Spanning buite hof waar Ermelo-boer verskyn

‘n Skare het buite die hof betoog terwyl Louis Grobler se borgtogaansoek aan die gang was. (Foto: Anja van der Merwe)

’n Hoë polisieteenwoordigheid het Vrydag buite die landdroshof op Ermelo in Mpumalanga geheers waar Louis Grobler, ʼn boer van die omgewing, vir die derde keer vandeesweek verskyn het.

’n Groep betogers – party in EFF-drag geklee – het Vrydag vroegoggend na die hof opgeruk waar Grobler (41) se aansoek om borgtog voortgesit is. Die rassespanning het hoog geloop.

“Amandla!” het betogers geskree terwyl hulle hul vuiste in die lug gebal het.

“Ons verwag maar die ergste vandag. Daar is al die afgelope week spanning onder lede van die gemeenskap,” het ’n polisiebeampte aan Maroela Media gesê.

Die betogings was egter nie gewelddadig van aard nie en het ook nie handuit geruk nie.

Grobler staan tereg op twee aanklagte van poging tot moord en een van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Hy word ook daarvan beskuldig dat hy ’n derde kind aangerand het.

Grobler word daarvan beskuldig dat hy Vrydag (15 Julie) twee kinders op sy plaas buite Ermelo raakgery het.

Sy regsverteenwoordiger, Mario Jungbluth, het Vrydag in die hof aangevoer dat dit ’n ongeluk was en dat Grobler nie met opset die kinders beseer het nie.

Louis Grobler in die hof in Ermelo. (Foto: Anja van der Merwe)

Volgens Jungbluth het Grobler ook die polisie en ambulans ná die voorval ontbied en nie van die toneel gevlug nie.

“Dit is mos nie die aksies van ’n man wat kinders met opset wou beseer nie,” het Jungbluth aangevoer.

Tydens Grobler se borgaansoek het Jungbluth die hof daarop gewys dat Grobler nie enige vorige veroordelings het of ’n vlugrisiko inhou nie.

“Die beskuldigde se hele lewe is op die plaas, wat hy 22 jaar gelede by sy pa oorgeneem het.”

Jungbluth het ook daarop gewys dat Grobler ’n vrou en kinders het om te versorg en ook werk skep vir sy plaaswerkers en sodoende tot die land se ekonomie bydra.

Die staatsaanklaer het op haar beurt gevra dat die borgtog nie toegestaan moet word nie omdat dit ernstige oortredings is waarvan Grobler aangekla word. Sy het ook genoem dat dit nie in die belang van die gemeenskap sal wees indien Grobler vry rondloop nie.

“Dit sal die gemeenskap verontwaardig en net verdere onrus veroorsaak,” het die staatsaanklaer aangevoer.

“Hoe kan die man wat verantwoordelik is vir die kinders se beserings terugkeer na die plaas waar dié kinders se families ook woon?”

Volgens die aanklaer ontvang die kinders tans sielkundige berading.

Landdros Thibede Motsepe sal na verwagting Dinsdag uitspraak oor die borgtogaansoek lewer.

Maroela Media het vroeër berig Grobler, wat gereeld skade ly weens diefstal op sy plaas, het die dag glo ondersoek ingestel toe hy mense in sy mielielande gewaar het. Twee kinders het toe glo uit die mielielande reg voor Grobler se bakkie ingehardloop. Die bakkie het albei kinders getref en een van hulle se been is gebreek.

Luidens ʼn verslag deur ʼn onafhanklike ondersoeker het Grobler se bakkie op los mielieblare gegly en kon hy daarom nie betyds stop nie.

‘Edel van inbors’

Thapelo Mofokeng, een van Grobler se vriende. (Foto: Anja van der Merwe)

Van Grobler se familielede en een van sy beste vriende, Thapelo Mofokeng, het Vrydag die hofsaak bygewoon. Mofokeng en Grobler is sedert 2017 vriende.

Volgens hom is Grobler edel van inbors en een van die eerlikste mense wat hy ken.

“Hy is saggeaard en goedhartig. Ek het hom nog nooit kwaad gesien nie. Enigiemand wat hom ken, insluitend sy plaaswerkers, sal jou dieselfde vertel,” sê Mofokeng.

Volgens Mofokeng hoop hy en die familie dat borgtog in die belang van geregtigheid toegestaan sal word.

“Sy hele familie word negatief hierdeur beïnvloed. Sy vrou word veral geteiken. Sy kinders is nog klein en ek dink hulle weet nie eintlik wat aangaan nie.”

Mofokeng het van Grobler verneem dat van sy gewasse ná die voorval afgebrand is.

Vusi Shongwe, die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, het Vrydag by die hof gesê hy wil vrede tussen plaasbewoners, -werkers en boere bewerkstellig.

“As daar samewerking en harmonie tussen hulle is, is daar veiligheid,” het Shongwe gesê.

Shongwe het gesê hy hoop geregtigheid sal geskied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Swerwer ·

Raak ontslae van Juluis Malema en sy kader dan mag daar dalk vrede plaasvind want dit is die EFF/anc wat al die probleme veroorsaak deur hul rassistiese Amandla. Daar was nooit soveel rassisme in ons land nie, maar van die ANC/EFF dink hul kan ‘n land regeer is die dam onder die eend uitgeruk!

