Brandstofpryse: Maak maar vol jou tenk

Nog ‘n skerp styging in die brandstofprys lê vandeesweek voor. (Foto: Maroela Media)

Suid-Afrikaners wat so tussen die ergste beurtkrag deur spartel om kop bo water te hou, moet hulle opnuut staal vir nog ʼn groot styging in die prys van diesel, petrol en paraffien.

Die verlaging in die brandstofheffing – wat ingestel is om verligting aan verbruikers te bied – word vandeesmaand boonop tot 75 sent verminder. Die volle heffing word volgende maand in werking gestel.

Die prys van gas is die enigste ligpunt in ʼn baie donker tonnel en terwyl alle ander brandstofpryse Woensdag opgaan, sal verbruikers voortaan R2,18 minder vir ʼn kilogram gas hoef op te dok.

Volgens die departement van minerale en energiesake het die prys van Brent-ruolie effens gestyg. Die gemiddelde internasionale produkprys van petrol, diesel en paraffien het in die tydperk onder hersiening gestyg en dalende raffineringskapasiteit het ʼn negatiewe uitwerking op die prys van petroleumprodukte.

Die daling in die prys van gas word toegeskryf aan ʼn seisoenale afname in die vraag na gas in die Noordelike Halfrond.

Die balansfondsheffing bly onveranderd op 52,62c/ℓ. Teen die einde van Mei vanjaar het die fonds op ʼn negatiewe balans van R14,97 miljard gestaan en die balansfonds sal nog beduidend moet versterk voordat enige verligting hier oorweeg kan word.

Die rand het minstens effens verstewig en dit het volgens die departement bygedra tot laer bydraes tot die basiese brandstofprys van petrol (19,66c/ℓ), diesel (20,73c/ℓ) en paraffien (20,71c/ℓ).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

N ·

Hoekom moet ons regering hulself bekommer, hulle leef van staats toelae af en betaal nie n sent nie. Die belastingbetaler byt in die stof.

Waarnemer ·

Dit raak tyd dat die land opstaan teen die regering….hierdie prys oorlog is nou bietjie genoeg….waar gaan dit eindig as ons nie iets daaraan gaan doen om dit te keer nie!!!

Leana ·

Die probleem is dat almal sê daar moet opgestaan word teen die regering, maar as iemand dit doen dan “moan” die meeste mense. Glo my ek stem saam met jou ons sal moet iets doen dit kan nie so aangaan nie.

Cherokee ·

Nou ja, doen dan ‘n voorstel oor wat ons moet doen om dit te keer.

Adri ·

Maar hoe? Ons is magteloos en uitgelewer aan die owerhede. Of stel jy voor ons moet begin klippe gooi en bande brand? Hulle het ons net waar hulle ons wil hê: ons hande is afgekap!

Leana ·

Al wat sal werk is n massa wegbly aksie en dit gaan die meeste mense nie doen nie.

N ·

Laat een van ons n klip gooi of in opstanding kom dan word ons geskiet. Die rolle is geruil. Ons is in die moeilikheid.

Cherokee ·

LOL… soos jy sê, die rolle is geruil. Vertel dit vir die mense wat sê die wiel draai. Vertèl hulle die wiel hèt gedraai.

Delia ·

Ek wonder ook oor die hoe..want ek behoort aan Afriforum en solidariteit en teken petisies waar ek kan. Klippe gooi, bande brand, nee, afbreking werk nie vir my.

Cherokee ·

Ou nikswerd storie. Ons wat vir self werk kan dit doen, maar vertel jy aan die werknemers wie se belasting afgetrek word, hoe om dit te doen.

Leana ·

Daai petisies help net mooi niks, ek teken ook elke petisie, maar niks gebeur nie.

JohanR ·

Ek maak nie meer my tenk op ‘n Dinsdag vol soos ‘n mal man nie. Ek gaan sit in soos nodig – R250, R300, R150. Op ‘n Dinsdag aand lag iemand lekker soos die R1000, R1200, R1500 in rol!

Vonkprop ·

Nee lekker regering, vat nog. Ek het nog te veel geld oor in ‘n maand.

Marius ·

Dit is hoe mooi die regering na sy mense kyk .
Wat is volgende ?????

N ·

Ons land is aan die brand en ons regering staan en braai ‘marshmallows’!

SwartBees ·

Ek wed jou daai tarief is al lankal geldig en ons word net die goewerment gemelk.

Chantel ·

Ons gaan een van die dae nie meer by die werk kan kom nie.

VaalDonkie ·

Hulle wil he ons moet almal ons karre verkoop en fietsry waar ons wil wees. Nee, hulle wil nie he ons moet Tesla’s koop nie. Hulle wil he ons moet glad nie ver kan ry nie. Want dis vryheid en vryheid is ‘n euwel in hul gedagtes.

Jessey ·

Wonder of hulle en ons dieselfde markte dophou, want die olie prys het nie so baie variasie gehad nie. Maar nou ja, in die land van die blindes is die een oog man koning

marthie ·

Ag come on als gaan op maar salarisse bly stil staan. Hoe moet mense oorleef als gaan op krag petrol ens skole ens maar mens salaris bly stil staan. Hul dink nie wat dit aan ons land toe nie. Dit word nie opgebou nie die land verval gruwelik kyk hoe Lyk die trein stasie treine hospitale skole klinieke strate paaie voedsel word duurder soos mens die heel armste mense word nog armer hul sukkel kwaai en dan kom arm mense word nog armer ens maar die heel rykste mense smile. Waar gaan dit eindig

jlantie ·

Ek wens ek kon net weer eenkeer my kar vol dìesel maak…
Ek wens ek kon nognet weer eenkeer koop wat ek nodig het.

Cherokee ·

Toe ek as jongeling begin het om te werk, het ek my eerste kar tweedehands gekoop vir minder as wat dit nou kos om tenk vol petrol te maak.

Hanri ·

Kan nie meer tenk volmaak nie. Moet kies tussen generator of motor. Naaste petrolpomp is 13km vêr.

Miena ·

Wel ek kan eerlikwaar se ek moes die afgelope paar weke kies.. Petrol of Brood? ONs het maar sonder melk gegaan vir n paar dae

gpsa ·

My vraag is waar gooi taxi’s petrol in en wat betaal hulle? Sien hulle nooit waar ek petrol ingooi nie. Dan betaal hulle nie eers belasting nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.