Burgemeester terug op pos ná rassistiese uitlatings

Nkosinjani Speelman.

Die burgemeester van die Matjhabeng-munisipaliteit (Welkom) is terug op sy pos nadat hy vroeër tydelik deur die ANC geskors is weens rassistiese uitlatings.

Nkosinjani Speelman is geskors nadat ʼn video aan die lig gekom het waarin hy na ʼn bruin gemeenskap buite Welkom as “Boesmans” verwys. Hy het ʼn groep weermaglede by ʼn polisiestasie toegespreek voor hul ontplooiing kragtens die ramptoestand en onder luide gelag van homself en die weermaglede na die inwoners van Bronville as “Boesmans” verwys.

Speelman is aanvanklik vir 18 maande uit sy amp geskors, waarvan ses maande opgeskort is.

Die ANC se nasionale appèlkomitee het egter bevind Speelman het berou getoon oor sy aanmerking en sy vonnis versag tot ses maande wat vir drie jaar opgeskort is. Speelman is dus terug op sy pos en sy enigste straf is ʼn derde van sy salaris vir drie maande.

Dr. Annelie Lotriet, voorsitter van die DA se parlementêre koukus, het die besluit veroordeel, maar gesê teen die tyd behoort niemand seker verbaas te wees dat ANC-kaders met ’n blote skynstraf wegkom nie. “Vir niemand se sondes is die ANC so blind as vir hul eie nie.

“Speelman en die res van die ANC het seker al vergeet dat woorde mag het – hulle strooi dit so maklik rond soos konfetti. Tensy Speelman ten volle verantwoordelikheid aanvaar, gaan hy maar weer in die toekoms so in die nuus beland. En waarskynlik weer net wegkom met die spreekwoordelike moord.”

Die DA het vroeër ’n klag teen Speelman by die Menseregtekommissie ingedien. “Ons vertrou dat hierdie klag so gou as moontlik ondersoek sal word om geregtigheid vir die Bronville-gemeenskap te verseker.”

Die VF Plus het in reaksie op die gebeure gesê die ANC stel partylede bo inwoners en dienslewering.

Susan Taljaard, VF Plus-raadslid in die Matjhabeng-munisipaliteit, het gesê die ANC se nasionale appèlkomitee het weereens bewys dat die party nie daartoe verbind is om sy eie verkose lede verantwoordelik te hou vir hul optrede en uitlatings nie.

“Dienslewering onder Speelman is die swakste ooit en Matjhabeng is die ANC se grootste mislukking wat dienslewering en munisipale bestuur in die Vrystaat aanbetref. Matjhabeng verdien ʼn munisipaliteit wat sy wetlike verpligtinge nakom en kwaliteit diens aan inwoners lewer.”

Volgens Taljaard het die VF Plus reeds in ʼn skrywe aan die Vrystaatse LUR vir samewerkende regering, Thembeni Nxangisa, geëis dat sy departement dringend in dié munisipaliteit ingryp om dienslewering te verbeter en om toe te sien dat ʼn munisipale bestuurder aangestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

4ntj13 ·

Die enigste, enigste belangrike vraag hier is wat die kleurlinge van Bronville hieroor voel. Dat een van hul eie mense hulle só noem. Dis soos wat ek sou sê dat ons klomp Whiteys nou nie moet staan en sulke lang tone kry dat ons nou wil moord skree as iemand onder die kleurlinge bietjie sadomasochisties raak nie. Ek wonder net…

Danie ·

Ek kan aan heelwat goed dink wat ek die anc regering wil vertel en ek sal met graagte ‘n derde van my salaris vir drie maande betaal daarvoor.

Nie Verbaas ·

Ag nou ja, dit is nie n verrassing nie. Die ANC het ons nou ook sopas toestemming gegee om hulle te noem wat ons wil.

Karlahari ·

Waar is die MRK nou?
Die man beledig n gemeenskap en hy hits die “weermag” aan tot geweld teen hulle.
Nie n woord van die mrk nie.
As dit nou Etsebeth was wat dit gesê het……
O ja. Maar hy is blank.

Johann ·

Ja wel dan ek seker vir Speelman n Speelseunkie noem? GEWETENLOSE SLAPGAT ATTITUDE van die ANC oor sy eie rassiste!

JohanR ·

Waar in 26 jaar is ‘n ANC vir ‘n wyle nie geskors, en as dit stil raak dan woops waps is hy/sy terug by die werk, of die pos. Jy kan maar ‘n ANC gaan opsoek op die internet. Nie een van hulle is skoon nie. Kyk maar vir suipgat Bathbile Dlamini. Sy was moes in die Travelgate saga betrokke maar daar sit sy nog….leier van die ANCVL teen seker soe R1 250 000 ‘n jaar. Maar ek dink met hierdie 4 maande and counting van toesluit het oe begin oop gaan.

Jaco ·

Sover ek weet was kleurlinge saam met dié burgermeester se swart mense almal slagoffers van apartheid. So sy lelike optrede teenoor kleurlinge is regtig vreemd.
Maar dan weet ek ook van talle gevalle waar kleurlinge werk soek en dan niks kry nie, met die verskoning: “you are not black enough” en “ons personeelsamestelling moet die nasionale demografie weerspieël”.

Adam Adriaan ·

Korrupsie Diefstal edm vier so hoogty in die ANC dat hy moord ook kon gepleeg het en dit sal hom ook verskoon gewees het.

Pieter ·

Because he is black (Do I need to say more?). ….anc corrupt and the child of anc the eff.

daniel ·

Hulle dag sal kom soos dit vir elke onregverdige ,dief en leuenaar kom , en dit is nie ver nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.