Brics-beraad gaan ‘in persoon’ voort ondanks Poetin-lasbrief

Pres. Cyril Ramaphosa en pres. Wladimir Poetin skud blad. (Junie 2023) (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het Sondag bevestig dat volgende maand se Brics-beraad, waartoe Wladimir Poetin uitgenooi is, sal “in persoon” voortgaan, ondanks ʼn lasbrief vir die Russiese leier se inhegtenisneming.

“Die Brics-beraad gaan voort en ons finaliseer ons gesprekke oor die formaat,” het hy aan verslaggewers gesê op die kantlyn van ʼn ANC-vergadering. Hy het benadruk die beraad sal in persoon plaasvind.

Poetin word deur die Strafhof gesoek oor beskuldigings dat Rusland onwettig kinders van Oekraïne gedeporteer het.

Suid-Afrika is ʼn lid van die Strafhof, met sterk handel- en ekonomiese bande met die VSA en Europa en daar word van die land verwag om die Russiese leier in hegtenis te neem indien hy in die land sou aankom.

Maroela Media het vroeër berig dat die DA reeds met regstappe begin het om die Rus se inhegtenisneming hier af te dwing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

JACF ·

.Die erkende regstelsel laat toe dat Pres Putin in hegtenis geneem mag word. Regdenkende mense is daarvan bewus.
Hierdie beginsel is etlike jare gelede deur ‘n kieserkorps wat nie mooi gaan dink het nie weggestem en moet die Howe nou genader word om te verseker dat die regsbeginsels toegepas word.
Wees daarmee tevrede, ons het daarvoor gevra.

Johan Tredoux ·

Die lasbrief storie is maar net n gekskeer om mense op die punte van hul stoele te hou.

Republikein in die Wes Kaap ·

Wanneer gaan die ANC regime besef die hool is ‘n 10de wêreld land wat eintlik in die agterste ry moet sit.

HPJ ·

Mooi so BRICS is die toekoms Dit is net die DA (ANC LIGHT) wat nog die weste se voete soen N mens kan sien hulle kan nie hulle ou NP maniere vergeet nie Het die mense al vergeet hoeveel keer het die weste ons uit verkoop Die ICC is grap Die VSA is nie deel darvan nie So die VSA is n lot hipokrete net soos die DA wat in hulle sak is Kyk hoe het ou Winde hulle voete gaan soen

Linda ·

So, ons moet Putin nie verantwoordelik hou nie want Bricks is die toekoms?

Gaitsigubib ·

Is dit nou SA se werk om hom “verantwoordelik” te hou? Dink jy dis n goeie plan om ons in hierdie konflik in te sleep?

Pieter ·

So wat Cyril se hy is bo die wet verhewe. Putin sal SA toe kom en y sal nie inhegtenis geneem word nie ?
Ek hoop regtig SA word wer deur sanksies gekap, sodat Cyril sy agterend kan sien

Pieter ·

Nee wat SA , het in die verlede al hulle eie goed geproduseer, nik s va ndie buiteland nodig gehad nie, totdat sport ons afgod geword het. Alles opgegee om deel te wees van die wereld

A ·

Weereens staan die konserwatiewe Afrikaner met Rusland.

Hand-aan-hand met die ANC en EFF.

Die dag wanneer die aanvaller verslaan word, gaan ek lekker drink aan julle trane.

gatgogga ·

Hierdie is slegs ‘n bevestiging dat Putin nie kans sien om hierheen te kom nie.

Gaitsigubib ·

Ek het al tevore gese dat hy nie heerheen sal kom nie, hy wil net uitgenooi word want dis van simbolise belang tussen bondgenote. Dis snaaks dat die lefties vermom as demokrate nie wil he Putin moet hierheen kom nie. In SA behoort ‘n sluipmoord poging maklik te wees. Ek wil net waarsku dat die 1ste wereld oorlog het ook begin met ‘n sluipmoord op n wereld leier, hou dus maar aan karring.

Marthinus W ·

Ek vind dit interessant dat ons Afrikaners wat Poetin en Rusland ondersteun altyd as “konserwatiewes” of apologete, of wat ookal genoem word. Waarom nie my besluit aanvaar en respekteer as my reg op vryheid van spraak en assosiasie nie?

Die lasbrief is hipokrities, aangesien Amerika, Oekraine, die EU almal skuldig is aan erge misdade.

Gaitsigubib ·

As ek oor genoeg taalvaardigheid beskik het sou ek dit net so verwoord!

JohanR ·

Soelank Poetin nie sy voete op SA gebied sit nie is alles reg. Hy kan Skype van Rusland soe baie as hy wil. Sien groot moelikheid kom vir SA as die ou sy voete om SA gebied sit.

Johann ·

Onaantasbaar, onverandwoordbaar, oneerlik,onbevoegd…gewetenlose kamerade wat hule geskiedkundige obsessie instand hou.

Marius ·

Mense moet mooi dink. Wie en watter SAPS gaan Putin in hegtenis neem. Rusland sal nooit dit toelaat nie. Onthou ons word gespeel deur groter dinge agter die skerms. Bloed sal loop soos nog nooit van te vore.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.