Brits-verkeersbeamptes vas vir omkopery

Argieffoto

Argieffoto

Drie verkeersbeamptes, van Brits in Noordwes, is Donderdag in hegtenis geneem omdat hulle glo omkoopgeld ontvang het.

Die drie beamptes, onderskeidelik 30, 38 en 50 jaar oud, is in hegtenis geneem ná ʼn gesamentlike operasie deur die Valke en die nasionale verkeers-teenkorrupsie-eenheid.

Kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die Valke in Noordwes, het gesê die beamptes het volgens inligting van die publiek omkoopgeld van verkeersoortreders langs die Thabazimbi-pad geëis.

Die Valke het ʼn lokval vir die verkeersbeamptes gestel deur voor te gee dat hulle voertuie op ʼn openbare pad sonder bestuurderslisensies of ander permitte bestuur en altesaam R700 is aan die verkeersbeamptes betaal voordat hulle in hegtenis geneem is.

Die verdagtes moet Vrydag in die Brits-landdroshof verskyn op aanklag van omkopery.

Intussen het die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) bekend gemaak nog sewe verkeersbeamptes is landwyd in hegtenis geneem sedert die begin van die feesseisoen in verband met omkopery.

Die Valke en die RTMC het gewaarsku nog inhegtenisnemings sal volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Frik ·

Baie geluk met arrestasies, wens julle alle vooespoed toe. Kan ook nie verstaan hoe kan verkeersbeamptes in deesdae in R1,8 mil huise bly nie.

zoom zoom ·

Wanneer word zuma en kie aangekla vir hulle neem van belasting geld?????

Drieks ·

Ek stem zoom zoom, die wat minder as Zuma het moet tronk toe. Maar hy wat hul pa is steel en lieg voor getuies en loop skot vry.

Wonder maar net... ·

Hoekom hou die Valke hulle nie besig met die moordenaars, verkragters ens nie??

Jan ·

Ai, en het gedink daar staan “Britse”, toe sien ek, ek het verkeed gelees, dis wéér in ons eie land.

Jan ·

Klaarblyklik is omkopery en korrupsie die reël en nie die uitsondering nie.

tom ·

En hulle die speedcops is so arrogant lekker hulle moet sit tot na januarie

ig ·

As die Valke n leefstyl oudit op verkeersbeamptes doen gaan hulle n GROOT verrassing kry.

Werner ·

En ná hierdie feesseisoen gaan daar niks meer speed cops oor wees nie want hulle almal is opgeskort oor al die omkoopgeld. Wat dan? Kry weer nuwes en die kringloop begin van voor af!

Johanna Botha ·

Brits is n vrot plek lyk my …kinder aanrandings omkoopery Brits in die nuus vir al die verkeerde redes .. dis n gemors …what next !

magda ·

Wens ek kon met daai mense van die valke praat ! Sit klomp keer en kyk hoe hulle reg voor my huis omkoop geld vat ! Is n geteelde staan plek van hulle … OOK in brits

NL ·

Mooi man! Ek hoop die valke neem sommer die in hegtis wat omkoop geld aanvaar van die publiek vir lisensies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.