Borgtog toegestaan vir Jason Rohde

Jason Rohde (Foto: Henk Kruger/ANA/African News Agency)

Die veroordeelde moordenaar Jason Rohde (50) sal Kersfees saam met sy familie kan deurbring nadat sy appèlaansoek om borgtog met streng voorwaardes toegestaan is.

Appèlregter Mandisa Maya, president van die appèlhof in Bloemfontein, het Woensdag uitspraak gelewer in Rohde se aansoek om borgtog. Dit volg nadat die appèlhof Rohde in Julie toestemming gegee om teen sy skuldigbevinding te mag appelleer. Sy regspan het die aansoek om borgtog ingedien, hangende die uitspraak van die appèl.

Rohde het in hofstukke aangevoer hy wil op borgtog vrygelaat word sodat hy na sy sakebelange kan omsien en sy kinders finansieel kan onderhou.

Hy dien tans tronkstraf van 20 jaar in die Drakenstein-gevangenis in die Paarl uit vir die moord op sy vrou, Susan, asook vir dwarsboming van die gereg omdat hy die toneel soos dié van ʼn selfmoord opgestel het.

Maya, bygestaan deur appèlregters Ian van der Merwe en Caroline Nicholls, het bepaal dat Rohde op borgtog van R200 000 vrygelaat mag word. Hy moet egter ʼn waarborg van R1 miljoen lewer.

Rohde se appèlaansoek word volgende jaar deur ’n volbank appèlregters aangehoor.

Jason en Susan Rohde. (Foto: Facebook)

Rohde gaan steeds tuis in Plettenbergbaai en daar is ook vaste adresse in Kaapstad en Johannesburg bepaal waar hy moet tuisgaan wanneer hy hofsake moet bywoon of hy sakeafsprake moet nakom. Hy moet die bevelvoerder van die polisiestasie in Plettenbergbaai twee dae voor die tyd in kennis stel indien hy van voornemens is om na Johannesburg of Kaapstad te reis. Hy mag nie langer as vyf dae aaneenlopend weg wees uit Plettenbergbaai nie.

Rohde moet ook elke Woensdag en Saterdag tussen 06:00 en 18:00 by die Plettenbergbaai-polisiestasie aanmeld.

Rohde mag ook nie aansoek doen vir enige paspoort nie en die bevel is ook deurgegee aan die departement van binnelandse sake en die Britse en Australiese ambassades in Suid-Afrika.

Susan Rohde se liggaam is in ʼn toegesluite badkamer gekry van die kamer wat sy in Julie 2016 met haar man by die luukse Spier-wynlandgoed in Stellenbosch gedeel het.

ʼn Elektriese koord was om haar nek gedraai en aan ʼn haak agter die badkamerdeur vasgemaak.

Regter Gyaat Salie-Hlope het Rohde in Februarie vanjaar tot 18 jaar tronkstraf vir die moord gevonnis en vyf jaar vir dwarsboming van die gereg. Drie jaar van laasgenoemde vonnis word gelyklopend met die vonnis vir moord uitgedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Nou toe nou ·

Ek het ‘n gevoelte dié mannetjie gaan ‘n vals paspoort kry en land-uit vlug.

Jessica ·

Money talks to get false passport’s inside of home affairs, the Nigerians here in Johannesburg works in Mayfair & Fordsburg to do the passports for R30 thousand and they go with it to town to Home affairs then walla you pick it up in no time, to much bribery inside, outside you pay and inside another amount

Zirk Pansegrouw ·

Nou waarop basseer jy jou “gevoelte” – opinies en hoorse?

Hannetjie Faurie ·

Dit is absoluut onaanvaarbaar. Waarom het die Waterkloof 4 dit nie gekry om aan te gaan met skool nie, waarom het Oscar dit nie gekry om aan te gaan met sport nie.
Hierdie ou kry dit om sy kinders wat al groot is op te pas. B/S storie. Dit is die eerste en die korrektiewedienste pluk vir hulle self a lat. Hier kom nog lelikker dinge as wat daar alreeds gebeur het. WANNEER HET HIERDIE NUWE WETTE IN WERKING GETREE EN HOEVEEL GELD MOET JY IN DIE BANK Hê OM DAARVOOR TE KWALIFISEER ?????????????????????????????????????????????????????????????????? EK HOOP SY KINDERS SKOP HOM ONDER SY G………….. !

