Cele sê amnestietydperk is op koers; AfriForum het vrae

Bheki Cele. (Foto: Henk Kruger/ANA)

Bheki Cele, minister van polisie, het die versekering gegee dat die vuurwapenamnestieperiode op koers is, maar die burgerregte-organisasie AfriForum eis meer duidelikheid.

Die amnestietydperk het op 1 Desember begin en duur tot 31 Mei. “Die oorspronklike vuurwapenamnestie wat op 27 November in die Staatskoerant gepubliseer is, is intussen gewysig om die polisiestasies in te sluit waar vuurwapens nie ingehandig kan word nie weens veiligheidsbekommernisse,” het Cele gesê.

Daar is 46 van dié polisiestasies en vuurwapeneienaars wat hul vuurwapens wil inhandig word versoek om dit by naburige stasies te doen.

Cele het Vrydag gesê daar is reeds meer as 200 vuurwapens en 2 000 rondes ammunisie ingehandig sedert die amnestietydperk begin het. Vuurwapens kan daagliks van 07:00 tot 17:00 by polisiestasies ingehandig word.

“Alle vuurwapens sal aan ballistiese toetse onderwerp word om vas te stel of dit in die uitvoering van enige misdaad gebruik is. Die amnestietydperk sal ook vir vuurwapeneienaars met lisensies wat verval het die geleentheid gee om vir nuwe lisensies aansoek te doen.”

Cele het ʼn beroep gedoen op vuurwapeneienaars om van die amnestietydperk gebruik te maak. Hy glo dit sal help om die aantal vuurwapens wat onwettig besit word te verminder. “Ek doen ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners wat in besit is van onwettige of ongewenste vuurwapens om dit by hul naaste polisiestasie in te gee tydens die amnestietydperk met die wete dat hulle nie vervolg sal word nie.”

AfriForum het intussen ʼn skrywe aan Cele en Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, gerig en vrae gestel rondom die ingestelde vuurwapenamnestie.

AfriForum eis onder meer antwoorde oor die veilige bewaring van die vuurwapens terwyl dit in die polisie se besit is, of daar voldoende en bekwame kapasiteit bestaan om die proses deur te voer, asook antwoorde oor algemene aspekte van die proses.

Argieffoto: SAPD

“Hierdie amnestie, wat sonder ’n daadwerklike konsulteringsproses voorafgegaan is, laat ’n bitter smaak in vuurwapeneienaars se mond wat nie hul vuurwapenlisensies betyds hernu het nie,” sê Marnus Kamfer, AfriForum se regs-en-risikobestuurder vir gemeenskapsveiligheid.

Ondanks ’n tussentydse hofbevel wat bevestig dat vuurwapeneienaars met vervalde lisensies steeds in wettige besit van hul vuurwapens is, het die howe nog nie finale duidelikheid gegee nie.

“Baie beskou dié amnestieproses as ’n voortydige wyse om landsburgers te ontwapen en bloot te stel aan die klaarblyklik onstuitbare misdaadvlaag wat die land teister.

“Landsburgers het toenemend begin om paraat op te tree weens die polisie se gebrek aan vermoëns om misdaad suksesvol te bestry. Hulle het hulself ook in veiligheidstrukture georganiseer en gebeurlikheidsplanne in werking gestel om hul gesinne en hulself te beskerm. Die doeltreffende, wettige en verantwoordelike aanwending van ’n vuurwapen is van kardinale belang by gemeenskappe om hulself te verdedig.”

Kamfer meen Cele se optrede om die amnestieroete op dié manier te volg dui op ’n politieke agenda en fokus op areas wat nie die stryd teen misdaad bevorder nie. “AfriForum sal, afhangende van Cele en Sitole se antwoorde, alle verdere opsies oorweeg om seker te maak dat die amnestieproses nie onnodig afbreek doen aan die veiligheid van gemeenskappe nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

J ·

Vat tot n jaar om vuurwapenlisensie te kry, HOE de HEL dink enige mens gaan hy ooit dit regkry, die bewoording moet wees dat as jy in die tydperk aansoek doen, sal jy nie verplig wees om lisensie voor mei te kry nie, duidelik dink die anc almal is op hulle intelektuele vlak

Hennie ·

So jy kan jouself weggee as jy jou wapen inhandig aangesien die parrakokers balistiese “toetse” gaan doen op jou wapen. MOENIE WAPENS INGEE NIE!

