Bramley-kapingsvideo: ‘Ek kyk dit oor en oor’

Isabel van Coller en Harriet Ackermann (Foto: Facebook)

“Ek het geskree. Ek kon nie opstaan nie. Ek het net geskree.”

Só sê Harriet Ackermann van Oos-Londen in die Oos-Kaap oor die oomblik toe sy die oproep vanuit Johannesburg ontvang het dat haar tweelingsuster in ’n kaping oorlede is.

Isabel van Coller (56) is die betrokke dag omstreeks 05:30 op die hoek van Dublin- en Cunningweg in Bramley deur ’n onbekende aantal mans gekaap en doodgeskiet. Die rowers het weggejaag en haar liggaam net so in die pad gelos. Die voorval is op kringtelevisie opgeneem.

Ackermann bevestig dat sy die video gesien het wat sedertdien wyd op sosiale media versprei is. Haar dogter in Pole het selfs die mediaberigte wat dáár oor die video geskryf is, vir haar aangestuur, vertel sy.

“Ek kyk dit oor en oor. Dit is vir my belangrik om te kyk. Ek wil sien wat met haar gebeur het. Ek wil sien waar dit gebeur het. Dit was net 36 sekondes. Ek sê net dankie tog sy is nie ontvoer nie. Dit was vinnig en toe is dit verby.”

Ackermann vertel dat haar sussie in Springs woon en in Johannesburg by die nooddiensmaatskappy Emer-G-Med werk. Vrydag was dus geen uitsondering toe sy vroegoggend haar man van die afgelope 35 jaar gegroet en vroeg in die pad geval het om die ergste verkeer vry te spring nie.

Tóé gebeur die ondenkbare en skielik is haar man, twee kinders en drie kleinkinders sonder ’n vrou, ma en ouma. Ackermann het op haar beurt nie net haar tweelingsussie verloor nie, maar ook haar steunpilaar, verduidelik sy.

Dié sussies het saam met nog twee ander sibbe in Brakpan aan die Oos-Rand grootgeword en verskil soos dag en nag.

“Ons was twee verskillende mense. Sy was die vrolike en sosiale een. Ek is weer die stil een. Sy was ’n verskriklik musikale mens en lief vir sing en dans. Sy het ook geweldig baie emosionele intelligensie gehad. Sy kon ’n mens goed lees. Sy kon jou fyn antwoord. Ons het ver van mekaar gewoon, maar sy was my steunpilaar.

“Sy was die gom wat die familie aanmekaargeheg het.”

‘n Skermgreep van die video wat wys hoe Isabel van Coller in Bramley, Johannesburg, gekaap word (15 November 2019) (Video: Twitter)

Volgens Ackermann sou Van Coller se seun haar liggaam vroeër vandag gaan uitken. Sy erken dat sy bekommerd is oor haar sussie se gesin in hierdie tyd hoewel hulle sterk voorkom.

Maroela Media het vroeër berig ses mans wat betrek word by die kapingsvoorval het Maandag vlugtig in die Alexandra-landdroshof in Johannesburg verskyn. Die saak is uitgestel. Die mans word in dié stadium nie van moord aangekla nie. Die polisie-ondersoek duur wel voort om bewyse vir vervolging in te samel.

Ackermann vertel dat sy self ’n aanklaer van beroep is en die regsproses goed ken. “Dis ’n lang pad wat nou voorlê.”

Is sy kwaad oor dít wat die skuldiges haar ontneem het? “Ek weet nie of ek nog net geskok is nie. Ek weet ek moet deur die fase van woede gaan. Ek fokus nie nou op die regsproses nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Basie ·

Die “reg” in SA , sal probeer bewys dat die slagoffer verkeerd was.

Joubert ·

Presies. “Dis ‘n lang pad wat nou voorlê…” vir die reg om te geskied. Koelbloedige moord gepleeg in ‘n 36 sekonde video, maar nou moet daar ‘n jare lange regsproses volg om hierdie sogenaamde mense ‘n regverdige oordeel te gee?

Jessica ·

Nie moord nie, wat is dit??????????????was die ‘n get together party and they were playing a game, i would go after them if this was my sister and kill all of them myself. They murdered her, took her life, my domestic just passed there that morning and her body was lying lifeless in the road not covered, with cops on the scene. SHOCKING HOW THEY KILLED HER.

Johan ·

…nog nie vir moord aangekla nie!!!!! Omw dis op kamera vasgelê. Is dit nie genoeg bewyse??????

Vdh ·

In ‘n ander berig word ‘n jong man direk vir moord aangekla en in hegtenis geneem, nadat hy ‘n misdadiger geskiet het. Geen video materiaal, niks. In die geval is daar video bewyse maar word NIE van moord aangekla nie??? Ek hoop reg sal seevier.

Isabella ·

Die reg gaan hul ni straf ni hul gaan dalk met née roof weg kom dis om van te skree sterkte met jou family en jammer oor jou suster ons regstelsel is n grap

Ekke ·

Ses mans om EEN vrou te kaap, lafhartig!!!! Ek het die video gekyk en moes weer kyk, want dit het so onwerklik gelyk. Binne sekondes, alles verby. So bitterlik hartseer.

