Boer se geliefde honde vergiftig

Johan Jooste se hondekinders. (Foto: Verskaf)

’n Boer van Buffelspoort in Noordwes het oor die naweek nie ’n oog toegemaak nie uit vrees vir ’n moontlike plaasaanval nadat sy honde Vrydagaand op die plaaswerf gif ingegee is.

“Ons is die derde gesin wie se honde [in die afgelope] twee weke vergiftig is. Daar is kort daarna by die ander twee gesinne ingebreek,” vertel Johan Jooste Maandag aan Maroela Media.

Volgens Jooste het sy twee rifrûe, twee staffies en twee Jack Russells Vrydag omstreeks 23:15 vreeslik geblaf. Hy vertel hy het dadelik die sekerheidskameras aangesit en alles het in orde gelyk. Dít totdat die een rifrug later met skuim om die bek op die stoep inmekaargesak het.

Jooste vertel hy het aanvanklik gedink dat ’n slang die hond gepik het, aangesien al die ander honde in dié stadium niks makeer het nie. Dit is egter eers toe hy Saterdag omstreeks 04:45 by die huis uitgegaan het dat hy nog drie van sy honde se lewelose liggame in die werf opgetel het.

Johan Jooste se hondekinders. (Foto: Verskaf)

Twee van sy honde het die voorval oorleef. Die een staffie het geen gif ingekry nie en die ander rifrug het wonderbaarlik oorleef nadat dié dier gebraak en ontlas het.

Dit is nie in dié stadium duidelik watter soort gif die diere ingegee is nie, hoewel Jooste vermoed dat dit moontlik Two Step kon wees.

“Die twee Jack Russells was my skaduwee. Die honde was ons groot liefde op die plaas. Hulle was ons kinders. Dink vir jouself, jy moet ’n laaigraaf vat en ’n diep gat grou om jou vier hondekinders te begrawe. Dit is verskriklik. Die plaas is nie meer dieselfde nie,” vertel Jooste.

Hy vertel dat hy die polisie genader het kort nadat hy sy honde aangetref het. Die polisie patrolleer sedertdien rondom die gesin se plaashuis, indien boosdoeners sou toeslaan.

Johan Jooste se hondekinders. (Foto: Verskaf)

Jooste is die veiligheidshoof van die plaaslike buurtwag en verduidelik dat die gemeenskap nou meer weerloos as ooit voel aangesien buurtwagte en patrollies nie gedurende die algehele landwye afsondering toegelaat word om te patrolleer nie.

“Ons het ’n goeie veiligheidstelsel gehad [voor die afsondering]. Ons het elke dag en nag patrollies gery. Nou is ons wetstoepassende burgers wat nie ná 20:00 uit ons huise mag gaan nie, maar die misdadigers kan vrylik rondbeweeg.”

Jooste vertel dat hy intussen reeds twee nuwe Jack Russells as geskenk gekry het. “Maar dit is nie dieselfde nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Fedup ·

This is just wrong on so many levels. How would those criminals feel if they are poisoned?
And mad hatter is running after cigarettes like a crazy nut case.

Boortor ·

Ja nee kyk….los die moordenaats en diewe en vang die rokers! Dis makliker! Ne cele?

Sonneblomkind ·

so wreed so verkeerd, hoe sal daai kriminele voel as hulle dieselfde aangedoen word, waar gaan ons wereld heen….dis verby terrible, my hart gaan uit na die gesin…Prioriteite…da is geen, Cele los moordenaars ….ma vang rookers

Michael 1 ·

Die DA is vinnig om n vrou aan te vat wat uit bevoegdheid die regering bevraagteken maar stadig om die tipe oortredings aan die groot klok te hang.

Pampoenboer ·

Doen jul buurtwagte en as polisie kom inmeng arresteer hulle vir oortreding

Nico ·

Die toepassing van die wet is heeltemal deurmekaar, weereens dit is omdat dit ‘n witman is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.