Cameron neem leisels oor by Rupert as Maties-kanselier

Regter Edwin Cameron is as die nuwe kanselier van die Universiteit Stellenbosch aangewys. (Foto: US)

Die akademikus, regsgeleerde, outeur en nou afgetrede regter van die Konstitusionele Hof, Edwin Cameron, is vandag tot kanselier van die Universiteit Stellenbosch (US) verkies.

’n Kieskollege wat bestaan uit lede van die raad, lede van die uitvoerende komitee van die senaat sowel as die president en visepresident van die konvokasie van die US het vanoggend byeengekom om die instelling se 15de kanselier te kies. Hy neem die leisels oor by die uittredende kanselier, dr. Johann Rupert.

Cameron, ’n US-alumnus en ontvanger van ’n eredoktorsgraad van dié instelling in 2015, is met ’n groot meerderheid van stemme verkies, het die universiteit in ʼn verklaring gesê.

“Dit is vir my ’n eer en voorreg om die geleentheid te hê om die US en sy gemeenskappe te dien, en ek sien uit na my nuwe verantwoordelikhede,” het Cameron gesê.

Prof. Wim de Villiers, rektor, visekanselier en voorsitter van die kieskollege, het gesê dit is ʼn voorreg om iemand van Cameron se statuur as kanselier te hê.

“Hy is ʼn kampvegter vir menseregte en spog met ʼn voortreflike regsloopbaan. Ek sien daarna uit om met hom saam te werk. Ons bedank ook graag ons huidige kanselier, dr. Johann Rupert, vir sy harde werk en hulp gedurende sy termyn, wat op 31 Desember ten einde loop,” het De Villiers gesê.

George Steyn, voorsitter van die US-raad, het Cameron se verkiesing verwelkom. Carli van Wyk, uittredende voorsitter van die Studenteraad (SR) en lid van die raad, het die aankondiging as goeie nuus beskryf én uitgelig dat Cameron in sy studentedae aan die US in die SR gedien het.

Die US het in 2015 ’n eredoktorsgraad aan Cameron toegeken vir sy “volgehoue professionele en persoonlike voorspraak vir die erkenning van elkeen se menswaardigheid, vryheid en gelykheid – fundamentele waardes wat hy in ons én ander se regsbestel help veranker het”.

Die US het gesê Cameron het die Suid-Afrikaanse reg só help ontwikkel dat dit waarlik die fundamentele waardes van die Grondwet weerspieël. Boonop maak sy rol om seksuele oriëntasie as verbode grond van diskriminasie in die handves van regte te laat opneem, en sy voorspraak vir persone met MIV/vigs, hom ’n kernspeler in die Suid-Afrikaanse én wêreldreg.

Cameron het aan die universiteite van Stellenbosch, Oxford en Suid-Afrika studeer. Hy het sy loopbaan by die Universiteit van die Witwatersrand se Sentrum vir Toegepaste Regstudie begin voordat hy in 1994 as senior advokaat (SC) en later daardie selfde jaar deur pres. Nelson Mandela as waarnemende regter in die hooggeregshof aangewys is. Hy is in 1995 as ’n regter in die hooggeregshof aangestel, in 2001 as regter in die appèlhof, en in 2009 as regter in die Konstitusionele Hof.

As die eerste Suid-Afrikaner in ’n hoëprofiel- openbare amp wat openlik oor sy MIV-status en ervaring van antiretrovirale middels (ARV’s) gepraat het, is Cameron se bydrae tot meer toeganklike ARV-behandeling vir alle MIV-positiewe Suid-Afrikaners geloofwaardig en gedug, het die US gesê.

Sy internasionale impak as toonaangewende regsgeleerde met byna 200 uitsprake agter sy naam, bekroonde outeur en gewilde spreker blyk uit die etlike eerbewyse wat hy al ontvang het. Dít strek van erkenning deur die balie van Engeland en Wallis vir sy bydrae tot internasionale regspleging en menseregtebeskerming, tot die prestigeryke toekenning Grand Prix du Conseil Québécois des Gais et Lesbiennes in Montreal.

Cameron is ook ’n beskermheer vir verskeie kinderhuise, klinieke en verenigings.

Die kanselier beklee die amp vir vyf jaar en is herkiesbaar vir een verdere termyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Gustav ·

Soos die waarheid lei , n boom sal aan sy vrugte geken word . Dit is Defnetief verby met die universiteit . Word wakker Boere !!!!!!!!!!!!!!!!

James ·

Ek sien daardie lib van Tuks de la rey het nou n pos aangeneem in N Zealand as visie kanselier. Sy was visie kansellier can Tuks.
Ek is seker die lesers onthou haar.
Sy het groot skade by Tuks aangerig en toe sluip sluip die land uit.
Lekker drooggemaak by Tuks en hardloop toe landuit.

Cicero ·

Maties het heeltemaal die kluts kwyt geraak. Hulle is besig om hulleself te “lap” in hulle drang om so vinnig moontlik tegelyk links en ageruit te gaan. Sotterny.

Leon ·

En die EFF en Black land First het nognie tekere gegaan nie?

James ·

Ek wonder waarom het de la rey bedank?
Dalk hot agter gekry? So stil stil gebeur – en die een wat haar plek ingeneem het ? Hoe goed is hy? O toggie – ek kan my net indink – die arme studente en universiteit,.
Dalk kan Maroela uitvind.
Sal moeilik wees om te glo sy het ‘n beter werksoffer gekry want sy was so on top of the world met hand op die blaas met anc en kie.

Basjan ·

Kampvegter vir swart en LBGT “menseregte”. Wat van ons ander gewone mense se regte?

Jerry ·

Cameron het sy lewe lank daaraan gewy om n kampvegter te wees vir swartmenseregte om die onreg van die verlede reg te stel. Dus beteken dit dat daar geen sprake in sy mondering van menseregte vir witmense is nie, inteendeel is hy ook maar soos die ANC se MRK lede, net nog n onderdrukker van witmenseregte. Al wil Cameron dalk hoe graag ookal, hy kan nie n ware kampvegter vir menseregte van alle mense wees nie en presies dit is wat fout is met die leiersfigure in SA. Daar is doodeenvoudig tans geen persoon in SA, in enige leiersposisie, wat onbevooroordeeld alle mense oor dieselfde kam skeer nie! Reg deur die bank het almal van hulle een of ander rede wat toelaat en dit regverdig dat hulle bevooroordeeld mag wees en optree en soos in Cameron se geval, is sy verskoning dat die onreg van die verlede teen swartmense reggestel moet word. Dit doen hy in sy magtigheid ook net soos al sy ander links liberale rewolusionere kadermakkers deur n onreg van diskriminasie teen wit anti rewolusioneres!

WMirabilis. ·

This multicultural approach, saying that we simply live side by side and live happily with each other has failed. Utterly failed.
– Angela Merkel
EN hoekom? Omdat God grense gestel het, nie net geografiese grense nie, maar geloofsgrense, etniese grense ens. ens. ‘Need I say more’. Een happy wêreldse reënboognasie was nie Sy plan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.