Buthelezi gee IVP-vaandel oor ná 44 jaar

Mangosuthu Buthelezi. (Foto: Sibonelo Ngcobo/ANA)

Mangosuthu Buthelezi het Saterdag ná 44 jaar as leier van die Inkatha Vryheidsparty (IVP) sy uittrede aangekondig.

Die 90-jarige Buthelezi, een van die reuse van die Suid-Afrikaanse politieke toneel, het sy uittrede tydens die party se algemene verkiesingskonferensie in Ulundi in KwaZulu-Natal aangekondig.

Die IVP is in 1975 onder sy leierskap gestig.

“Die storie van die IVP is diep verweef met my eie, die storie van Buthelezi. Ek het die party vir 44 jaar gedien, sedert sy ontstaan in 1975. Tog het ek nooit alleen gedien nie. Die party is groter as Buthelezi. Dit het ʼn toekoms bo my eie,” het Buthelezi in sy toespraak gesê wat sedertdien as ʼn verklaring uitgereik is.

Velenkosini Hlabisa (54) is vanoggend as die nuutverkose leier van die IVP aangekondig.

EWN berig Hlabisa het in 1978 by die party aangesluit.

Buthelezi word vandeesweek 91 jaar oud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

John ·

‘n Statige man met goeie maniere. As die nuwe leiers maar net ‘n bietjie van sy inbors gehad het… Een van die ou garde… wat respek afdwing. Beslis Mandela se meerdere.

wilma ·

N opregte man met inbors. vertrou hy sal sy aftfede geniet saam sy geliefdes

ANC ·

FW is n held, einde gebring aan die domste stelsel naamlik Apartheid.

M ·

Ek sekonder dit, respek vir die man, wat sy mense met eerbaarheid en “dignity” gelei het.

Frm ·

Hoop net die IVP tel nou weer spoed op en druk die ANC in n blik.

JR ·

Ek stem ek het groot respek vir mnr Buthelezi baie goeie man as hy maar ons President kon wees was SA in goeie hande geniet jou aftreëde mnr Buthelezi

Abe ·

Is al hierdie positiewe kommentare nie n wonderlike getuigskrif vir mnr. Buthelesi nie. Ons het leierskap met integriteit soos syne so nodig!

Julie Jansen van Rensburg ·

Inkosi Buthelezi is een uit ‘n duisend – nee – miljoen – wat deurgaans as partyleier en toegewyde Christen altyd ‘n goeie voorbeeld gestel het. Ek wens hom ‘n rustige aftrede toe en mag hy steeds ‘n voorbeeld vir die jeug wees… Pumula mnandi, Inkosi!

Heksie ·

Tot Siens aan ‘n waardige man en leier. Geniet die aftrede Mnr. Buthelezi.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.