‘Bly stil!’ skree Cele vir Action Society-lid tydens vergadering

Bheki Cele het Dinsdag teen Ian Cameron van Action Society gevaar (Foto: Skermskoot uit eNCA-video)

’n Konfrontasie het Dinsdag tussen Bheki Cele, minister van polisie, en Ian Cameron, stigter van die drukgroep Action Society, uitgebreek tydens ’n gespanne gemeenskapsvergadering in Kaapstad.

Cele het inwoners van Nyanga en Gugulethu ontmoet om oor polisiëring in dié woonbuurte te praat. Die buurte gaan die afgelope jaar onder gewelddadige misdaad gebuk, met ernstige misdaadgevalle wat daagliks aangemeld word.

Volgens Cameron het oorlewendes en families van slagoffers van geslagsgebaseerde geweld Action Society opdrag gegee om namens hulle tydens die vergadering te praat.

Cameron het Cele tydens sy spreekbeurt genooi om patrollies saam met die vroue van die omgewing te doen. Hy het die minister ook aangevat oor politieke anti-afwentelingsuitsprake teenoor inwoners wat hul veiligheid in eie hande neem.

Cele het hom geantwoord deur in ʼn politieke tirade oor vryheidsgevegte uit te bars. Hy het toe teen Cameron uitgevaar en Cameron daarvan beskuldig dat hy hom “uitlok”.

In ’n video wat deur eNCA op sosiale media gedeel is, kan gesien word hoe Cele sy stem verhef en op Cameron skree: “Jy beskou my as ʼn tuinjong. Bly stil! Bly stil! Sit en luister jong man, of gaan uit.”

Toe Cameron weier om die vergadering te verlaat, het die polisie hom uit die saal verwyder en na sy motor begelei.

Volgens Cameron het hulle hom baie gewelddadig uit die saal verwyder en oorweeg hy dit om ’n klag van aanranding by die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) teen die beamptes te lê. ʼn Video hiervan is ook deur Action Society gedeel en wys hoe drie polisiemanne Cameron aan die bors beet het terwyl hy spartelend aandring om te weet wat hy verkeerd gedoen het.

“Action Society weier om te sit en stil te bly terwyl misdaad in Suid-Afrika buite beheer is”, het Cameron ná die voorval in ’n verklaring gesê.

“Cele misbruik weer sy mag in die polisie vir politieke gewin en hou gesag oor gewone burgers. Die polisie sal nooit daarin slaag om misdaad te bekamp as Cele in sy posisie aanbly nie. Action Society sal aanhou om ’n stem vir stemloses wees waar die polisie hul plig versuim.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

85 Kommentare

JohanR ·

Te dom om ‘n debat met iemand te voer, soe dit gaan maar oor na “bly stil” en die vinger wys!

Johannes_64 ·

Wou self noem, die onvermoë om te kommunikeer is die struikelblok, niks anders nie.

Cherokee ·

Wàt op aarde laat jou dit vergelyk met ‘n gòeie sirkus? Daar is hoegenaamd niks goed daaraan nie.

Nici ·

Cele het ernstige issues, hyt dringend ‘n terapeut nodig om sy minderwaardigheidskompleks te help behandel.

Papsak ·

Raak ontslae van Cele want hy sleep polisie naam deur modder

Jacobus ·

Die polisie het lankal nie meer n naam nie. Hulle is nou n bende wat hardwerkende eerlike polisiemanne uitwerk of laat vermoor. Charl Kinnear is n voorbeeld.

Jannie van Niekerk ·

Is daar enige een in die ANC, EFF, SAKP. COSATU, BLF of die misdaadgoedgesinde organisasie die BLM wat enigsens enige sinvolle debatvoering kan doen? Ek twyfel sterk.

Jannie van Niekerk ·

Nee nie nar nie, swaap. ‘n Nar beteken darem nog iets vir die samelewing.

