Cele stort trane oor taverne-tragedie

‘n Emosionele Bheki Cele. (Foto: Skermgreep uit video deur Newzroom Afrika)

Bheki Cele, minister van polisie, het Sondag in trane uitgebars nadat hy die lykshuis besoek het waar die liggame van 21 tieners wat vroeër dié oggend by ’n taverne in Oos-Londen dood is, geberg word.

“Dit is ’n verskriklike toneel,” het die minister buite die lykshuis aan verslaggewers gesê.

“Hulle is redelik jonk. As daar vir jou gesê word hulle is 13 jaar, 14 jaar en jy gaan soontoe en jy sien hulle – dit breek jou,” het ’n emosionele Cele gesê voordat hy verskoon is.

“Ons kind is op die toneel oorlede,” het die ouers van ’n 17-jarige meisie buite die lykshuis gesê.

“Ons het nie gedink hierdie kind gaan so sterf nie. Sy was ’n nederige en respekvolle kind,” het die tiener se bedroefde ma, Ntombizonke Mgangala, gesê waar sy langs haar man gestaan het.

Leë bottels alkohol, pruike en selfs ’n pers “Happy Birthday”-serp het vroeër die oggend in die stofstraat buite die Enyobeni Tavern in Scenery Park gelê.

Die oorsaak van die tieners se dood is nog nie vasgestel nie. Plaaslike amptenare en politici sê egter nou dit kon moontlik ’n geval van minderjarige drinkery wees wat tragies skeefgeloop het.

Agt tienermeisies en 13 seuns is dood. Altesaam 17 van dié jong mense is Sondag vroegoggend op die toneel dood aangetref. Die res het later in die hospitaal gesterf.

Amptenare vermoed dat baie van die slagoffers skoolkinders was wat Saterdagaand die einde van hul eksamen gevier het.

Die polisie is al vroegoggend op die toneel. (Foto: Jurie Blignaut/Twitter)

Die eienaar van die taverne, Siyakhangela Ndevu, is nou in die spervuur en kan moontlik strafregtelik vervolg word.

“Dit is nie iets wat ek as sakeman verwag het sou gebeur nie, maar sulke dinge gebeur wel onverwags,” het Ndevu intussen aan verslaggewers gesê.

Volgens Ndevu was jong mense Saterdagaand haastig om die taverne binne te gaan ondanks waarskuwings dat dit reeds vol was.

Ndevu is ná 01:00 na die taverne ontbied, aangesien daar “te veel mense was”.

“Sommige wou uitgaan en ander … wou met geweld ingaan.”

Unathi Binqose, woordvoerder van die LUR vir vervoer, veiligheid en skakeling in die Oos-Kaap, het egter ’n stormloop as ’n moontlike oorsaak van dood uitgesluit.

“Daar is geen sigbare oop wonde [aan die slagoffers] nie,” het hy aan AFP gesê.

Volgens Binqose sal forensiese ondersoekers monsters neem en toets om te bepaal of daar enigsins vergiftiging van enige aard was.

Die streekdranklisensie-agentskap oorweeg dit nou om die taverne se dranklisensie op te skort en strafregtelike klagte teen die eienaar in te dien vir “blatante” oortreding van die wet wat die verkoop van alkohol aan mense jonger as 18 jaar verbied.

Pres. Cyril Ramaphosa, wat tans die G7-beraad in Duitsland bywoon, het sy medelye met die slagoffers se naasbestaandes betuig.

Hy het ook sy kommer uitgespreek oor “die omstandighede waaronder sulke jong mense by ’n lokaal bymekaargekom het wat op die oog af buite perke behoort te wees vir mense jonger as 18 jaar”.

Die Oos-Kaapse premier Oscar Mabuyane het op sy beurt die “onbeperkte verbruik van drank” veroordeel.

