Brakpan-ma, drie kinders dood aangetref

(Foto: SA Police Service/Twitter)

ʼn 40-jarige ma van Brakpan het Woensdagmiddag laat glo haar drie kinders in die gesin se huis in Sallies Village doodgeskiet en daarna selfmoord gepleeg.

Sy het ook vermoedelik die huis aan die brand gesteek.

Kapt. Pearl van Staad, woordvoerder van die Brakpan-polisiestasie, het gesê die polisie is omstreeks 17:00 na die huis ontbied. Die brandweer was reeds op die toneel.

“Die huiseienaar het die vlamme geblus en na sy gesin probeer soek. Hy het sy vrou en hulle drie kinders in die sitkamer met koeëlwonde van ʼn 9 mm-pistool aangetref.

“Die wapen het langs sy vrou op die vloer gelê,” het Van Staad gesê.

Die vuurwapen behoort aan die man.

Die dogters is onderskeidelik 17 en 19 jaar oud en die seuntjie was tien. Almal is op die toneel dood verklaar.

“Die motief vir die moorde is in dié stadium nog onbekend,” het Van Staad gesê.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek en drie moordsake is geopen.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

JH ·

Nee jinne man! 2de ma wat haar kinders se lewe vat in minder as ‘n maand! Hoe kan enige
‘ma’ so iets doen? Nee, ek oordeel nie! Ek vra net… As jy regtig die woord ‘ma’ werd is, los jou kinders om hulle eie besluite in die lewe te maak! Wie is ‘jy’ om te kies oor ‘n lewe? As ‘jy’ as persoon nie wil lewe, doen jou ding, maar los in hemels naam die kinders uit!

Ulandi ·

Dit was nie eers die ma gewees nie. Mense en hulle aantuigings en die nuus Met hulle crap berigte.
Dit was my niggie gewees

bambi ·

Niemand sal weet watter pyn en lyding sy deurgegaan het nie; hierdie tipe moorde is verskriklik. Om jou kind saam te vat moes sy op moedverlore se vlaktes gewees het. Soveel misdaad; pyn en geweld in SA; n bleek swart toekoms.

Nettie ·

@bambi – of sy en die man het weer ‘n “fight” gehad en was (dalk) op die punt om te skei en om hom by te kom, vat sy toe die kinders saam met haar. Ek bedoel, die twee dogters was een al ‘n volwassene en die ander ‘n amper-volwassene …. hulle het tog seker ‘n keuse gehad? Die seun was ook al mooi groot …..

Dit is baie hartseer. ‘n Hele gesin is nou verwoes. Selfdood is aan die een kant vir baie mense – myself ingesluit – ‘n besliste opsie as dinge slegter-as-sleg gaan. Maar dit bly selfsugtig. Gelukkig is daar niemand wat deur my besluit geraak sal word nie (kinders, man, ouers ens. ens.) nie. Maar …………………… ek bly sê: as jy jouself wil uithaal, háál jouself dan uit, maar los ander mense!

Ulandi ·

@Netti, dis nie selfsugtig nie want dit was nie die ma nie. Die nuus mense Moet leer om eers berigte te skryf sodra hulle die ware storie het en mense Moet leer om nie so te oordeel nie. Want ons as hulle familie sien die kommentaar ook

Dan ·

Dit is vreeslik!! My hart gaan uit aan die vader en naastes en familie, mag God jul vesting wees deur hierdie tyd.
Dit raak ‘n alledaagse ding, sulke voorvalle bewys net weereens dat ons as blanke Afrikaners ook gebukkend gaan onder baie wereldse dinge. Waar is ons ondersteuningsnetwerke onder MEKAAR, vir MEKAAR.. Leer hieruit! Dit is so jammer dat mense tot sulke maatreels gedryf word. Hoe moes mamma gevoel het op daai stadium, in watter gat het sy haar bevind om haar kinders saam met haar te moes neem. Sy moes baie alleen en moedeloos wees, eensaam in haar besluit. Mense kan baie oordeel, maar dit is nie vir enige mens beskore nie, jy loop jou eie pad, in jou eie skoene. Mag God vir hul berusting bring* Sterkte aan die pappa..