Jannie van Niekerk ·

My tuinman dink hierdie ou het hom erg beledig.

sopbeen ·

Dit gaan nie oor wat hy alles in daai tyd as vryheidsvegter vir die mense gedoen het nie, maar wat hy nou gaan doen omtrent die huidige situasie as polisieminister.

Jacobus ·

Hy gaan niks doen nie. Dit is alles om politieke punte in die Weskaap te probeer score.

Geert ·

Cele kan tekere gaan soos hy wil. Maar baie min mense vetrou hom of die polisie. Dit is redelik duidedelik dat hy nie oor die vemoeë beskik om iets positief te kan doen nie, en ek dink dit is wat byt. As ek so na die verval van die land kyk moet mens tot die gevolgtrekking kom dat hulle n groot mislukking gemaak van alles. Wat het hy of die ANC om oor te roem.

domheks ·

Te vertel hy was in die TRONK! Dit moet ons tog net nie vergeet nie!

houopkruip ·

Ian, ek stel voor jy kry AfriForum se hulp om hierdie aan die groot klok te hang.
ONGELOOFLIK.
Ek het nie woorde nie, en die wat ek het sal ek nie eers hardop teenoor myself herhaal nie.

Jacobus ·

Stem, kry Afriforum se hulp dat hierdie grootbek met die hoed op sy pek gesit kan word.

melaney ·

Cele sal soos zl die ander maak, hy sal weier om hof toe te gaan. Hierdie is nog ‘n doodloop storie.

JL ·

Cele, jy is ‘n Staatsamptenaar en werk vir ONS die mense van hierdie land Suid Afrika. JY SAL SIT EN LUISTER AS ONS WAT JOU SALARIS BETAAL PRAAT. (Saralis wat jy nie verdien nie, maar kry, want jy het ook net ‘n job, en nie n beroep nie). Hoekom gaan skreeu jy nie voor die speel vir jouself nie. The mirror has two faces. Kyk hoe n mislukking jy en jou kaders is nie.

Laksman ·

SOT……..Die persoon of persone wat jou salaris betaal is jou baas in die lewe………jy is die mense se kneg niemand se baas nie.

Elsie ·

Ja nê… dis nou dieselfde ou wat mense 2 jaar terug rond gejaag het op die stand…

Laksman ·

haha – Lekker hoed vir die son;) maar sal hom nie so ver as die voorhek van my tuin toelaat nie!

Anonymouse ·

Gaan vat iemand van die DA aan en jy sal dieselfde reaksie kry. Het met my gebeur. Meeste van die hele spul wil net prefek speel en dink hulle is royalty en vergeet dat hulle doel is om ons te dien. en te verteenwoordig. Hulle is almal useless, maar Cele is seker onder die eerste 10 wat nutteloosheif betref. Die enigste iets waarin hy presteer.

Jabez ·

In die weermag het ons geleer om met ‘n oop hand na iemand te beduie. As hy so vinger na my wys sal ek hom verseker aankla van aanranding.

Gerra ·

Heheee…… ‘n tuinjong!!!
Tenminste sorg n tuinjong dat die onkruid nie die bedding oorneem!!
Kan dit nou nie sê van hierdie hoedman en misdaad nie…..

Daleen ·

Die ding het dan geen selfbeheersing nie. As hy enigsins selfrespek gehad het sou hy hom dood geskaam het vir sy optrede as hy homself so sien aangaan het. Maar nou ja soos ons weet geen skaamte….

Jannie van Niekerk ·

Ek ken baie mense wat in tuinwerk doen. Dit is vir hulle ‘n erge belediging dat Cele met die hoed homself met hulle vergelyk. Die term “tuinjong” is rassisties en daar behoort ‘n klag gan rassisme teen die vent gelê te word.

