Borgtog vir Groblersdal-vier

Francois van der Merwe (heel links) Willem Petzer, Devon Hofmeyr en Tewie Wessels Maandag in die hof op Groblersdal. (Foto: Isabel Venter/Maroela Media)

“Almal is gelyk voor die reg, ongeag hul velkleur, en moet as onskuldig geag word tot anders bewys.

“Die verhoor sal wel mettertyd bevind of hulle skuldig is al dan nie.”

Só het landdros Agmat Mphago Maandagoggend gesê in sy uitspraak in die aansoek om borgtog wat Devon Hofmeyr, Willem Petzer, Francois van der Merwe en Tewie Wessels in die Groblersdal-distrikshof in Limpopo ingedien het. Die vier staan tereg op aanklagte wat verband hou met aanhitsing tot openbare geweld.

Die hof het hulle daarna op borgtog van R5 000 elk vrygelaat.

Die vier mans het mekaar ná die uitspraak in die hof omhels en in ʼn kring saamgebid.

Die mans bid Maandag in die hof op Groblersdal nadat borgtog aan hulle toegestaan is. (Foto: Isabel Venter/Maroela Media)

Die aanklagte teen hulle hou verband met die gebeure van sowat twee weke gelede buite die landdroshof op die dorp toe Piet Groenewald (63) en sy stiefseun Stephan Greeff (27) in ʼn afsonderlike saak in die hof verskyn het. Groenewald en Greeff word daarvan beskuldig dat hulle ʼn werker aangerand en na bewering ʼn veiligheidshond op hom losgelaat het.

Ná die aanklagte teen hulle rugbaar geword het, het Petzer, Wessels en Hofmeyr hulself aan die polisie gaan oorgee toe hulle gevra is om dit te doen. Hulle was sedertdien in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

SwartBees ·

Bittereinders = Bittersnaaks.

Proverbs 14:15
The simple believe anything, but the prudent give thought to their steps.

Anel ·

Vir moord kry jy borg vir R 500.00!! Bly hulle is vry! Daar is in elke geval nie saak teen hulle wat kan water dra nie!!!. Moes nooit toe gesluit gewees het nie, in die eerste plek!!

Roek ·

@RS , julle onderskat vir Louis Liebenberg, ek is nie deel van sy besigheid nie maar kan ek jou belowe hy is nie dom nie nie!

SjN ·

Was n magsvertoning, hoop geregtigheid geskied, nou wanneer word Malema in hegtenis geneem vir aanhitsing? Daar is mos al n paar sake teen hom gemaak?

Andre ·

@Hans. En? Dink jy dis maklik om daar te sit met alles en almal teen jou? Keyboard warrior.

Gaitsigubib ·

So die landros reken almal is gelyk in die oe van die gereg? Dit is seker nog nie te laat in die dag ou gou n grappie te vertel nie.

Gaitsigubib ·

So die landros reken almal is gelyk in die oe van die gereg? Dit is seker nog nie te laat in die dag om gou n grappie te vertel nie.

Delia ·

Dankie Landdros. In jou hof as jy dit so toepas is jy n man van die reg. Jy het nie beheer wat ander in hulle howe doen nie.

Jan Jacobs ·

Swartbees. Hosea 4:6 my volk gaan te gronde weens n gebrek aan kennis.

Gaitsigubib ·

George jy ken nie die wet nie. Die aard van die misdaad sowel as die getuienis teen jou speel beslis n rol. Dan kyk jy ook na die ander goed soos of jy n vlugrisiko is, etc. Ek dink jy weet dit, maar wil jou graag self van iets anders oortuig, dan hoef jy nie jou werklike gevoellens te konfronteer nie. Ek voel jammer vir jou.

Casper ·

Ek het vantevore al gesê George het iewers ‘n klok hoor lui maar hy weet nie waar die bel hang nie.Dit is hoekom misdade volgens skedules ingedeel is van minder erstig tot baie ernstig want daarvolgens word vonnisse bepaal.Ai tog ou Georgie gaan bestudeer die straproseswet,wet 51 van 1977 en vergewis jou van die strafreg dan kan jy praat saam.

George ·

@Gaitsigubib, jou borg word nie alleenlik bepaal deurmisdaad nie. Dis al wat ek probeer se.

Casper ·

Ter aansluiting wil ek graag weet of ‘n ander landdros die eerste borgaansoeke hanteer het en van vertragingstaktiek gebruik gemaak het om die vier in die selle te hou.Hulle moes al lank al op borg vrygelaat gewees het.

George ·

@Gaitsigubib, nou as jy so n kenner is, hoekom moan julle almal dan dat Piet Groenewald nie borg kry nie, hou in gedagte dat hy reeds 2 mense vermoor het, toe gevlug het vir 7 jaar en slegs 3jaar gesit het vir n 20 jaar vonnis. Verduidelik dit vir my.

George ·

@Hans, jip, hy draai n rat voor sy eie volk, maar omdat hy geraas maak, volg hulle hom, nes Devon, net omdat Steve sy pa is, volg hul hom. Nie eens te praat oor die Francois nie.

Gaitsigubib ·

Piet Groenewald is mos n ander saak, is dit dan nie? Ek dink wel hy verdien ook regverdige behandeling ( en sy seun is saam met hom in), maar niemand het in die geval van Piet gepraat nie. Die feit dat ek ook al vir gruwelike aantuiging toegesluit was maak my nie n kenner nie, maar dit maak wel dat ek simpatie het.

Treurwilger ·

Oral en altyd diegene wat (eie) mense in die modder nog ‘n skop ook gee.
Sterkte en ‘n regverdige verloop toegewens.

Casper ·

George,die misdryf wat jy gepleeg het,het alles temake met jou borgaansoek.Hoe ernstiger jou misdaad hoe moeiliker gaan jy borg kry met ander bydraende faktore in ag genome ook.

Gaitsigubib ·

Ja ek was onskuldig en niemand het teen my getuig nie en daar was ook nie “statements” teen my nie. My naam was nerens tersprake nie, maar ek was wel aangekla vir o.a. kidnapping en assault GBH.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.