Bloem se krag nie meer gesny

Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

Eskom het ʼn betalingsooreenkoms met Centlec, kragverskaffer van die Mangaung-metro, aangegaan.

Volgens die kragvoorsiener is daar vroeër vandag ʼn vergadering gehou waartydens die ooreenkoms bereik is en sal Eskom dus nie die kragtoevoer na die metro onderbreek nie.

Eskom was van voorneme om Bloemfontein, Botshabelo, Thaba Nchu, Dewetsdorp, Wepener en Vanstadensrus se krag van 3 Desember vir die grootste gedeelte van die dag af te sny tot ʼn betalingsooreenkoms aangegaan is.

Die wending kom nadat Eskom Vrydagoggend nog na die Mangaung-metro gekap het nadat laasgenoemde in ʼn mediaverklaring gesê het dat Eskom se waarskuwing ongeldig is en dat Centlec nie vir Eskom geld skuld nie.

Eskom het op sy beurt gesê die metro se rekening vir Oktober beloop R148 miljoen en is van 16 November af al agterstallig. ʼn Bedrag van R21 miljoen is ook meer as 90 dae agterstallig.

Die kragvoorsiener het egter nog nie besonderhede bekend gemaak rakende die lot van die Mafube- en Mantsopa-munisipaliteit nie. Die twee munisipaliteite is saam met die Mangaung-metro gewaarsku om voor 3 Desember betalingsooreenkomste met Eskom aan te gaan of die kragtoevoer word onderbreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

MJ ·

Dankie tog! Nou moet die water-situasie nog net uitgesorteer word…

Kasper ·

MJ,
So paar minute terug boodskap ontvang, dat water vannaf Rustfontein af deurgelaat word na Mocke’s dam toe, wat die pomp stasie voer by Maselspoort. Blykbaar die sluise oopgemaak net na 10 vanoggend. Dit gaan egter nog ‘n dag of wat vat vir die water om Masies te bereik, dan moet hulle nog filtreer en deurpomp na die betrokke resevouirs toe. Maak maar reg vir ten minste nog ‘n dag of wat voor die opgaar damme weer water sal ontvang, maar ten minste is daar water oppad.

Suzette ·

Ons(Vryburg en Stella) loop dieselfde paadjie op die 5de, want Naledi is net so in die rooi.

Trol ·

Wanneer gaan eskom na soweto munisipaliteit begin klap oor hulle agterstallige miljarde?

Speel vir Tyd ·

‘n Ooreenkoms mag dalk bereik geword het, maar gaan daar by die ooreenkoms gehou word of gaan daar volgende maand maar weer gedreig word om die krag te sny?

Nick ·

Ek sien Dudu is die vise voorsitter van Centlec. Nou weet ons hoekom is hulle in die posisie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.