Gideon ·

Die dag toe n blanke mens enigsins n reg of se gehad het in die land is lankal verby, mag Jesus vinnig terug keer

Kobus ·

Ek is seker daar is baie tuinjonge wat ‘n beter minister sal wees as jy ou windlawaai! Jy is darem streng jong! Die hele land sidder en beef nou en ……………………….grapjas

Anel ·

Wat ‘n ongeskikte wese! So die arme mense van die Kaap wat deur misdaad geteister word is verkeerd? Dis die einste mense wat betaal om jou in jou posisie te hou! Wat ‘n skande! So mense mag nie van die polisie vra vir beskerming nie? Wat is dan die nut van hulle? Sal hom ook nie in my tuin vertrou nie. Werk maar eerder self. Wat ‘n skande!

Jacques ·

Sjoe! Ek dink daai “Get out!” was ‘n fantasie wat hy lankal in sy kop grootgemaak het. Hy skree dit al vir so lank as wat hy oud is teenoor die kolonialiste en vandag kon hy oplaas, bulderend daaraan uiting gee……

Toy ·

Dit is die manklikse uitweg vir hom om vir iemand anders te bly stil.

Johann ·

ANC ONBEVOEGDE ARROGANSIE!!!!! Dink hys onaantasbaar! IN YOUR FACE SHAME ON YOU!!!!!!!!!! Gee NIKS om vir sy nalatenskap van moord en verkragting en verwoesting nie.

@n0Niem77 ·

wonder wie het vir wie uit gelok … cele le le le le le ?

Johannes_64 ·

Genade, sou mens dit kon waag om tuingereedskap in die man se hande te los? Hy breek dit straks.

Jr ·

SA’s se swart “kojac”. It is an academic fact that once you lose an argument, you behave like “celery”. Once you lose control of yourself you have already lost the argument. Jong man jy het daai rondte gewen om net vir SA te wys wat n hanswors hy is

Elizabeth ·

Cele was nie Ian Cameron se gelyke en daarom het hy dit verloor. Hy het niks om SA te bied nie. Politieke aanstelling sonder kennis en ondervinding.

Di ·

Al wat ANC Kaders goed kan doen is mense uitkryt en hulle wangedra wanneer hulle aangespreek word oor hulle onbevoegdheid! Dink dis sy reg as Minister om mense te laat verwyder en rondstamp. Hy moet uit daai pos verwyder word en op pensioen gaan. Sy gedrag is onaanvaarbaar, tipiese ANC houding

Vonkprop ·

Tipies. As dinge begin warm raak dan gooi hulle die slagoffer mentaliteit. Cele se optrede spreek nie die van ‘n leier nie. Dit is pateties hoe hy opgetree het.

Jacques ·

Net so man! Hitler style. Demokrasie, vryspraak? Menseregte?? “Hou jou bekkie, muis. Die STAAT rules, OK? Klink tipies soos ‘n Konsalik roman oor Russiese Kommunisme daai tyd. Jy buig of “kelder toe” met jou. Ons, die STAAT beheer; alles, vir jou ook.
Ag wat, kreef, is lankal gewoond daaraan, NIKS kan ons SA mense meer skok.

Hasie ·

Waarheid maak seer .. En as mens nie antwoorde het nie kom geweld in om swakheid van verstand te verbloem

Ettienne ·

“Tuinjong”, ag mens stel dit tog so hoog opprys as van die staatsamptenare erken wat hulle eintlik is en dan bereid is om in die openbaar daaroor te praat … moet regtig helend wees vir hulle …

Santjie van Soendal ·

Stomgeslaan!! Die land skreeu om verandering, voor ons almal oor die afgrond afdonder…eintlik dat iets menslik onmoontlik, wonderbaarlik moet gebeur voor ons almal die grond tref…

Pieter ·

Die ou is heelteml te arrogant, Cele, jy hoort nie in die posisie waar jy is nie. Hy is net so groot rasis soos die res van die anc,daar het baie ander meer geraas as die blanke persoon , en tog is hy uitgesonder