Lee ·

Baie sterkte vir julle as familie en jou suster se kinders en man. Mag God julle styf vashou in die moeilike hartseer tyd.

Sputnik ·

Die feit dat die “verdagtes” nog nie aangekla is nie laat mens wonder of hulle nie maar net in hegtenis geneem is om Jan Publiek te paai nie. Kan hulle wel direk verbind word met die aaklige moord?

m ·

Harriet, ons innige simaptie aan die hele familie met jul verlies, julle is in ons gedagtes en gebede. Mag die Here julle almal krag gee in die dae.

Vee ·

Wat van die wit bakkie aan die oorkant van die kruising en die voertuig wat lanks haar verby gery het . . . hul kan dalk ook help met die uit kenning
Na ek die video gesien het , het ek gewens die wit bakkie het binne in hulle ingeploeg!

Blommie ·

Ai Harriet mens het nie woorde vir die sinnelose daad nie. Emosies ja, baie daarvan. My innige simpatie aan jou en julle familie en almal wat haar geken het. Watter straf hulle ookal hier op aarde kry hulle gaan boonop aan die Here moet rekenskap gee.

hercu ·

geen menslike simpatiseer kan ‘n traan keer, geen mense twee hande uitreik kan jou leer hoe om te beweeg van lewe na dood en nie verstaan why, hoekom, waarom? ~ slegs Abba Vader kan julle troos en met geroeste-spyker-deurboorde-hande-voete sal Jesus julle dra ~ die Heilige Gees vou julle toe in ‘n vredes kokon van sagte liefde en vee die trane van rou ~ baie sterkte ~ shalom

Boet ·

Die “verdagtes” is waarskynlik reeds op vrye voet omdat hulle nie “moord gepleeg het nie”. Ek kan dit nie verstaan nie. Die “regs” stelsel in hierdie land! Maar ek bid vir Harriett en die gesin van hierdie arme slagoffer om berusting en reg te vind.

ryan ·

Wat de….. nog nie aangekla nie.. Ek kan dit nie g…. Eintlik, kan ek..

kallie ·

My suster is in Junie maand aan breinkanker oorlede, binne 3 weke,wat ‘n trumatiese verlies, Ek kry dit nie verwerk nie,ek huil elke dag in my hart.Ek huil oor haar kinders en kleinkinders se verlies.
Maar julle! Wat ‘n groot, smartlike gebeurtenis en hoe verwerk mens dit? Ek dink aan julle en julle seer en ek dink aan die verlang en pyn wat kom. En tereg mag julle vrae vra,hoekom en waarom? Maar nie nou nie, eendag word die waaroms,daaroms! Sterkte!

Maria ·

My hart breek het nie woord om te se nie dit bitter seer sterkte almal !

Krewel ·

Kan julle asb. jul feite korrek kry? Die kaping het in cAnningweg plaasgevind, nie cUnningweg nie!

Christa ·

So jammer oor Groot verlies. Een Engel in Hemel Om eendag die familie te verwelkom en 6 demone Om Satan te help stook. Sy is beteraf.

Elizabeth ·

My innige meegevoel met jou groot verlies. Van
‘n Sussie wat verstaan

PJC ·

Ongelukkig is mense nie opgelei oor hoe om op te tree as iemand met ń vuurwapen in die band voor jou voertuig inspring nie. Statistieke wys dat hierdie gemors wanneer hulle ń wapen in die hand het nege uit tien kere die sneller gaan trek so ń mens moet maar net voet in die hoek sit en ry bo-oor hom want hy gaan in elk geval jou lewe probeer neem.

LHS ·

6 om een ou vrou leed aan te doen. Die gespuis moet egter weet dat daar moontlik n tyd sal aanbreek waar dit een tot een sal wees. Lafhartig is nie die woord nie.

Maryke ·

Bring die DOODSTRAF TERUG!!!!
GOD se WOORD/ WET sè : “As sy blywend beseer is, is die straf: ‘n lewe vir ‘n lewe, ‘n oog vir ‘n oog, ‘n tand vir ‘n tand, ‘n hand vir ‘n hand, ‘n voet vir ‘n voet, ‘n brandwond vir ‘n brandwond, ‘n wond vir ‘n wond en ‘n kneusplek vir ‘n kneusplek (Eksodus 21:23 – 25).”

Magda ·

6 mans – 1 vrou – LAFHARTIGE GEMORS – ONMENSLIKE GEMORS – Hoop hulle kry “eendag” wat hulle so mildelik uitdeel – Sterkte aan die Familie.

Liena ·

My innige meegevoel met jou en familie, mag jul by ons Hemelse Vader vertroosting vind. Dit was so sinelose moord, ek hoop hierdie misdadigers kry wat hul verdien.

Anoniem ·

Haar seer is seerder, want hulle was ‘n tweeling – die band tussen ‘n tweeling is wonderbaarlik, onbegryplik.

Innigste simpatie, Harriet.

lanie ·

Ons, Boere moet weer begin saam staan. Ons het vergeet van die slag van Bloedrivier. As hulle bloed wil vergiet, dan vergiet ons bloed.

I ·

Ek wonder hoeveel moorde sal gebeur as hulle dadelik gevang word en doodstraf dieselfde dag nog kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.