Boer Tyson en sy Alri trou

(Foto: Skermskoot/Instagram)

Tyson Zunckel – die gewildste deelnemer aan die 14de reeks van die kykNET-maatsoekreeks Boer soek ʼn vrou – is Saterdag met Alri Vorster in die eg verbind.

Tyson en Alri het in Mei verloof geraak. Foto’s en ʼn video van die troue is op Instagram gedeel.

Die paartjie was verlede naweek nog by die troue van Johan Lombard en Esmerélda van Wyk, ook albei deelnemers aan die vorige seisoen van Boer soek ʼn vrou.

Maroela Media het vroeër berig Tyson het besluit dat Alri se verjaardagnaweek die ideale geleentheid was om die jawoord te vra en dat haar ouers vir die naweek op Tyson se plaas by Bergville, KwaZulu-Natal, gekuier het.

Tyson het Alri en haar ouers in sy helikopter die omgewing gewys en sy aanvanklike plan was om op ʼn berg te land en haar daar om haar hand te vra, maar die reënweer het sy planne in die wiele gery.

“Nadat ons vir ʼn rukkie in die helikopter rondgevlieg het, het ons by die huis geland. Daar het ons uitgeklim en  ʼn paar selfies geneem. Ek het my selfoon vir Alri se ma gegee en die selfoon op video gesit. Ek het die tannie gevra om ons af te neem en dit is toe dat ek op my knieë gaan en Alri vra om te trou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Renier ·

Baie geluk! Mag jul paadjie saam gevul wees met mooi herinneringe, groot vreugde en ‘n onbreekbare liefdesband.

Andries ·

Eerstens, baie geluk aan Tyson en Alri. Ek glo dat die huwelik is wat jy daarvan maak en glo my dit is harde werk en verg baie opofferings van beide kante maar dit is werklik nie nodig om so sinies te wees oor die huwelik van ‘n jong paartjie soos wat Delia aan die dag lê nie.
Ek is nou meer as 57 jaar getroud met dieselfde vrou en weet van die eise wat kinders grootmaak, finansies, en gesindhede in ‘n verhouding stel. Nee wat, niemand trou met die voorneme om te skei nie maar ‘n mens moenie die hasepad kies as die moeilike tye kom nie, en hulle kom verseker.
Hulle is so ‘n mooi paartjie en ek glo hulle kan dit maak werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.