Bok-oorwinning veel meer as net ‘sportprestasie’ – Ramaphosa

siya kolisi

Siya Kolisi lig die Webb Ellis-trofee. (Foto: @Springboks/X/Twitter)

Pres. Cyril Ramaphosa was Maandag in sy jongste nuusbrief vol lof vir die manne in die Groen-en-goud.

Ramaphosa glo egter dat die Springbokke veel meer as nét ʼn goue oorwinning in Frankryk behaal het. Dié rugbyspan het ʼn nasie verenig.

“Die Springbokke se reis na die geskiedkundige oorwinning in die 2023-Wêreldbeker gaan net soveel oor ons reis na nasieskap as oor sportuitnemendheid,” sê Ramaphosa.

Hy wys dan in sy nuusbrief daarop dat die Springbokke ál vier Wêreldbeker-oorwinnings sedert die aanbreek van demokrasie behaal en die gesogte Webb Ellis-trofee omhoog gehou het – ʼn ongeëwenaarde rekord.

“Toe Suid-Afrika vir die eerste keer in 1995 aan die Wêreldbeker-rugbytoernooi deelgeneem het, was ons demokrasie net ʼn jaar oud. Daar was destyds net een swart speler in die span, die legendariese Chester Williams. Van die span wat in die afgelope naweek se eindstryd gespeel het, was net minder as die helfte swart spelers, onder wie die spankaptein, Siya Kolisi.”

Ramaphosa sê die Springbokke se oorwinning “gaan eweneens oor ons vaste strewe dat verteenwoordiging in alle fasette van die openbare lewe, insluitend sport, as kragtige simbool van die gekoesterde waardes sal dien waarop hierdie land tot stand gebring en gegrond is”.

“Die vurige, kleurvolle en aangrypende vertonings van nasionale trots van Suid-Afrikaners tuis en in die buiteland tydens hierdie toernooi wys dat die Springbokke miskien soos nog nooit tevore deur alle rasse as hul eie omhels is nie.”

Ramaphosa sê die video’s op sosiale media waarin Makazole Mapimpi deur klante en winkelpersoneel toegejuig word terwyl hy inkopies doen, en dié van Eben “Elizabedi” Etzebeth en RG Snyman wat saam met Suid-Afrikaanse ondersteuners naby die Eiffeltoring in Parys dans, is van sy “persoonlike gunstelinge”.

“Die feit dat soveel Suid-Afrikaners die nasionale span se kleure aantrek en hul ondersteuning aanlyn en op ander platforms bely, spreek van die innige liefde vir ons land en van ons vermoë om saam te staan selfs wanneer dit moeilik gaan.

“Ons het meer hiervan nodig, en nie net op die gebied van sportprestasie nie.

“Indien die storie van die transformasie van Suid-Afrikaanse rugby, ʼn sport wat eens die bastion van rasse-oorheersing was, enigsins ʼn aanduiding van iets is, sal ons land voortgaan om die vrugte van verandering te pluk mits ons verenig en op koers bly.

“Die patriotisme wat ons in sportstadions openbaar, moet weerspieël word in ons benadering om ons uitdagings te oorkom. Ons is almal saam hierin as regering, sakeondernemings, arbeidsektor, burgerlike samelewing en burgers.”

  • Cyril Ramaphosa sal na verwagting Maandag 20:00 die nasie toespreek in die lig van die Springbokke se Wêreldbeker-oorwinning.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johann ·

Ag asseblief. Komende van die rugraatlose leunaar wat verandwoordelik is vir hool status wat ons elke dag moet oorleef. Self het hy NIKS om oor trots te wees nie behalwe sy ANC verwoestings pad.

Casper ·

Meneer die president net die volgende vrae;
1 Wie was afrigters tydens hierdie 4 oorwinnings.
2 As u so passievolle is bring die springbokkie terug op die bors,dit is immers die rugby embleem.
3 Spreek u onomwonde uit teenoor plaasmoorde en veroordeel haat spraak deur Julius malena.
4 Beëindig korrupsie,kaderontplooiing en beurtkrag.
Baie dankie

Danie ·

Ja Ramaphosa jy is reg die Springbokke verenig n nasie maar jy Ramaphosa breek n nasie. Jy moet onthou ons is nie stupid nie. Jy het net so paar maande die witman sleg gese en jy het jou impi’s aangese om hulself weer opgelei te kry om soos in die 80’s weer te mobiliseer en geweld aangemoedig. Sorry Ramaphose maar jy is n skande vir SA en sy mense.

Hendrik ·

Wat moet in die mensewese wees om so n valse manteldraaier te wees? Die tragedie is, ons word deur so n wese regeer en ons toekoms bepaal

Republikein in die Wes Kaap ·

Hendrik, so 40 plus jaar gelede het die van ons wat reeds droog agter die ore was dieselfde van arm Afrikalande se burgers gesê. Nou is ons ook daar. Daar is nie antwoorde nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.