Bloemfonteinse vrou van ‘mensehandelaars’ gered

DIe owerhede tydens die inhegtenisneming in Bloemfontein. (Foto: Verskaf)

’n 19-jarige meisie van Bloemfontein in die Vrystaat is met haar gesin herenig nadat sy vroeër vandeesmaand die slagoffer van mensehandel geword het.

Daar word beweer dat die jong vrou dwelms ingegee en as sekswerker gebruik is voordat sy eindelik dae later met haar ma kontak kon maak en in Vanderbijlpark in Gauteng, meer as 300 km van Bloemfontein, gered kon word.

’n Paartjie is sedertdien in hegtenis geneem en word nou van mensehandel aangekla.

Kapt. Christopher Singo, woordvoerder van die Valke, sê die slagoffer is verlede Saterdag (6 Augustus) op sosiale media deur ’n vrou gewerf wat beweer het dat sy vir haar ’n werksgeleentheid by ’n winkelsentrum in Vanderbijlpark het.

Die slagoffer is kort daarna by haar huis in Hospitaalpark in Bloemfontein weggeraap. Die slagoffer kon egter dae later met haar ma kontak maak en haar ligging aan haar ma stuur. Die polisie is dadelik ontbied.

’n Man – sedertdien geïdentifiseer as die 38-jarige Nigeriese burger Christian Chukwuebuka Ezeonyekwere – is gevolglik verlede Dinsdag in hegtenis geneem.

Die slagoffer is dieselfde dag na veiligheid geneem.

Die verdagte wat vandeesweek in Bloemfontein in hegtenis geneem is. (Foto: Verskaf)

Ezeonyekwere se vriendin, wat glo die slagoffer op sosiale media gewerf het, is sedertdien óók in hegtenis geneem.

Dié vrou is Maandagaand in Gardenia Park in Bloemfontein in hegtenis geneem. Die Fichardtpark Buurtvereniging en AfriForum is ontbied om die Valke in dié inhegtenisneming by te staan.

Singo sê Ezeonyekwere is steeds in aanhouding en sal na verwagting weer op 24 Augustus in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn. Sy vriendin is nou óók in aanhouding en sal na verwagting Donderdag in dieselfde hof op aanklag van mensehandel verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Harley Davidson ·

Afriforum beteken meer vir die hele Suid-Afrika met al sy inwoners as al die politieke partye saam.

Maritza ·

Hoop nou net nie die gemors word R500 borgtog toe gestaan nie want dan is hulle weg

Swerwer ·

Sjoe die lewe is boos! Dankie aan Afriforum vir hul vinnige en vlyte diens. Lord omgedraai met sy kader het baie te leer by Afriforum

Elize ·

Ek dink dit is tyd dat Afriforum registreer as politieke party!. Dink ek sal die eerste een wees wat my kruisie trek

Althes ·

Tussen Solidariteit en Afriforum is hul ñ gedugte wenspan.

Jack ·

Nigeriers moet verban word in die land. Hulle bring net misdaad en help om die land verder te vernietig.

Chris ·

As die doodstraf nie spoedig in SA weer ingested word nie, moet drastiese stappe geneem word om verkragters, menshandelaars, ens uit te ken. Iets soos ‘n Kain merk op die voorkop sodat hul, hulself uit die samelewing kan verwyder uit skaamte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.