British Airways-kaptein in ‘veilige’ Jhb-buurt aangeval

British Airways-vliegtuig (Argieffoto: anglotopia.net)

ʼn Vlugkaptein van British Airways wat in Johannesburg met ʼn vuurwapen aangehou en daarna met ʼn mes gesteek en beroof is, is teruggestuur na die Verenigde Koninkryk (VK).

Die aanval het verlede week plaasgevind toe die vlieënier en sy kollega buite Melrose Arch in Johannesburg gaan draf het. Daily Mail berig die twee was vir ʼn wyle tydens ʼn tussenstop (“layover”) in Johannesburg.

British Airways het aan Maroela Media bevestig dat die kaptein en sy kollega teruggereis het Engeland toe, waar die lugredery hulle verder sal ondersteun.

Dit is onduidelik wat die omvang van die vlieënier se beserings was en of sy kollega ook beseer is. Die lugredery het ook nie gespesifiseer wat by hulle geroof is nie.

Volgens Daily Mail het ʼn enkele aanvaller op die vlieënier en sy kollega afgestorm, ʼn vuurwapen op die vlieënier gerig en hom daarna met ʼn mes in die bobeen gesteek.

Die vlieënier is dadelik na ʼn hospitaal vir behandeling geneem.

The Mirror berig die vlieënier en sy kollega het British Airways se streng reëls vir bemanningslede egter oortree deur te gaan draf. Die regulasies bepaal dat die lugredery se personeellede in ʼn veilige en goedgekeurde kompleks oorbly waar die bemanning se hotel gebaseer is.

Die kompleks waar die hotel geleë is, is in Melrose Arch-woonbuurt. Dit word as een van die veiligste plekke in Johannesburg beskou en word 24 uur per dag deur veiligheidswagte gepatrolleer, lui die berig.

ʼn Anonieme bron het aan die Britse publikasie The Sun gesê die lugredery het “reëls het vir ʼn rede”.

“Bemanningslede word beveel om nie die hotelkompleks te verlaat nie, maar die kaptein en bemanningslid het besluit om dit te waag en te gaan draf,” het die bron gesê.

“Dit was ʼn angswekkende beproewing… Almal is net dankbaar hy is oukei. Dit kon soveel erger gewees het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Harry ·

Since when is Melrose Arch considered safe? There is no such thing as a safe neighborhood is SA. Or anywhere, people get started in London just as much apparently.

SwartBees ·

Twak! Hier is nie een buurt wat veilig is nie, nêrens. Hoekom dink julle ry die ministers saam die blou lig bende orals heen ?

Marius ·

Veilig in die hool ??? Van wanneer af .
Dit is nie eers veilig in die Tuinroete nie , alhoewel baie mense so dink.

HPJ ·

Is daar n veilige deel in SA Nie eers die wonderlike WesKaap nie Kyk net na die misdaad statistiek

Lillian ·

Veilig woonbuurt? Wys dit vir my, want dit het ek in 30 jaar nie gesien nie. Ek is bly die mense is nie te erg beseer nie, hopelik versprei hulle die woord daar oorkant sodat die wêreld kan sien hoe lieg Ramapokker en sy kabinet oor die toestand van ons land se misdaad statistieke.

Minnie ·

My familie in Skotland sê geen negatiewe nuus van SA is daar in die media nie.
SA word bemark in die buiteland as n paradys…..????

Wit Leeu ·

Ha,ha,ha……… ! Nie eers die polisie stasies is veilig nie ! Word wakker !!!!!

George ·

Bly jy dink so. Huisgeweld loop hoog daar, dit word net toegegooi om die broederband te beskerm.

daarsdit ·

Jip, kyk wat het met daai arme kind gebeur en niemand het iets gedoen nie, sommer ‘n gly gevang

Minnie ·

Daar bestaan geen veilige plek in SA nie….
Buitelanders behoort gewaarsku te word.

Danie ·

Wat stel mr cele voor moet ons almal in ons huise bly agter slot en grendel.SA n wonderlike plek vir mafia beheer.Skole ,kerke en hospitale word beroof wat n skande vir die SA regering.

TRP ·

Dat iets so eenvoudig en gesond soos draf al ‘n “no-go” geword het.

Niklaas ·

Sal graag wil hoor wie gaan die skuld kry hiervoor en die land se misdaadsyfer. Ware feite word mos erg verdoesel.

Andre ·

Ek lees die kommentaar by hierdie artikel en die woordkeuses. ‘n “Hool” ? Die uiterste negatiwiteit ? Is dit verteenwoordigend van die tipiese Maroela leser ? Dit sal tragies wees as dit so is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.