Marlien ·

Hulle mag op ander mense skree net soos hulle wil. Jy mag niks vir hulle se nie

Realis Thailand ·

n Tuinjong het beter maniere en meer verstand as Cele
Gaan die aan hom stuur na sy private epos

Hannes ·

Ironies genoeg… toe jy op Robben Eiland was kon Suid Afrikaners rustig slaap.

sweepslag ·

Cele moet aangekla word. Hy mag nie vinger wys nie. mag misbruik. Hy antwoord nie vra nie maar gaan terug na wat hy kwansuis gedoen het. Polisie lede het ook sonder enige rede opgetree. As Cele sê jy moet sit is dit dan wet. Mislikheid en moetswilling en rassisties as jy my vra.

gedoriewaar ·

Skokkend!! Ware kleure gewys . Kan respek van n nasie verwag word ? Persoon in n leiersposisie wat homself nie kan beheer nie ? So word nooit in der ewigheid respek afgedwing nie . Die minister kan gerus kers opsteek by n ware heer ,wat deur presies dieselfde omstandighede is as waardeur die angstige minister is ,maar respek afgedwing het ,naamlik “die vader van n nasie” gerespekteerde President Nelson Mandela . U behoort u kop in skaamte te laat sak . Na hierdie uitbarsting sal niks in die polisie my meer verbaas nie .

Pieter ·

Is jy ernstig? Die ou wat opdrag gegee het om bomme te plant om onskuldigge mense dood te maak?

SjN ·

Skandelike optrede, hoekom sekere beroepe verneder, respek word verdien, jy hoort nie daar nie.

Maritza ·

As hulle aangevat word dan wil hulle die rasse kaart speel. Pateties

gedoriewaar ·

Minister ,dit mag u dalk net goed doen om te weet , dat ons “Garden Boy” n nan uit een stuk was . Ons het mekasr geeer en gerespekteer en met respek (sleutel woord ) behandel .. Hy het op n eerbare manier gedoen wat binne sy vemoe was en ons het hom bygestaan om hom in diens te neem en sodoende by te dra tot die versorging van sy gesin wat te groot was vir sy finansiele posisie . Vir 39 jaar was daar nooit een dag n verwyt van hom omdat hy n “Garden Boy” was nie . Hy was TROTS op sy beroep Hy en sy “Oubaas is n jaar na mekaar as Chritene na die ewige woning …. Ek eer my “Garden Boy”!!!!

pieter ·

Hoekom help die mense hom nie ??,
Hy is useless om die minste te se ,
MINISTER van POLISIE , SE VOET .

madels ·

Die man is so duiwel besete! Vol bitter gal en haat!! Dis hoekom dinge nooit sal regkom in hierdie land nie :-(

Jack ·

Nou daar het jy dit uit die perd se bek. Tuinjong nogal n gepaste woord as jy na sy optredes en uitlatings van die afgelope dekade kyk. Hy sal nie n wit teenprater duld nie. Seker die vinger in die wond gekry.

Nico ·

Die een wat vir my in die tuin werk word genoem die tuin hulp. Soos hy optree is presies hoe die Kommunis werk. Die spreekwoord sê “wat joune is, is myne en myne deel ek met niemand” die mense wil hulself net verryk. Daar is hoeveel swart mense wat gekant is teen hierdie ooptredes van die ANC regering.

christo ·

Die ANC se magsbasis is besig om te verkrummel. Ramaphosa sal nooit ontslae raak van Cele nie, al is Cele verantwoordelik vir die chaos in die polisie. Ramaphosa het Cele nodig om Cyril se geraamtes in die kas te hou. Die Thwala Thwala skandaal sowel as die Marikana slagting hang soos ‘n wolk oor sy kop. Sy tuinwerker opmerking is rassisties. Waar is die MRK nou.

Natasha ·

Help my reg as ek verkeerd is, MAAR hoe kan iemand met ‘n kriminele rekord die minister van polisie wees? Is een van die wette nie dat as jy ‘n kriminele rekord het dat jy nie in die polisie mag wees nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.