Cameron kla by Opod ná Cele hom uit vergadering skop

Ian Cameron (Foto: Action Society/Twitter)

Action Society se Ian Cameron het klagte by die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ingedien in verband met verlede week se onderonsie met Bheki Cele, minister van polisie.

Cele het verlede Dinsdag met inwoners van Nyanga en Gugulethu vergader oor polisiëring in dié woonbuurte toe ’n konfrontasie tussen hom en Cameron, direkteur van gemeenskapsveiligheid by die drukgroep Action Society, uitgebreek het.

Cele het vir Cameron geskree: “Jy beskou my as ’n tuinjong. Bly stil! Bly stil! Sit en luister, jong man, of gaan uit.” Cameron het “uit beginsel” geweier om die saal te verlaat. Dit is toe dat die polisiebeamptes hom genader en uit die gemeenskapsaal verwyder het.

Die klagte wat by Opod ingedien is, hou verband met die “wangedrag van lede van die SAPD” toe hulle Cameron uit die vergadering verwyder het.

Cameron het ook aanklagte van crimen injuria en aanranding teen Cele en polisielede aanhangig gemaak in verband met Cele se “uitbarsting” nadat Cameron “sy mislukking as minister uitgewys het”.

Volgens Action Society het oorlewendes en families van slagoffers van geslagsgebaseerde geweld die drukgroep opdrag gegee om namens hulle tydens die vergadering te praat.

Action Society het ook vroeër aangedui dat hy ’n klag teen Cele by die Openbare Beskermer gaan indien rakende die etiekkode vir lede van die uitvoerende gesag in verband met sy “skandelike optrede, versuim om in goeie trou op te tree en aangesien hy die geloofwaardigheid en integriteit van sy amp in gedrang gebring het”.

Die drukgroep het ná verlede week se voorval ook ’n petisie begin om Cele uit sy pos te laat verwyder. Volgens Action Society is die petisie reeds deur meer as 70 000 mense onderteken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Henri ·

Ek het die petisie onderteken. Laat hy hard val en nie waar hy wil nie. Cele is ‘n absolute verleentheid vir Suid Afrika. Een van baie!

Manie ·

Ongelukkig gaan niemand hulle aan 70 000 of 0.1% van die bevolking se handtekeninge steur nie, dis die realiteit. Dit gaan grootskaalse pogings verg om van die botaniese ingenieur ontslae te raak. Dankie in elk geval vir die poging, dis ten minste ‘n begin.

Atta ·

Manie, nou gaan teken jy ook maar die petisie, dalk steur hulle hul aan 70 001?

Manie ·

Ek en ek glo baie ander sal dit met graagte doen indien dit ‘n aanlyn petisie is. Dalk moet hulle mense meer bewus maak daarvan.

Althes ·

Lees Manie, Maroela Media het petisie in bruin kleur en onderstreep in hul artikels gesit. Kliek daarop dan raak jy 70 001.

Vexed ·

Dit is nie net die 0.1% van die samelewing wat dit teken nie.

miche ·

Ek het na ‘n hele klompie videos/ onderhoude gekyk van hierdie wakker jong man, Ian Cameron. Wat opregte, beheerste, welbesproke persoon. Ek voorspel hy gaan dit nog vêr bring. Ek hoop en vertrou net ‘n organisasie beskerm hom en sy familie sekuriteitsgewys. Welgedaan, Ian!

Piet Snot ·

Hierdie is ‘n wen-wen vir Cameron.
Cameron 1 – Cele 0.

Frank John ·

Hahaha Hy’s ‘n grapkas, hy laat SA lag.
I love SAfrica.

krodedil ·

So praat ‘n man wat nie weet of hy Frank of John is nie—haha

Kokerboom ·

Pertisie geteken. Ek skaam my om ge-assosieer te word met die boewe wat land regeer en hul op ons afdwing. My hart is seer vir ons mooi land

gatgogga ·

Wie het die land verkoop aan die boewe wat nou die land regeer?

Misky ·

Dankie Ian en die hele span wat Cele bietjie in die bek ruk. Cele is arrogant verby….. verbeel jou: “sit en luister, of….” Gmpfff

SjN ·

Cele se mede kaders gaan hom beskerm en hy gaan klou vir al wat dit werd is aan die soustrein.

domheks ·

Ramaparra sal hom nie laat gaan nie. cele weet te veel van die kaders se onderduimsheid. Nou betaal hulle hom maar liewer om stil te bly, en die clown doen en se net wat hy wil.
Ian – baie dankie dat jy die stuk rommel aanvat!

Werner ·

Ek hou nie van die vertaling van “shut up!” as “bly stil!” nie. Bly stil is eerder keep quiet in Engels. Shut up is ‘n kras en ongeërgde term en kan eerder met “hou jou mond” of “hou jou bek” vertaal word. Cele was heeltemal buite beheer en het afgepraat na Ian.

Annelie ·

Hy het defnitief sy beroep gemis as tuinjong. Ten minste sou hy geweet het wat dit is om te werk vir jou geld.

Danie ·

Ek sal ook die petisie wil teken. Elke persoon wat hom teken help ongeag of dit 0.1% is. Waar kry ons die petisie.

Delia ·

Danie. Kyk aan die einde van die artikel. Petisie is onderstreep. Klink daarop en dit vat jou na petisie

marbacca ·

Meer aksie soos die is orals nodig – maak dit onuithoudbaar vir die ANC om enige iemand wat nie sy werk doen nie in die pos te hou op publieke, politieke, en finansiële vlak…

gatgogga ·

Jy’s absoluut reg, marbacca.
Ons werk op die beginsel: “Constant drip of water wears rock away”.

Swerwer ·

Cele sal so min uit sy pos ontruim word want dan kan die misdaadweb onder hom nie funksioneer nie.

gpsa ·

Altyd bly as daar ‘n nuwe jong leier tevore kom. Gee mens hoop.
Dankie Ian dat jy jou man gestaan het.

JohanR ·

In hierdie is ‘n klag te le soos om wind af te blaas in ‘n Suid Ooster in!

Keelvol ·

Die probleem wat hiermee het, is dat Cameron nog geen opslae oor die plaasmoorde gemaak het nie. Dit sit nie wel in my nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.