Bomdreigement by sentrum in Pretoria

(Foto: Kolonnade-winkelsentrum))

Die Kolonnade-winkelsentrum in Montana Park in Pretoria het vanoggend (Dinsdag) ʼn bomdreigement ontvang.

Volgens Monique Janse van Rensburg, bemarkingsbestuurder, het die sentrum se ontvangskantoor omstreeks 09:10 ʼn oproep met dié dreigement ontvang.

“Die winkelsentrum is volgens noodprosedure ontruim. Die polisie en die bomeenheid is tans op perseel en deursoek die winkelsentrum,” lui ʼn verklaring op die sentrum se Facebook-blad.

“Die winkels sal weer heropen sodra die owerhede bevestig dat die sentrum veilig is.”

Maroela Media het navraag aan die polisie en die Kolonnade-winkelsentrumbestuur gestuur, maar wag nog op terugvoer. Die sentrum se landlyn bly ook onbeantwoord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Potifar ·

Dis kommerwekkend hoeveel bom dreigemente begin gebeur. Wanneer gaan een nie net meer n dreigement wees nie? Veral met die EFF se terroristiese optrede en ISIS op ons voorstoep.

Bart-Man ·

Suid Afrika, beweeg terug in tyd.
Alles weer van voor af.
Die keer met n Masker.

JM ·

Daar is tog seker metodes in plek om diegene op te spoor wat bomdreigemente maak. Hulle behoort baie swaar gestraf te word!

Bytjienw ·

Nou wat sal hulle baat by so ‘n valse dreigement…? Was iemand nie lus om te werk vandag nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.