Busbestuurder in hof ná leerders se dood

Argieffoto

’n Busbestuurder het Donderdag vlugtig in die Zeerust-landdroshof in die Noordwes verskyn nadat twee leerders dood en 40 ander beseer is toe hy na bewering Dinsdag ’n ryloper te voet agternagesit het en ʼn bus vol leerders gerol het.

Volgens kapt. Sam Tselanyane, woordvoerder van die polisie, het Moseki Lucas Magwaba (47) op aanklagte van strafbare manslag asook roekelose en nalatige bestuur in die hof verskyn.

Dít volg nadat die polisie Dinsdag omstreeks 07:30 na die toneel in Groot Marico by die T-aansluiting net voor die N4 tussen Swartruggens en Zeerust ontbied is waar ’n bus op sy kant in ʼn sloot gelê het.

Dié bus het 49 leerders aan onderskeidelik die Thuto-Ke-Matla-hoërskool en die Phenyo Botlhe-laerskool vanaf Doornlaagte na Groot Marico vervoer toe die busbestuurder (47) die bus se enjin laat luier het terwyl hy uitgespring het om ʼn ryloper agterna te sit. Terwyl die busbestuurder glo die ryloper gejaag het, het die bus gerol.

Maroela Media het vroeër berig die busbestuurder het na bewering vroeër die dag die ryloper opgelaai wat onderneem het om R20 te betaal vir die rit. Toe die bus egter stilhou, het die ryloper na bewering uitgespring en laat spaander sonder om die R20 te betaal. Dit is toé dat die busbestuurder die bus agtergelaat en die voertuig agteruitgeloop het voordat dit met die leerders gerol het.

Volgens Tselanyane kon sommige van die leerders glo daarin slaag om uit die bus te spring soos die voertuig agteruitgeloop het. Sedimogang Moreri (19) en Omphile Moreri (14) was egter in die bus vasgekeer en is op die toneel dood verklaar.

Die beseerde leerders se beserings wissel van gering tot ernstig. Sewe van die leerders is nie in die voorval beseer nie, het Tselanyane gesê.

Die beskuldigde bly tans in aanhouding tot sy volgende hofverskyning op 21 Mei waar hy aansoek om borgtog sal doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Asjas ·

Dit se baie van die land se ekonomie as jy iemand agternasit vir R20. Ek is laas maand met R2,000 ingedoen en dit maar gelate aanvaar.

Joe ·

@Asjas, dis omdat mense soos jy redeneer, jul laat die kriminele net wegkom daarmee, oormore doen hul iemand in R4000 of meer.

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

.
.
Hy het darem eers stilgehou voor hy uitgespring het.
.
.

SjN ·

Hy het dus nog onwettig die ryloper opgelaai en vergoeding geeis, lekker man lekker, hond eet hond.

? leser ·

tragies, all voertuie kom met noodremme (handbrieke) uit, het die een weer nie gewerk nie, onpadwaardig sou ek se

Linda ·

En dit vir R20.00 ……… Hoe goedkoop het lewens geword!

Charmain ·

Dit is baie hartseer. Kinders is dood. Innige simpatie aan die families.

Fran ·

@joe – Oo ja, nê!? En as die kwaad doener n geweer uit pluk, wat is jou raad dan?

Onthou, n bang hond byt.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.