Blydskap, verligting toe boer borgtog kry

Louis Grobler tydens sy vorige hofverskyning op 22 Julie. (Foto: Anja van der Merwe / Maroela Media)

Familielede van Louis Grobler was sigbaar verlig en emosioneel toe borgtog van R30 000 Dinsdag in die Ermelo-landdroshof in Mpumalanga aan hom toegestaan is.

Grobler, ʼn boer van dié omgewing, was tien dae lank in aanhouding ná ʼn voorval op sy plaas waarin twee kinders raakgery is.

Borgtog is toegestaan nadat Grobler aan al die vereistes van ʼn borgtogaansoek voldoen het. Hy moet nou elke Vrydag tussen 06:00 en 09:00 en tussen 18:00 en 21:00 by die polisiestasie op Ermelo aanmeld totdat die saak afgehandel is. Die saak sal weer op 29 Augustus aangehoor word.

Verdere borgtogvoorwaardes bepaal dat hy ook geen kontak met getuies mag maak nie en ook nie die huise of werkplekke van die klaers besoek nie.

Louis Grobler verlaat die landdroshof op Ermelo nadat borgtog Dinsdag toegestaan is. (Foto: Maroela Media)

Een van Grobler se beste vriende, Thapelo Mofokeng, het Dinsdag by die hof aan Maroela Media gesê hulle is “verskriklik verlig” dat borgtog nou toegestaan is.

“Al wat hy nou wil doen is om huis toe te gaan om sy kinders te sien. Dis al waaroor hy gepraat het toe ek hom besoek het.

“Ek is so bly vir sy gesin en dat hy vanaand ʼn lekker warm stort kan vat en is sy eie bed kan slaap. Hy moes die afgelope paar dae op ʼn staalbed slaap,” het Mofokeng gesê.

Maroela Media het vroeër berig Grobler het op 15 Julie glo ondersoek ingestel toe hy mense in sy mielielande gewaar het. Twee kinders het toe glo uit die mielielande reg voor Grobler se bakkie ingehardloop. Die bakkie het albei kinders getref en een van hulle se been is gebreek. Hoewel ʼn onafhanklike ondersoeker bevind het dat die voorval ʼn ongeluk is, staan Grobler nou tereg op twee aanklagte van poging tot moord. Hy word ook daarvan beskuldig dat hy ʼn derde kind glo aangerand het met die doel om die kind ernstig te beseer.

’n Groep betogers Dinsdag buite die landdroshof op Ermelo. (Foto: Maroela Media)

Landdros Thamsanqa Makhunga het Dinsdag in die uitspraak gesê dat hy die bewyse en argumente van die staat en die verdediging in sy besluit in ag geneem het. Die landdros het ook melding gemaak van ʼn vorige saak wat hy aangehoor het waarin daar ʼn geval van “sogenaamde wit-op-swart-geweld” was, en gesê dat hierdie saak ook in só ʼn lig gesien kan word.

Hy het ook gesê hy weet dat die saak hewige reaksie onder die publiek en op sosiale media ontlok het en dat die skok wat die voorval in die gemeenskap veroorsaak het “verstaanbaar is”.

Makhunga het egter gesê dat hierdie faktore nie afsonderlik gesien kan word nie en dat die hof hom deur die wet laat lei.

“Skuld of onskuld sal tydens ʼn verhoor bewys word.”

ʼn Klein groepie betogers – onder wie sommige in EFF-kleredrag geklee was – het weer Dinsdag by die hof saamgedrom. Daar was egter aansienlik minder mense en die betoging was deurentyd vreedsaam. Van die betogers, wat versoek het dat borgtog geweier word, het wel ná die uitspraak uitlatings gemaak dat die howe “rassisties” is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Christine ·

Mens kan sien hierdie is ‘n goeie mens. Dis hartseer dat sulke goed met goeie mense gebeur. Louis, baie sterkte vir jou. Jou goeie vriend het ook baie mooi goed van jou gesê.

AW ·

R30′ 000.00, !!!

Ons weet Dat Daardie Bedrag Onredelik Hoog IS, teenoor Ander wat Baie Minder borg toe gestaan is !!

piet ·

Jou finansiele vermoe speel ‘n rol by die bedrag vir borg. Dit moet so wees anders kan sommiges wat dieselfde oortreding begaan het, nie op borg vrygelaat word nie. Borggeld word in elk geval terugbetaal op die ou end so dis nie ‘n “straf” nie.

Cecile ·

Maar jy kan R 5000 borg kry wanneer jy iemand koudbloedig dood skiet

piet ·

Kom ons verduidelik bietjie. A is ‘n biljoener en betaal borggeld van 1 miljoen Rand (hy voel dit nie eers in sy sak nie). B word vir dieselfde oortreding aangekla maar is arm en sal net R500 kan bekostig. Moet A nou borg kry net omdat hy ryk is en amper enige bedrag kan betaal? Dis mos onlogies en onregverdig. Boonop word whatever borggeld betaal is, terugbetaal na die verhoor, skuldig of onskuldig. Borggeld het niks met straf te doen nie, dis basies net ‘n tipe van sekuriteit dat die aangeklaagde die verhoor gaan bywoon. Vlug hy voor of gedurende die verhoor dan verbeur hy sy borggeld aan die staat.

