Brand woed naby Wellington

(Foto: Verskaf)

Brandbestryders spook sedert Donderdagaand om ’n brand te blus wat in die Elandsberg Plaas-gebied naby Wellington in die Wes-Kaap uitgebreek het.

Dit volg twee dae nadat ’n brand op die Du Toitskloofpas gewoed het.

Volgens Anesca Roodt, woordvoerder van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit, het die munisipaliteit se brandweerdiens saam met CapeNature en die Wynland-brandbestrydingsvereniging Donderdagaand op die brand gereageer.

“Teen Vrydag omstreeks 08:55 is lugondersteuning ook ontplooi,” sê Roodt.

Teen 09:30 het ʼn totaal van 40 bemanningslede, wat bestaan uit lede van die munisipaliteit se brandweer asook personeel van CapeNature, die brand in bedwang probeer bring.

“In hierdie stadium hou die brand nog nie enige bedreiging vir mens, dier of eiendom in nie.”

Maroela Media het vroeër berig ’n brand het Dinsdagoggend op die Du Toitskloofpas naby die proteaplaas uitgebreek weens ’n ongeluk tussen ’n vragmotor en ʼn motorfiets.

Die brand is dieselfde dag nog geblus.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Danie ·

Die brande in die kaap het n instelling geword die verwoesting van natuur en diere lewe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.