Pieter ·

Die ANC sirkus is om van op te gooi julle maak my siek julle redineer soos n passer al om julle eie gat

bekommerde stem ·

intussen my wettige vuurwapen met wettige lisensie geneem word vir ballistiese toetse en ek wag vir my hernuwing van lisensie, dan “verdwyn” my vuurwapen, of met die wagtyd vir hernuwing sit ek sonder verdediging, gaan die polisie my oppas in daardie tyd

Sonja ·

Hulle weet hier kom groot moeilikheid vlg jaar. Moenie julle wapens ingee nie, dit sal n dom move wees. Ignoreer hierdie kriminele totaal

Hani ·

Dit stimuleer die handel op die “swart mark”
Doen so voort met die “gedwonge” terugname van wettig gelisensieerde wapens…onder die naam AMNESTIE
Daar 100 maal meer wapens van SAPS daar “buite” wat verloor is.

JV ·

Droom aan Cele, geen krimineel gaan sy wapens ingee nie en dan nog ballistiese toetse op hom gedoen word.
n Krimineel is nie so onnosel nie. Ons ander burgers gaan ook nie wapens ingee nie, ek vertrou nie die mense wat die ballistiese toetse doen nie.

Pieter ·

Enigiemand wat hulle wapen ingee met n vervalde lisensie en dink hulle gaan weer een kry, moes in elk geval nie n wapen gehad het nie agv. onnoselgeid.

Karlahari ·

Of jy het in die buiteland gewerk terwyl jou lisensie verval het en die houding van die beampte en boodskap dat jy n krimineel is het jou gestop om dit te doen.
Dink verder as wat jou neus lank is.
As die minister kop gehad het, het hulle n R1000.00 boete per jaar ingestel wat die regering ook sou help met fondse vir stelsel verbetering.

HPiet ·

Nou hoekom jou wapen ingee todat jy jou nuwe lisensie kry?
Jy sal dit nie weer sien nie

Joe Olivier ·

Wapeneienaars kan n vorm Saps 520 (d) invul om aansoek te doen vir vergoeding indien n wapen vrywillig ingehandig word. Die polisie versuim hul plig om die publiek hieroor in te lig.

Gert ·

My raad…skaf eerder n wapen aan, want die regering kan en wil jou nie beskerm nie. Wettig of onwettig…as jy jouself verdedig, dan gaan die staat jou in elke geval skuldig maak.

Schalk ·

Korrupte pateet hoort in tronk vir oneffektiwiteit hy met sy mag kan nie publiek beskerm nie verder besef suid afrikaners dat daar n klomp rampokkers onder sy bevel is.HY IS VERANTWOORDELIK VIR MOORDE KORRUPSIE EN EN DIEFSTAL.Sluit hom toe.

Michael P ·

Moet nooit n wapen ingee nie hulle gaan toetse doen en se jou wapen was in n rooftog gebruik. Die mense weet nie wat hulle doen. Wees baie versigtig vir hierdie roep van die ANC.

André André ·

Nou waarom word vuurwapenverkope aan die publiek dan nie heeltemal gestop nie? Kan iemand antwoord? Aan die eenkant word verkoop, aan die anderkant maak hulle bymekaar, ‘n bose sirkel.

Hierdie man met sy amnestie oor vuurwapens is net so obsessief soos Lesufi oor die verwydering van Afrikaans in skole, en natuurlik soos me Angie Motshekga oor seksonderrig in skole.

Hanna Hoekom ·

Cele vra “alle Suid-Afrikaners” om hul onwettige vuurwapens in te dien. Tel die kriminele ook onder hierdie kriteria? Vra namens n vriend…

JohanR ·

Onthou as dit soe kom dat jy geen keuse het as om ‘n wapen, of wapens in te handig nie, om die loop heetemal te buig sodat NIEMAND dit weer kan gebruik nie. Dink nie daar is ‘n wet teen die buig van die loop nie, maar dink dit sal kom, want die geweere wat die polisiemane vir die bende gee, gaan moes nou nie mooi werk nie. Hoe lekker kry ek nou!

André André ·

Dit sal die kriminele nie afsit nie, hulle is so vindingryk, hulle skiet om ‘n draai!

Cj ·

Ek sal n vuurwapen gee die dag as die SAPD nie nodig het om met vuurwapens te werk nie. Almal van ons weet wanneer dit gaan gebeur.

marous ·

Hoeveel van sy onbevoegde lede is toegesluit vir nalatige verlies van amptelike wapens ? Ploert.

Tstotsi ·

Gebruik n sogenaamde gelisensieerde wapen en jy word aangekla en verhoor. Dieselfde met n “onwettige” wapen. I will rather take my changes!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.