Bushiri’s nóg ’n naweek agter tralies

Shepherd Bushiri en sy vrou Mary in die hof (Foto: Nasionale Vervolgingsgesag via ANA)

Shepherd Bushiri, leier van die Enlightened Christian Gathering Church (ECG) en sy vrou, Mary, sal nóg ’n naweek agter tralies deurbring.

Die egpaar en hul drie medeskuldiges het Vrydag weer in ’n hof in Pretoria verskyn vir hul aansoek om borgtog.

Die aansoek om borgtog staan egter nou weer oor tot Maandag, het die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) bevestig.

Dít nadat die landdros die saak vroeër vandeesweek tot vandag uitgestel het. Die staat het reeds verlede week die aansoek teengestaan en versoek dat die saak uitgestel word.

Die Bushiri’s en hul medebeskuldigdes is sedert verlede Dinsdag in aanhouding.

Maroela Media het vroeër berig die Bushiri-egpaar en hul medebeskuldigdes, waaronder ’n ander egpaar, word van betrokkenheid by bedrog en geldwassery ten bedrae van R102 miljoen beskuldig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Blikke ·

Mense wat dink hulle is slim is toe nie altyd so baie slim nie nè!!!

Persheks Adri ·

Slim vang sy baas lekker laat hulle vir hulle kry! Skelm streke haal jou vinnig in

Persheks Adri ·

Lekker sit man! Betaal maar daai geld met rente, laat hulle sit en gooi die sleutel weg!

Stof ·

Ek vertrou dat die Koninkrykswerk wat hulle doen, wel Ewigheidsburgers byvoeg, ongeag die toegee aan enkele menslike swakhede. Jesus het selfs die moordenaar wat aan die kruis langs hom was, begenadig. So ook vir my, wat sonder Sy omgee, dit nooit sou maak nie.

Einstein ·

Shepherd nogal…. toe dog hy hy gaan soos al daai amerikaanse pastore ‘n vinnige paar dollars maak…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.