“Jy kan nie net so in die middel van die samelewing handel dryf en dink dat jong mense nie gaan eksperimenteer nie,” het hy buite die taverne gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Wondermaarnet ·

Jammer as ek onsensitief klink, maar wat maak kinders onder18 jaar in ‘n taverne? Tyd dat Cele in trane uitbars wanneer ons boere so wreed vermoor word.

Elméne ·

Ek stem 1000% met jou saam!! Freaking kastige “minister” – meer soos MISHOOP – wat nou krokodil trane wil huil – wat ‘n GRAP!!!!!

Swerwer ·

Hoed het beslis sy roeping gemis. Hoe kan Siyakhangela Ndevu vervolg word want as kinders van daardie ouderdom al Taverns besoek sê dit net 1 ding, dit is die voorbeeld wat by die huis gestel word. Eienaardig hoe kulture verskil en tog word daar verwag almal in vrede moet saamleef. Ons het saamgespeel maar daar was nooit gehoor dat ons speelmaats toegelaat was om taverns te besoek nie, ons was almal maar streng grootgemaak, maak nie saak watter kleur of geur jy was nie.

Burgermeester ·

Sy trane beteken niks! Ek het hom nog nooit sien ‘n traan stort vir al die plaasmoorde nie.

Miskien ·

Plaasmoorde kan nie vergelyk word met die dood van 21 tieners nie. Alhoewel dit grusaam en wreed is, is die moorde van boere ook nie op die skaal van die hoeveelheid daaglikse moorde (~50) nie.

twaalfboor ·

“Miskien” moet jy jou lippe aflek en proe wat jy praat.

Lubbe ·

Die eienaar van die kuier plek behoort verseker vas gevat te word. By ‘n goed bestuurde kuier plek word kinders nie eens by die deure toe gelaat nie. Die kinders rook deesdae almal hierdie hubbly bubblies. Dit is so maklik om ‘n dwelm by dit by te gooi. Mag die skuldigge gevang word.

Samuel ·

Dit is ‘n baie tragiese voorval! Hoedman, Huil ook oor die talle vermoorde boere en ander slagoffers van geweld.

Sobymykoolkop ·

Klomp huigelaars, as dit ń wit persoon se plek was was hy/ sy nou in die tronk en sy mense gedreig met die dood. En sowaar, die eienaar veronskuldig homself, hy het presies geweet maar die geld was sy enigste oorweging, beslis nie die welstand van jong kin ders nie, die ouers is almal skuldig.

kaplyn ·

Ek stem saam. Nou dat die sosiale afstand saam met maskers afgeskaf is, verduidelik ook hoekom daar ‘n samedroming by die taverne was. Hoe meer mense hoe meer geld maak die eienaar.

Alta Alleman ·

Waar is die EFF? Waarom toi toi hulle nie nou voor daai tavern nie?

Twallie ·

Wonder of hy aan die huil sal gaan as hy ooit in sy lewe homself sal verwerdig om ‘n plaasmoord toneel te besoek.

Jannie van Niekerk ·

Die man is ‘n baie groot akteur. Sy belaglike hoedjies is bewys daavan. Dit was net so min wafre trane as wat hy ‘n eerlike polisiekommissaris was.

Bytjienw ·

Hoe gaan slaap ‘n ouer van veral ‘n 13 jarige KIND terwyl die KIND nog nie by die huis is nie?? Hoe weet die ouers nie na watse plek hul KINDERS gaan nie? 13 jariges is nog in die laerskool.

Astrain ·

Dit gebeur in ‘n piesang republiek waar geen wette meer toegepas word nie…tragedies want mense wat nou lekker lag, gaan later lekker huil!

Niklaas ·

Nou wat doen soveel jong minderjarige mense daar by die taverne of is die benaming van hierdie plek verwarrend en dis nie ‘n kuierplek met drank verskaffing nie ?

Vexed ·

Fooitog nou al so desperaat om homself uit die gemors te wikkel hy moet trane uitpers. Wat volgende Bheki?

