Bydraers in gemeenskap weer met gesogte pryse vereer

#JouYster-wenner, Rozanne Herion, en Willie Venter, adjunkhoof by Solidariteit. (Foto: Okay Deer Photography)

Solidariteit het Dinsdagaand weer werknemers wat ʼn unieke bydrae in hulle gemeenskappe lewer vereer tydens die jaarlikse Sterre in die Gemeenskap-toekenningsgeleentheid.

Die geleentheid het by die AfriForum-teater in Pretoria plaasgevind. Toekennings is uitgedeel in die afdelings vir onder meer apteker, kantoorpraktisyn en ambag.

Die onderskeie wenners is deur ʼn benoemings- en stemproses aangewys.

Die #Kantoorkampioenwenner is Jeanette Osborne; die #JouYster-wenner vir 2023 is Rozanne Herion; en die #JouYster-studiebeurswenner is Delarey van der Merwe.

In die onderskeie kategorieë vir onderwyser van die jaar is die wenners soos volg: Kleuterskoolonderwyser van die jaar is Robé Grech-Wessels; laerskoolonderwyser van die jaar is Vicki Kriel; en hoërskoolonderwyser van die jaar is Helene-Louise Rossouw.

Die Apteek van die Jaar is Ackermans Apteek.

Seremoniemeesters Sarina Bosman Pieter Koen. (Foto: Okay Deer Photography)

“Elke individu wat vir ʼn toekenning benoem is, word nie net in sy of haar eie hoedanigheid vereer nie, maar verteenwoordig die honderde ander wat hul gemeenskap met dieselfde onbaatsugtige diens dien, en vir wie Solidariteit nie kon vereer nie omdat baie van die dade eenvoudig ongesiens gedoen word.”

ʼn Skenking van R7 243 108 is aan die Solidariteit Helpende Hand se Studietrust oorhandig om jong mense se studiedrome deur middel van rentevrye studiebeurslenings te bewaarheid.

Nóg ʼn skenking van R28 086 742 is aan Solidariteit se opleidinginstellings oorhandig om sodoende nóg Afrikaanse leef- en leerruimtes vir jong mense te bou.

“Solidariteit se volgende groot doelwit is die bou van ʼn onafhanklike skool, wat ʼn hupstoot sal gee aan ʼn onafhanklike Afrikaanse skolekonsessienetwerkplan. Sodoende gee ons momentum aan ʼn alternatiewe Afrikaanse skolestelsel,” sê dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.

Henk Schalekamp en Dirk Hermann. (Foto: Okay Deer Photography)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

JohanR ·

En die ANC wil politieke skole bou! Seker met belastingbetalers se geld!

Blikkies ·

Ai dit is nou goeie nuus. Wel gedaan en Dankie Solidariteit. Die mense aan die ander kant van die lyn is seker nou smoorkwaad oor nog ‘n suksevolle Afrikaanse instansie wat volg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.