Bosbokrand-skuld dwing toerisme in Mpumalanga op sy knieë

Paul Kruger-hek (Foto: Kruger Nasionale Park)

Die wanbetalingskultuur van inwoners in die Bosbokrand- plaaslike munisipaliteit in Mpumalanga en daaropvolgende protesaksies wanneer dienste gesny word, is waarskynlik die hoofoorsaak waarom toerisme in dié provinsie feitlik op sy knieë gedwing is.

Maroela Media het vroeër berig gewelddadige protesaksies op die R40 teister die munisipaliteit (Acornhoek, Bosbokrand, Cottondale, Hluvukani, Kampersrus, Marite, Mkhuhlu, Paul Kruger-hek) nou al etlike weke en belemmer broodnodige toerisme.

Die R40 is die hoofslagaar vir toerisme in Mpumalanga. Dit lei na die meeste gewilde toeristebestemmings soos die Nasionale Krugerwildtuin.

“Die afgelope week was daar verskeie voorvalle waar internasionale toeriste nie by hulle bestemmings kon uitkom nie,” sê Werner Weber, provinsiale leier van die VF Plus. “Dit maak geen sin om miljoene rande te bestee aan die regmaak en opgradering van paaie as die toeriste weens protesaksies nie daar kan ry nie.”

Die oorsaak van hierdie protesaksies is ʼn gebrek aan dienslewering. Historiese tarieweskuld van sowat R700 miljoen aan die munisipaliteit speel ʼn groot rol hierin.

“Dispute oor grondbesit en grondindringing het die skuldinvordering van tariewe nou al te lank belemmer. Meer as R568 miljoen se skuld is in dispuut aangesien niemand blykbaar weet wie hierdie geld skuld nie.”

Weber sê die wanbetaling van tariewe het ook ‘n sneeubal-effek op ‘n infrastruktuur wat dekades oud is en dringend opgradering benodig. Hooflyne vir watervoorsiening kort dringende aandag.

Die VF Plus het ‘n mosie in die wetgewer ingedien dat ‘n werkbare aksieplan deur die regering in plek gestel word en dat skuldinvordering so gou as moontlik plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Rocco ·

Toerisme beteken soveel inkomste en werkskepping in ons mooie Suid Afrika – dit word nou vernietig deur die regerende party, tot niks sal oor wees nie.

Christine ·

Die regerende party weet nie wat werkbare aksieplanne is, of hoe om dit toe te pas nie. Die sabotasie van dienste in Gauteng is juis hulle toedoen en dit kan hulle goed doen.

Nie Verbaas ·

Behandel hulle met die enigste taal wat hulle verstaan.

christo ·

Nie-betaling is ‘n ANC geskepte kultuur. Wat ek nie kan verstaan nie, is dat dieselfde spul protesteerders die regering blameer. Dis die einste hulle wat vir die ANC stem . Nog minder verstaan hulle nie dat dieselfde ANC regering die een en dieselfde ANC is, die party wat húlle ingestem het om hulle op stadsrade te verteenwoordig. Die tipe redenasie is onverklaarbaar. Daar is nie pille vir …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.