GWS ·

Die EFF moet hom ook ooral inwurm! Ek hoop die boer word onskuldig bevind. ‘n Ongeluk is ‘n ongeluk, niks rasisties nie!!!

Harley Davidson ·

Dit is die werkloses wat weens verveeldheid by die howe rondhang waar wit mense die beskuldigdes is.

John ·

Die publiek reageer op wat hulle lees. Die eerste wat ek gelees het, was dat die boer die kinders met sy kar om gery het. Dit het dadelik die indruk geskep by my dat hy dit opsetlik gedoen het en ek het my eie mening daaroor gevorm. Nou kom dit uit dat die kinders voor hom in gehardloop het. Dit is heetemal n ander storie. Daar moet strenger beheer wees oor rebrieke wat gepublieseer word

ROELOF ·

In die eerste plek was boer in n bakkie en nie n kar nie. So jou begrip van lees skiet vêr te kort. Hoop net jou ondersoek was beter as die privaat ondersoeker.

Karinda ·

R30 000 borgtog , moord R1 000 borgtog, die somme klop nie.

Swerwer ·

Sal nooit klop nie, wit velle is duurder, diskriminasie aan die orde van die dag.

Swerwer ·

Die waarheid sal seëvier. Ons Hemelse Vader sal geregtigheid laat geskied. Net dankbaar dat hy uit is en vannaand by sy eie huis en familie kan wees.

Watsenaam ·

Geen, nie ras gedrewe, aanklaers, landrosse en regters nie. Ons regstelseel is tengunste van die ag en gee en die ander swart partye gekaap.

Voilet ·

As dit nou swart was dan was die EFF nie eers daar nie. As dit wit is , dan is hul oral

piet ·

Hulle ondersteun hulle mense. Hoekom doen die wittes dit nie? Nou moan julle oor julle gebrek aan eie ondersteuning.

N ·

Baie goeie nuus. Maar R30 000. Moordenaars in SA kry borg vir R5000 en minder. Die land is n klug

piet ·

Werk ooral ter wereld so. Jy betaal volgens jou finansiele vermoe en jy kry later in elk geval die geld terug (dis blykbaar wat sommiges nie verstaan nie).

Harley Davidson ·

Die borg is baie hoër as jy wit is hoekom is dit so,swart polisie beamptes kry 1000 rand borg vir moord,hierdie persoon het ‘n vaste adres en is ‘n jarelange inwoner met ‘n gesin hoekom word daar teen hom gediskrimineer dit is wat die regte joernaliste moet vra.

piet ·

Dis nie diskriminasie nie, dit werk so oral ter wereld. As dit ‘n swart, geel, pienk boer was met dieselfde finansiele vermoe as hierdie boer het hulle ook ‘n hoe bedrag betaal. As dit ‘n arm wit ou was sou die borggeld nie so baie gewees het nie.

Groen-oog ·

Daar is mos 2 kinders op die toneel gekry. Waar is die 3de kind wat so erg aangerand is? Waar is die 3de kind skielik.
3de klag is gemaak deur wie ookal maar die “”slagoffer”” is missing in action. Nou hoe nou? En R 30 000 borg is dalk R 10 000 per kind ???

Vonkprop ·

Duidelik steur die landdros hom nie aan feite nie, na al die bewyse sê hy nog steeds twak soos swart op wit misdaad.

Cherokee ·

re:
Van die betogers, wat versoek het dat borgtog geweier word, het wel ná die uitspraak uitlatings gemaak dat die howe “rassisties” is.
Die woord ‘wel’ laat die uitlatings in ‘n ander katogorie klink as wat miskien bedoel is.

Darts girl ·

Okay kom ons sit die bedrag van die borg eenkant, wat ek ook dink belaglik is…. Kom ons kyk bietjie na die punte: a. Die voorval was n ongeluk, die boer het gaan kyk wat in sy mielie land aangaan en die kinders het voor sy voertuig ingehardloop. b. Hy word ook aangekla dat hy n derde kind glo aangerand het, waar is die bewyse dat hy dit gedoen het?
Kyk moet my nie verkeerd verstaan nie ek is baie bly dat sy borg toegestaan is en dat hy nou weer by sy huis is saam sy vrou en kinders, en ek glo dat hy onskuldig bevind gaan word.

Jillian ·

As hy so groot rassis is hoekom is sy beste vriend dan ‘n ander kleurige? Soos dit baie duidelik gemaak word in die artikel!

Christine ·

Sy vriend het gisteraand op tv gepraat. Wat ‘n oulike mens wat so opstaan vir sy wit vriend. Albei van hulle is kwaliteit-mense.

Christine ·

Hoe onnosel … As hy hulle wou vermoor, waarom stop en hulle na ‘n privaat hospitaal laat neem?

Jack ·

Die prys wat die witvolk moet betaal vir rassisme sal net meer en meer styg. Solidariteit moet asb die saak gryp en dit uitsorteer anders gaan dinge skeefloop in n land met eensydige regspleging.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.