‘Cele se wanbestuur strem misdaadbekamping’

Bheki Cele (Foto: SAPD)

“Bheki Cele, minister van polisie, se volgehoue wanbestuur van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) sal ons verder van misdaadbekamping weglei.”

Só het Reagen Allen, Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid en polisietoesig, gesê in reaksie op Cele se besoek aan Khayelitsha waar hy tydens ʼn imbizo met inwoners gepraat het.

“Weens sy volgehoue mislukking om die nodige hulpbronne aan die provinsie te verskaf, moes ons inspring waar hy en die nasionale regering misluk het,” het Allen gesê. “Cele het weereens na die provinsie gekom om met inwoners te gesels, maar wat inwoners wil hê en nodig het, is optrede in die vorm van meer sigbare polisiëring.”

Vyf mans is Saterdagaand in twee afsonderlike voorvalle in Khayelitsha doodgeskiet in die soveelste massa-skietvoorvalle in die Kaapse gemeenskap vanjaar. Volgens Allen is daar sedert Maart al 29 mense in dié voorvalle doodgeskiet.

Cele het aan inwoners gesê die SAPD in die provinsie sal hulpbronne verskuif om misdaad hier aan te pak. Hy het gesê 80 beamptes is van meer gegoede gebiede waar misdaad onder beheer is na hoëprioriteitstasies soos Khayelitsha verskuif.

Die minister het gesê die bystand van gemeenskapspatrolleerders, gemeenskapspolisiëringsforums en buurtwagte moet dringend verskerp word.

Reagen Allen (Foto: Facebook)

“Dit maak nie sin dat hierdie voetsoldate hul eie lugtyd en eie hulpbronne moet gebruik om misdaad te help bekamp nie. Dit kan eenvoudig nie die norm wees nie en daarom het ek ʼn beroep op die nasionale polisiekommissaris gedoen om te kyk na die finansiering van hierdie diensverskaffers sodat hulle doeltreffend in hul werk kan wees.”

Allen meen egter indien daar nie dringend aandag gegee word aan die Wes-Kaapse polisie se chroniese gebrek aan hulpbronne nie, sal die onlangse vlaag van massa-skietvoorvalle voortgaan.

Die kwessie rakende die afwenteling van die polisiediens na provinsiale vlak is ook weer tydens die imbizo geopper. Cele het in reaksie hierop gesê dit is nie hy wat ʼn besluit hieroor kan neem nie, maar dat dit ʼn grondwetlike kwessie is.

Allen meen egter dat die Grondwet wel voorsiening maak vir die toewysing van polisiëringsfunksies aan die provinsiale uitvoerende gesag deur middel van nasionale wetgewing en/of nasionale polisiëringsbeleid, ingevolge waarvan provinsies in staat gestel kan word om polisiëringsbevoegdhede buite blote monitering en toesig uit te oefen.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Johann ·

Disfunksioneel onbevoegd!Onaanspreeklik en onberandwoordbaar. Magsmal eie ek sindroom. Gewetenlose statistiek voorleser.

Nie Verbaas ·

Eerstens moet die hele polisiemag vir n integriteitsbeoordeling gaan, Cele ingesluit. Ek dink die uitslag sal ons skok.

Kokerboom ·

Ek stem. Probleem bly ‘n ruggraatlose President wat bang is vir sy kaders. SA word gestraf deur die gewetenlose kader regering!!!

Dries ·

Ramaphosa is nie ruggraatloos nie. Als wat Cele doen dra sy goedkeuring weg. Dieselfde kaders

Harley Davidson ·

Die wanebee polisie minister het n verskuilde agenda as dit by die weskaap kom ,die afstigting van die weskaap moet nou preoriteit no 1 gemaak word.

Papsak ·

Jy kan maar sien geen skaamte nie en as ek Cele was sou ek nie my gevreet so op nuus wys nie en nog so breed smile nie hulle bly skelm en agterbaks

Henri ·

“Die minister het gesê die bystand van gemeenskapspatrolleerders, gemeenskapspolisiëringsforums en buurtwagte moet dringend verskerp word.”

Dan neem burgers die reg in eie hande op die minister se aandrang, skiet ‘n moordenaar en die volle mag van die polisie kom dan om hierdie lid van die buurtwag te arresteer en te vervolg.

Gaan loop poep op ‘n miershoop.