Corne Nel ·

Hoekom sal iemand hul self en die kinders skiet en nog die huis aan die brand steek? Dit klop nie.

Snorkie ·

Ek stem saam. Ek sal sê, ondersoek daardie vuurwapen baie goed. Nothing is always as it seems. Eers huis aan die brand gesteek en toe geskiet? Of het sy ook eers geskiet, toe aan die brand gesteek en weer geskiet? Ondersoek alle omstandighede. Maar nou ja, die sapd kan nie eers !eer vingerafdrukke lees nie. So ontspan maar die kuite.

Wonder ·

Die toekoms kan hoe swart wees, om kinders van 10, 17 en 19 om die lewe te bring is niks anders as moord nie. As jy dan om jou eie selfsugtige redes jou lewe wil neem , doen so maar los die wat nog n lewe het wat voor hulle le.
Ek raak sommer emosioneel oor die tiepe dinge. Hoe kan almal voel die arme arme vrou? Daar is mense wat op straat staan en bedel met meer karakter man.

Piet kokewiet ·

Hier is meer agter die storie… iets klink nie reg nie..

Ulandi ·

Ja jy is reg Daar is baie meer aan die storie. Hoop hulle sal nou die ware storie skryf en aan ons as hat familie dink wat dit Moet lees.
Mense die MA het hulle nie geskiet nie

Corne Nel ·

Hoekom sal sy nou haar self skiet en die kinder en nog die huis aan die brand steek? Dit klink net nie reg nie.

Dankbaar ·

Dis so tragies dat kinders SO aan hulle einde moes kom. Wat deur die ma se gedagtes gegaan het, of wat haar tot daardie punt gedryf het, sal net sy weet.

Patat777 ·

Verseker stem ek saam jissie dis baie erg die dogters was al groot man sjoe!!!!

Maria ·

Sal my nie verbaas wees dalk….”geskeiding dit baie lelik storie” anders sou sy haar man ook saam gevat het dit n vraag? soos die vorige gesin?

emma ·

Moord, selfmoord en dan Huis aan die brand. Nee iewers ruik iets.

Johnny Smith ·

Bly asseblief by die feite wat bekend is – tragies is ‘n vrou en kinders dood. Maar geen amptelike ondersoek is nog afgehandel – en word daar sommer al gespekuleer – Ai nee man, die arme vrou is dalk nog onskukdig.

Ulandi ·

Dankie iemand wat kan dink. Die ma is onskuldig. Sy het nie aan haar kinders geraak nie, sy sou nooit haar kinders skade doen nie al was dinge hoe moeilik want daai 3 kinders veral die seuntjie was haar hele bestaan

Francis de Beer ·

Ja ne!!! En die polisie se dis onder “investigation”. Ja nes my twee seuns wat ek in Brakpan verloor het, aan moord en die ander een was daar nog nooit n uitspraak oor gelewer nie. Ek glo Brakpan polisie glad nie meer nie. Die storie gaan ook net doodloop soos met my twee seuns. Die dag as Brakpan polisie my kinders in ag kan neem dan eers sal ek weer in n polisieman kan glo. My hart gaan uit na die familie toe want dis hulle begin na geen antwoorde toe nie. Sterkte aan die familie wat agter bly. Ek dink aan julle en so ook aan elke persoon oorlede persoon wat se sake nog nooit afgehadel is nie. Brakpan worry net nie oor die mense wat agter bly nie.

Magde ·

Niemand was daar nie, hou op om te wonder en afleidings te maak, ek ken die Pa van hierdie familie en sy gesin wat hy gehad het. Die polisie het deeglike ondersoek gedoen. Die SAPD het die nodige gedoen. Kom ons bid eerder vir hierdie hele gesin. Innocent until proven guilty. Niemand mag sommer net oordeel nie. Selfmoord… moord… of wat ook al…
Dink voor jul praat…
En die SAPD is nie so sleg soos wat van ons mense dink nie… Bid eerder dat die SAPD wysheid sal kry om die presiese gebeure daardie laatmiddag te kan ontleed.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.