Harley Davidson ·

Die man het darem ‘n hart maar van polisie werk weet hy niks en fw en sy raadgewers is hiervoor te blameer as jy wil oorgee sorg dat jy 5 jaar plus het om die regte mense op te lei om die leierskap oor te neem veral in kritiese posisie waarvan polisie een is

T-Man ·

Minderjarige drinkery, moontlik massa moord, misdaad en wetteloosheid aan die orde van die dag, ek wonder of Chelle nie eerder huil van al sy “suksesse” as minister van polisie nie eerder as die sterfdes…

My siening ·

Kla die ouers ook aan, dis hulle plig om te weet waar die kinders is! Hoed jy tjank want jou SAP se taak is af getrap, waar is die patrollie dienste?

Plattelandmeisie ·

Wat maak jou kinders op daai ouderdom in so n plek, is my vraag…..

Plattelandmeisie ·

Ek meen, ek kan nie my 9 jarige na n rave of een of ander kuierplek stuur en verseker wees alles gaan okay wees nie. Waar is die ouers se common sence?…. kinders hoort nie in sulke plekke nie….

Piet ·

Die Cele man moet begin respek wys. Sy blatante media sessies om aandag te trek raak nou baie onsensitief. Hy daag net op as die media “groot gaan”.
My raad aan hom, gee regtig om vir almal, dan gaan jou trane nie ophou vloei nie. Moenie net ‘n traan stort as wereld media ook die kameras aan het nie.

Dries ·

Duisende huil ook mnr Cele maar ons huil daagliks oor al die tragedies wat julle en julle kaders oor ons bring

andre ·

MM, leë bottels alkohol? Moet dit nie eerder lees, leë alkohol bottels nie.

Perdeby ·

Hierdie treurspel moet hulle maar voor die ouers se deur le, want waar was die ouers dat dit kinders in ‘n taverne is??

Papsak ·

Ek stem wat soek kinders in n tavern hulle hoort nie daar nie hoekom huil cele nie so oor ons boere ook nie wat ten wreedste dood gemaak word nou wil hy huil

Miena ·

Kan die ouers van die oorlede kinders nie nou ook strafregterlik aangekla word vir verwaarlosing of agterlosigheid of so iets nie? As daar dalk n prokureur hier lees vir ons meer info gee dalk. Asb en Dankie

Piet parys ·

En Cyril is by die G7 hoekom ? Rsa mos kabouter landjie. Oo nee dis mos die G 7 deel van die top 7 korrupte lande. Beki sè maw as jy nie meer n tiener is nie kan jy maar vermoor word. So wat van vermoorde plaas kinders . Die kinders het hulle keuse gemaak maar kinders wat vermoor word het nie verweer nie.

Delia ·

Minister Cele, my hart huil elke dag oor elke kind, vrou en man ongeag kleur wat onskuldig in hierdie land vermoor word.
Want geen mens verdien dat jou lewe geneem word deur misdadigers nie.
Minister, U het die mag om hierdie misdaad die hok te slaan.
Die vraag is of U die Wil het.
U is minister van Polisie vir ALMAL of U dit wil weet of nie, nie net vir uitgesoekte groepe, individue, politieke groepe nie.
Ek glo U het n Code of Conduct.
Miskien moet U dit weer lees

Mariana ·

Hoekom huil hy, as hy sy werk gedoen het, was die kanse dat sulke goed gebeur minder. Die land se polisiediens is pateties. Wat soek kinders by tavernes en hoekom het die eienaar hulle daar toegelaat. Hy moet verantwoordelikheid vat vir die tragedie. Die ouers het ek simpatie mee maar hoekom is kinders nie by hul huise nie. Ouers behoort beter na hul kinders se doen en lates te kyk

Genis ·

Ek le die voor die deur van Cele, waar is die polisieering? Waar is die drank-offisier?

Judy ·

Wil net weet – hoe groot is die plek dat dit so baie kinders kon laat ingaan?

Eden ·

Dit laat my dink aan my kleuterskool boekie oor die krokodil wat krokodiltrane gestort het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.