Miena ·

Nou wil hy kom se daar moet verskerpings aangebring word – MAAR toe Ian vir hom mooi duidelik uitlug en uitnooi toe verander hy in n skreeubek-geveg wat sy eie ek ten teen gestel het t.o.v. polisiering en beveiliging. Die kaapse nommer bendes moet dalk net n draai so voor hom verby gooi en hom mooi in die oe kyk. Wanneer hy dan begin skreeu wat kyk jy en sharrap dan moet hulle mekaar maar entertain…

Swerwer ·

Dit is hoekom hy in die 1ste plek in daardie pos aangestel is. Dit is ter ondersteuning van die Kommunistiese ANC wat hy daar sit. Hy is aangestel om die Regering te help om kommunisme te bevorder

Rooikoos ·

Jy is 100% reg Swerwer. Kommunisme bly deel van hulle manifes.

Koos 100 ·

‘n Minister ontplooi SAPS lede? Wat is die doel dan van die Nasionale en Provinsiale hoofde?
Mooi, vat nou 80 lede weg van hul stasies en kyk wat gebeur nou by stasies se misdaad syfers! Rob Peter to pay Paul!
Onder die ANC se bewind is die SAP, een van die beste polisiemagte in die wêreld, verander tot een van die mees mislukte dienste te wêreld. Verskoning aan die lede wst nog hul sout werd is. Politiek het die SAPS verwoes.

AJ ·

Oorbevolkte plakkerskampe is die broeiplek van ‘siek’ misdadige mense.

Kry eers die stadsbeplanning reg, m.a.w. volgens munisipale wette en regulasies dan sal die misdaad (oorlog) bedaar.
Hoe?

Benut die toelae uitbetalings en gratis dienste om mense te laat trek na die (ontvolkte) platteland.

Op die platteland kan die armes hulle toelaes aanvul deur self kos te produseer. Bestaansboerdery kan miljoene werksgeleenthede skep. Werk vir jou SELF … nie vir ‘n baas nie.

Waar mense getalle gebalanseer word met die beskikbare hulbronne soos water, vuurmaakhout, weiding ensovoorts SAL MISDAAD afneem.

Tans ontvang belastingbetalers NIKS terug vir hulle hardverdiende geld wat GESTORT word in die bodemlose put van toelaes en gratis dienste nie. In teendeel! Belastingbetalers word tans gestraf vir hulle ‘goedhartigheid’ deurdat groeiende getalle behoeftiges hulle teister.

Belasting behoort benut te word om gesonde woonareas te help vestig as teenvoeter vir plakkerskampe.

yahneh ·

Maak absoluut sin. Voorstelle boonop belaglik maklik om op die been te bring. Goeie beplanning, harde werk en die trots om iets vir jouself te skep gekoppel aan die vryheid om onafhanklik te wees maak dit volhoubaar.

Glo my, ek is nie ‘n doem profeet nie maar ek moet byvoeg al stel jy dit aan die “regte” mense voor, sal dit op dowe ore val. Wanneer hulle nie voordeel trek uit iets, bedoelende self verryking, vervaag die belangstelling.

Martie Smartie ·

Hoekom van die W Kaap regering nie die MAD HATTER hof toe nie en dwing hom om hulpbronne te gee?

Vettiemaragartos ·

Die gardenboy met die hoed op hou seker baie van vlieg. Was mos verlede week daar. Hoekom het hy nie toe klaar gepraat nie? Nee skree liewers op mense en laat hul hard handig verwyder!!!!!

Koos 100 ·

Henk, ek dink dit is baie meer, seker al 200k per maand, plus staatsbehuising, gratis vervoer in enige vorm, SAPS as sekuriteit, onthaal toelaag, en dit is maar net ‘n paar om van tenoem.

Fran ·

Hoedkop is onbekwaam en ‘n ANC kaderaanstelling. ‘n Skelm weet meer van polisieëring as hy.

Leon ·

Dis net die Vader wat ons (gewone, belastingbetalende, wetsgehoorsame) mense in SA van die drek kan red wat ons land tans regeer…

marius ·

Die hool is reeds by totale ineenstorting verby . Op alle vlakke .

Tanya ·

Maar dis mos presies wat die vent se plan is, en sodra als goed opgeneek is dan slaan hy toe en vat als oor, hy is slinks man!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.