Vexed ·

Shongwe lieg oop en bloot hy wil aller mins vrede of geregtigheid hê. Dit sal sy “loopbaan” kelder.

Jacobus ·

Is daar al ondersoek ingestel en n saak van brandstigting gemaak vir die afbrand van sy gewasse?

Bernard ·

Jacobus, hoekom sal hulle dít nou wil doen, dis mos deel van Shongwe se “geregtigheid”!

domheks ·

Nee, die diewe sal mos nou nooit skulddig wees nie!!! Nuwe SA! Brand die kos af – more betoog hulle daar is nie kos nie.

Groen-oog ·

Daar bestaan 4 “V”s

Vernietig
Verbrand
Verkrag
Vermoor

Waarnemer ·

Sy vel is wit;die staatsaanklaer is swart,die landdros is swart,die kinders wie betrokke is is swart,die regering is korrup,so watter kans het hierdie man?Ek sien swarigheid vir hom,sy vrou en sy kinders.Hy gaan beslis nie n regverdige verhoor kry nie.

tierwyfie ·

Is dit nie interessant nie, as die kleure ongeruil was sou daar nie eers ‘n saak gewees het nie.

Harley Davidson ·

Want ons aanvaar dit ek sien nie dat een van ons sogenaamde leiers iets se nie.

Leoni ·

Hoekom ontaard dit altyd in rassekwessie?
Dit was n ongeluk!

H.A. ·

Die heyenas het bloed geruik, niks sal hulle stop om die boer en sy gesin op te vreet nie.

Groen-oog ·

Die kinders moet net ondervra word en dan sal die waarheid mos uitkom. En die staatsaanklaer is regtig erg bepaglik. Moordenaars kry borg. Verkragters kry borg. Smokkelaars kry borg. Poachers kry borg maar die man moet steeds sit agv n ongeluk en daars bewyse en fotos ens. Dis so vreeslik onregverdig.

Bernard ·

Shongwe, verduidelik bietjie vir ons, wat is jóu “geregtigheid” nou eintlik?

Di ·

Ek hoop van harte dat die waarheid sal seevier! Mens moet net bly glo, hoop en vertrou dat dinge sal uitwerk vir hierdie man en sy gesin. Die Duiwel is BESIG in hierdie land, kyk maar net om jou rond

Vonkprop ·

In hierdie land mag jy nie eens meer ‘n ongeluk maak nie of dit is rasgedrewe. Was die verdomde EFF wat so betoog daar toe dit gebeur het? Ek raak nou keelvol vir hierdie eenkantige rassisme in SA. As ‘n witvel is alles wat jy doen verkeerd en rassisties, maar as ‘n swartvel is dit regverdig as gevolg van die verlede.

Nettie ·

‘n Paar plaaswerkers het hulle uitgespreek en weier om te glo dat die boer skuldig is. Hulle praat met geweldige respek en liefde van hom. Ek kry hom en sy gesin dus bitter jammer, dit klink soos nog ‘n heksejag.

Dankie Vader dat die kinders nie boonop dood is ook nog nie, maar slegs beseer was. En natuurlik getraumatiseer, selfs al was dit slegs ‘n ongeluk. Ek hoop hulle herstel gou. Ek hoop die waarheid kom uit. Ek hoop geregtigheid, werklike reg en geregtigheid, geskied.

En ek bid vir die boer, sy vrou en gesin se veiligheid en toekoms saam.

SjN ·

Dubbele standaarde, wat het die kinders in elk geval in die lande gesoek.

Niklaas ·

Dink net wat sou die gevolge wees as hy kinders gedood het met sy voertuig. ? Dit sou die polisieman wat betrokke was by George Floyd se saak , na een vulletjie laat lyk het

Leon ·

Verstaan nie waarom landdros solank neem om oor borgtog te besluitnie. Is dit moedswillig?????

N ·

Die land sal nooit herstel as daar altyd teen ras gediskrimineer word nie.

Blikkantien ·

“Volgens die aanklaer ontvang die kinders tans sielkundige berading.”
– Hulle ontvang tans seker sielkundige indoktrinering…

Sobymykoolkop ·

Klomp huigelaars. Dag vir dag word babas vermoor vir muti, daagliks word vroue vermoor en verkrag, daagliks sterf hulle by inisiasieskole in die naam van tradisie, dan hoor jy niks van hierdie by howe nie

Groen-oog ·

My man se altyd daar is n leuse van die 4 “V”s

VERNIETIG
VERBRAND
VERKRAG EN
VERMOOR. DIE “V”s IS ALTYD ALTYD TEENWOORDIG.

Groen-oog ·

Vanoggend op die radio is gese

DIE KINDERS SE MA HET GESE DIE BOER HET HAAR KINDERS MOEDSWILLIG RAAKGERY.

1. Sy se dit … so dan moes sy mos DAAR gewees het om dit te SIEN anders is dit mos nie waterdig in die hof nie???

2. NOUUUU as sy daar was hoekom het sy nie die kinders “gewarsku” dat die boer oppad was nie. Jy hoor mos n voertuig wat aankom. Of is hulle almal doof?

WYS NET HOE AGTERBAKS HULLE IS. BOER GEE WERK EN SORG VIR SY WERKERS DAN STEEK HULLE HOM IN DIE RUG.

Maritza ·

Hulle soek net rede om te betoog. Hoop hulle werkgewers betaal hulle nie vir daardie dag nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.