Cele as polisieminister = ‘doodsvonnis vir burgerlikes’

Bheki Cele, minister van polisie. (Foto: Fikile Marakalla/GCIS)

Bheki Cele, minister van polisie, meen misdadigers het oorlog teen Suid-Afrikaners verklaar nadat die minister van vervoer, Sindisiwe Chikunga, en haar gevolg vandeesweek die slagoffers van ʼn gewapende rooftog op die N3 geword het.

Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid van Action Society, sê egter die feit dat Cele van oorlogsverklarings praat wanneer ’n ander minister beroof word, maar nie ’n woord rep nadat ses kinders binne dieselfde 24 uur op die Kaapse Vlakte geskiet is nie, bevestig Cele se prioritisering van politiek bo die publiek se veiligheid.

Volgens Cameron is minstens vyf kinders Sondagaand in Wesbank, Kaapstad, geskiet. Twee van die kinders, onder wie ’n tienermeisie, is tydens die bendeverwante voorval doodgeskiet.

’n Sewejarige seun is ook Dinsdag in Mitchells Plain doodgeskiet.

Cameron sê die minister van polisie het kontak met die werklikheid verloor.

“Hy weet eenvoudig nie meer hoe dit vir gewone Suid-Afrikaners is om te lewe nie. Hy woon in ’n veiligheidsborrel. Hy wat die ‘stryd’ teen misdaad aanvoer, is ’n doodsvonnis vir burgerlikes,” sê Cameron oor Cele.

“Ek herhaal graag my uitnodiging aan hom om saam met my, as ’n gewone burger, sonder sy BBP-beskerming, in Eastridge in die Kaapse Vlakte te kom stap waar ’n sewejarige seun gisteraand vermoor is. Van daar af sal ons in Malgasstraat in Wesbank stap waar Kelly Amber Koopman (12) dood is en vier van haar vriende Maandag in die kruisvuur van ’n bendeskietery geskiet is.

“As ’n minister met ’n gewapende BBP-beskermingspan deur vier rowers oorval kan word, watter kans het gewone mense? Op die oomblik is ’n soektog aan die gang om die verdagtes vas te trek wat die minister beroof het. Waar is die soektog om klein Kelly en die klein sewejarige se moordenaars op te spoor?” wil Cameron weet.

“Suid-Afrikaners leef elke dag in ’n oorlogsone. As Cele nie die wil of vaardigheid het om ’n strategie teen misdaad te ontwikkel en te implementeer wat die veiligheid van alle Suid-Afrikaners verseker nie, moet hy opsy staan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Mariana ·

En hoekom? Want kriminele word beskerm. Cele en sy mense doen nie hulle werk nie, hulle versaak Suid-Afrikaners elke dag. Noudat ‘n minister aan die ontvangkant is, nou wil hy praat en sy maatjies help. Stel nie regtig belang wat in die land gebeur met die gewone burgers nie.

KB ·

Ek gee Cele toestemming:
“Hy mag maar nou bedank”.
(Hy beteken niks)

Antoinette ·

Hopelik is hy volgende jaar uit, en kry ons iemand met polisie ervaring , maar dit sal baie baie lank neem om die skade te herstel – hopelik met ‘n bevoegde polisiemag met lede wat behoorlik gekeur en opgelei is voor aanstelling.
Ek nhet iewers gelees dat Georgie op ‘n stadium ‘n hele polisiemag afgedank het as gevolg van onbevoegdheid en korrupsie, en dit weer opgebou is deur bevoegde opgeleide mense.
Laat elkeen ‘n psigo-metriese toets afle. Dis al genade.

Theresa ·

…volgens my, n persoon wat deur die range gekom het, daar is geen ander manier nie!

ekweetniks ·

onder sy leiding het die polisiemag verander van misdaad bekamping na misdaad statistiek dokumentering

trotsNAMSA ·

Nou het dié Meneer weer bevestig dat die SAPD net op papier bestaan. Die Beskermingsdiens se dae is ook getel. Gelukkig kan net +-10 % van die nuwe generasie SAPD lede reguit skiet. Kaapse Vlakte sal nooit sonder voorvalle wees nie omrede morele standaarde nie bestaan nie en ouers nie betrokke is by hul kinders nie. SAPD kan nie alleen die probleem oplos nie. Raak betrokke by jul gemeenskappe.

Theresa ·

…saam met jou stap Cameron sonder beskerming, ek dink nie so nie

Chris ·

Omdat dit een van die kaders is, is dit nou ‘n probleem. Die gewone man in die straat tel nie!

Michael ·

Hy en sy kaders is self misdadigers daarom is hulle net oor hulself besorgd. Presies hoe misdaadsindikate funksioneer

Marous ·

Nou dat dit iemand belangrik is val sy hoed af ? Die hele land word al vir jare geteister en sy eie mense is deel daarvan .

annie ·

Cele weet alles van almal af van wie hy alles moet weet. Hy ken Cyril se storie en Zuma s’n ensovoorts. Cele is ‘n appel wat aan sy stammetjie sal afvrot van ouderdom. Pluk sal hy nie gepluk word nie.

Kokerboom ·

Uiters lagwekkend is berig vandag dat SAW word ontplooi om SAP te beskerm!!!!!
Steeds bly Cele!!!

Bolandse Nooi ·

Alles goed en wel, Ian Cameron, maar vra iemand tog die vraag: WAT MAAK ‘N TWAALFJARIGE OM 22:20 BUITE HAAR HUIS???????? Waarom is daardie kinders nie onder hul ouers, of ten minste ‘n volwassene, se toesig veilig by hul huise nie, waarom is hulle op straat?

Bolandse Nooi ·

Wanneer gaan die mense besef dat Cele die Minister van polisie is en nie die Nasionale- of Provinsiale Kommissaris of stasiehoof of staf van die SAPD is nie? Cele kan onmoontlik aanspreeklik gehou word vir alle misdaad in die land! Hierdie tipe vrae moet gevra word aan die gemeenskap se polisie en daar moet ook in gedagte geneem word dat nie die magtigste, grootste, beste polisiemag alle misdaad 24/7/365 kan bekamp nie.

Surfer ·

As hulle n goeie voorbeeld stel hoe misdadigers gestraf word, sal misdaad hopelik afneem, maar hulle word nie behoorlik gestraf nie.

AREND1 ·

As hy so praat.Hoekom doen hy niks daaraan nie.Vandat hy ʼn minister geword het,het hy niks beteken vir die land nie.

Andre ·

…Cele lag maar net vir al die kommentaar. Hy en die A en C , het ‘n ander agenda.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.