JohanR ·

Hierdie ding is al lankal lekker beplan saam met die advokaat. Vir hierdie ou gaan dit Kersfees in Thailand wees. Die arme ou wat net R500 vir borgtog kan bekostig gaan seker Christmas maar in Polsmoor moet spandeer? Nou sal daai ander vrou moordenaar Rod Packham ook seker ‘n plan maak? Soe as hy nou op borgtog uit is vir hoe lank gaan hy op die strand le en suntan voordat hy sy 20 jaar gaan uitdien, OMDAT HY SY VROU WREED VERMOOR HET!!

Karel ·

As ek hy is, sny ek n lyn. Hy hoef nie eens land uit te vlug nie. Of hy kan net oor die grens stap Namibië toe, daai grens word nie bewaak nie. Selfs al vang hulle hom weer na n ruk, sal dit die moeite werd wees. Daai bietjie ekstra straf sal nie so erg wees nie.

GRIET ·

Ai, KAREL… laat jou eerlike inset, my nou heerlik lag!!!!

SIENER ·

As jy die hofsaak gevolg het sal jy weet hy is onskuldig.

Die (vroue) regter het hom meer geroskam oor sy ontrouheid as oor die gewaande “moord”

ES ·

Siener – ek het ook die hofsaak gevolg en die hofstukke gelees. Hy is skuldig bevind omdat daar bepaal was dat hy met sy vrou se kar gery het direk voor haar verdwyning. Dis op kamera vasgevang. Die bewyse teen hom was verdoemend – hy is definitief nie onskuldig nie.

SIENER ·

Jy praat van Rob Packham. Hier was nie n verdwyning of motor ter sprake nie. Groete

Ig ·

Mense hy het sy vrou doodgemaak, is skuldig bevind, tronktoe gestuur. Ons regstelsel suck!!!!!!!!!

Lolla ·

ES………… verdwyning??? Sy vrou het agter die padkamer deur gehang! Hy het ook nie met haar kar gery nie. Jy het die verkeerde hofstukke gelees.

Miekie ·

Dis te lekker om geld te he. Wat vd ander mense wat ook graag by hulle kinders wil wees oor Kersfees. En wie sy kinders wil hom by hulle he. Die mense wat geregtig is vir parool maar die regering se NEE, SA is siek

Brakkies ·

Hy moes seka lesse geneem het by david copperfield…. want hoe vermoor jy jou vrou in n badkamer wat van binne af gesluit is en dan breek jy di deur van buite af oop….
Daar is baie mense reg oor di wereld in tronke wat eintlik onskuldig is…. di staalsanklaers is ni altyd di eerlikste mense op di aarde ni…
Hulle kan ook maar baie keer bewyse verbloem of bylas soos dit hul pas net om te wen ….kyk ma na di van der vyver saak ook…..

Natascha ·

HOE KAN HUL HOM BORGTOG GEE?? Hy is n moordenaar, gedink die howe is meer bedag op sulke goed, (Geweld teen vroue en kinders?????)
Nee, wat n teleurstelling is dit nie. Hy gaan land uit vlug met n vals paspoort soos wat reeds gese is.

Foxi ·

Die woord MOORDENAAR is n verskriklike woord. Is daar bewyse dat Jason Rohde n moordenaar is? Hoeveel mense sit onskuldig in die tronk….honderde.

K ·

@Foxi, daar is ja. Dis hoekom die MOORDENAAR in die tronk is vir MOORD

Realis Thailand ·

Waarom al die onkundige kommentaar en ook die regstelsel afkraak.
Rhode het die reg op borg.In die tagtiger jare het n man wie n gewapende roof gepleeg het en iemand doodgeskiet het borg gekry nadat hy ter dood veroordeel was en toe die appel verwerp is, is hy weer arresteer en na die dodeselle in Pta geneem.
Hy was boonop n Buitelander met n buitelandse paspoort.Ek was baie ongelukkig daaroor maar dis die regstelsel
Rhode het genoeg geld om vir advokate ens te betaal waar party mense dit nie het nie
Ek hou nie van die vent en ek glo hy lieg maar ongelukkig laat die regstelsel wat nog steeds 90% dieselfde is as met die ou bedeling
As hy skuldig is voel ek moet hy 25 jaar sit. Maar onthou hy sal nie weer moord pleeg nie.
Dit was n passie moord as dit moord was en die mense doen dit nie sommer n tweede keer nie
Ken die reg voor kommentaar gelewer word oor die regstelsel.
n Swak regstelsel is agv swak Polisie ,Aanklaers Regters en nie die wette nie

Kas ·

Vir diegene wat hamer op vervalste paspoort,wees gerus hy sal nie die land kan verlaat nie want die paspoort gaan deur ‘n skandeermasjuen.Binnelandse sake het hofodrag gekry om nie passport uit te reiki nie.Hy is op die visumstoplys geplaas en sou hy dan die land by ‘n grenspis verlaat is daar ‘n “tref” by die polisie en word hy gearresteer.Vra my ek was 37 jaar ‘n immigtasiebeampte.Sy enigste manier om te vlug is draad spring.

