan.

Eskom het Dinsdagmiddag aangekondig dat fase 5- en fase 6-beurtkrag vir die res van die week afwisselend ingestel sal word.

Dit is as gevolg van die vier opwekkingseenhede wat oornag die gees gegee het, die behoefte om noodopwekkingsreserwes aan te vul en meer beplande instandhoudingswerk.

Fase 5-beurtkrag sal tot 16:00 van krag wees, waarna fase 6 tot 05:00 Woensdag ingestel word. Dié patroon sal vir die res van die week herhaal word.

Só lyk die nuwe skedule:

Altesaam 16 784 MW se kapasiteit is tans nie beskikbaar nie, terwyl 4 987 MW aan beplande instandhoudingswerk afgestaan word.

In die afgelope 24 uur is ʼn opwekkingseenheid elk by die Camden-, Duvha- en Kendal-kragstasie weer aanlyn gebring.

In dieselfde tyd is ʼn opwekkingseenheid elk by die Duvha- en Grootvlei-, Kendal- en Matla-kragstasie van lyn af geneem vir instandhoudingswerk.

Opwekkingseenhede by die Hendrina-, Kendal-, Matimba-, Matla- en Tutuka-kragstasie is nog nie weer aanlyn gebring nie, en in hierdie stadium veroorsaak dit uitdagings met kapasiteit.

Eskom sê sy spanne werk onverpoos om al hierdie opwekkingseenhede weer aanlyn te bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Olive ·

Pos tog net die onbevoegde uwe persoon in beheer. Hy kon dit nie maak by vorige instansies waar hy ook vreeslike hooge poste beklee het, en hy maak dit ook nie by Eskom nie.

TrueMan ·

Julle kan maar afduimpie. Maar julle kan my nie verkeerd bewys nie

WitBlits ·

As dit nie was vir die 1000de huise en 1000de besighede wat alreeds op hulle eie Sonkrag opwekking en berging staatgemaak het, en sodoende druk van die “Grid” af verlig het nie, was ons in absolute Chaos gewees met Eskom se onbekwaamheid om die ligte aan te hou.

Johan ·

Presies! Al hoe meer winkelsentrums installeer ook 1000’e sonpanele. Maar Eskom se tekort aan opwekking & voorsiening bly dieselfde ongeag die verligting wat vermelde sonkrag teweeg bring… Dus word ons maar steeds belieg.

JohanEtz ·

Beurtkrag is spesiaal deur die ANC geskep. Gans wat goue eiers lê…..

CHRISTINE ·

Die anc het so groot gemors van alles in die land gemaak – daar is GEEN manier wat die anc dit sal kan oplos met die voortdurende sabotasie en terrorisme, en natuurlik, die staande korrupsie in eskom en die anc, wat nie voortuitgang begryp nie.

Frank ·

Moenie Eskom die skuld gee nie. Hierdie ding kom ver! Hierdie is suiwer die toedoen van die ANC

tweeling ·

En wie is in beheer van Eskom – die ANC deurspekte regering. Eskom was onafhanklik voor die ANC aan bewind gekom het.

Grassie ·

Orraait MM – ek sal maar weer probeer. Die regering is nie in staat om enigiets in stand te hou of reg te bestuur nie. Hulle probeer tans die maksimum hoeveelheid krag uit die ou, afgeleefde kragtasies wat hulle van die vorige regering geërf het te wurg. Die dag gaan kom dat die ou opwekkers handoek ingooi en finaal die gees gee. Die regering het wel probeer om twee kragstasies te bou maar weens hul BEE beleid was dit ‘n mislukking. Die goed staan meer as wat hulle loop. Ek dink ons moet ons voorberei vir die dag wanneer die groot duisternis gaan afskop.

Johann ·

En ons moet net nie vergeet om dankie te sê vir RamPapoza nie. Sy nuutste pitch is mos ons moet dankbaar wees vir die chaos want dit kan erger?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.