Scalla ·

Oupa Kas, jy was n beampte in die goeie ou dae, ek was al in n paar buurlande sonder paspoort, hoef ook nie geur grenspos te gaan nie, sommige plekke stap jy sommer oor!!!

Helene ·

Hierdie land is n grap. Ek het geen vertrou in die regstelsel nie. Kan jy dit nou oor vertel?

James ·

Politici en “regsgeleerdes” moet met die minste respek behandel word. Hy dwing GEEN respek af nie.

Chid ·

Ons regstelsel is ‘n grap x 10! Hy is skuldig bevind aan MOORD! en hy kry borgtog! Hoe verskil sy saak van Oscar s’n? En oscar is steeds in die tronk.

Shanie ·

Dis skokkend!! Hy is ‘n moordenaar, hierdie laat die hele veldtog van “stop geweld teenoor vroue en kinders” soos ‘n sirkus lyk!! Daar is ‘n gesegde wat se – die satan sorg vir sy kinders :(

Karen ·

So kan Oscar en ander wat ook dieselfde misdaad gepleeg het ook uitkom vir sake belange? Ons regstelsel ??? Wat kan mens sê…..

Lolla ·

Wat is fout met die mense om so te kla…..arme Oscar. Julle het almal net so “gemoune ” toe hy uit die tronk vir ‘n dag was om sy ouma of oupa se begrafnis by te woon, of het julle dit vergeet. Ander gevangenis het nie daardie voorregte nie, maar Oscar het dit gehad!!!!!!!!

elzabe ·

Ek stem saam met Siener. Hy is onskuldig. Ek het die hofsaak noukeurig gevolg. Ek glo die regter was bevooroordeeld.

Sjoe ·

Sjoe Elzabe, so Susan Rhode het haarself met ‘n kussing versmoor en gewurg!!!!!! Sy was dan eintlik brilliant om deur te druk tot die einde en toe agter die toiletdeur gaan hang aan ‘n treurige kabeltjie en niks om van af te spring.

Domvraag ·

Elzabe was jy elke dag in die hof of het jy net die nuus gekyk?
Elke moordenaar pleit dat hy onskuldig is want die staat moet bewys dat hy wel skuldig is.
Sulke lafaards wat met geld probeer losgelieg te word het ek geen tyd voor nie.
Net soos hy vir sy vrou gelieg het, so sal hy
ook in die hof lieg. Wat n skande op ons regstelsel.

Se net ·

Om van naar te word. Maak nie saak of jy man doodmaak of vrou of kind. Maar genadedood van n persoon wat letterlik nie meer die pyn kan verduur nie is dit taboe. Maar jy mag maar iemand wat nog n vol lewe het se tyd verkort. Sal nooit die voorreg he om jou kinders te sien trou of jou kleinkinders. En moordenaars kry die top of the cream treatment. Hoekom word moordenaars nie aan die mense uit gelewer nie. Ons sal wys hoe om sy lewe ook kort te maak, dan kan hy of sy ook niks met die aardse besittings doen nie.

Veerpyltjie ·

Elzabe, ek glo nie jy het die hofsaak baie goed gevolg nie anders sou jy presies tot dieselfde gevolgtrekking as die regter gekom het. Susan het haarself nie met ‘n kussing versmoor nie! En al die ander dinge wat daarop gedui het dat dit wel moord was. Regters neem nie net ‘n besluit dat iemand skuldig is nie. Dit moet bewys word! Dit maak my siek dat hy op parool is om na sy sakebelange om te sien! Daar faal die regstelsel alle slagoffers van geweldsmisdade as ‘n moordenaar kan vry rondloop omdat hy ‘n groot borg kan bekostig! Net in S.A.

George ·

Mens dink en sien altyd om na kinders voor dade gepleeg word. Sakebelange?????

McG ·

Dis jammer dat die gesegde “money talks scum walks” hier so perfek uitgebeeld word.

Stellie ·

Hy gaan dadelik weer sy skelmpie (Altersky) ontmoet – die rede waarom hy van sy vrou ontslae geraak het!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.