Chaos in Kaapstad weens onophoudelike reën

N2 Botrivier (Foto: Shirley Pretorius/Verskaf)

Meeste paaie in Kaapstad en omgewing is oorstroom weens onophoudelike reën.

Die N2 by Victoriaweg in Strand is ernstig geraak en Sunset Boulevard in Gordonsbaai is gesluit, asook Sir Lowryspas en Baden Powellrylaan. Verkeersdienste is op die toneel.

Die Botrivierbrug is ook gesluit en sal waarskynlik vir die res van Maandag gesluit bly weens skade aan die padoppervlak. Die soektog na ʼn voertuig en mense wat in die voertuig meegesleur is, duur voort.

Die Franschhoekpas, R43 in die rigting van Villiersdorp, die R320 Hemel en Aarde-pad, die R321, die pad tussen Stanford en Hermanus en die R44 Clarencerylaan is gesluit vir verkeer.

Motoriste word gemaan om eerder tuis te bly.

Die R316 Bredasdorp/Napierpad is ook op verskeie dele oorstroom. Twee voertuie is meegesleur in die water toe die bestuurders beheer verloor het.

Die Struisbaaipad het ook verskeie waterpoele en moet vermy word.

Kaapstad se nooddienste is beskikbaar by 028 425 5600 en sal 24 uur lank beman word so lank as wat die storm voortduur.

Die kragtoevoer is na verskeie huise afgesny. Die munisipaliteit vra om verskoning vir enige ongevier. Daar is hoë volumes oproepe weens stormverwante skade. Die spanne doen hul bes om kragtoevoer so vinnig as moontlik te herstel.

Verskeie huise het oorstroom in Durbanville, Bo-Kaap, Schaapkraal, Bellville-Suid, Belhar, Sandvlei Macassar, Strand, Gordonsbaai en Knorhoek.

R44 (Foto verskaf deur rampbestuurgroepe)

Nooddienste het ook bystand gelewer waar vier persone in ʼn huis in Strand vasgekeer is. Dié persone is intussen ontruim.

Die dak van ʼn privaat woning in Kaapstad se middestad het afgewaai.

In informele nedersettings is oorstromings aangemeld in Shuku-Shukma en Sir Lowry’s Pass Village, Rasta Camp, Riemvasmaak, 7de Laan Sandvlei Macassar, Old Faure Driftsands, Mfuleni en Bellville-Suid.

ʼn Sluis is by Wemmershoekdam oopgemaak om oorstroming stroomaf te verlig. Die Lourensrivier en Eersterivier het hul walle oorstroom.

Bome is ontwortel in Houtbaai-hoofpad, Macassar, Rondebosch-Oos, Durbanville, Kuilsrivier, Woodstock, Klipheuwel IFS en Malmesbury-plase. Die departement van ontspanning en parke hanteer die opruimingswerk.

Die reën val steeds en sal na verwagting eers teen Maandagaand begin opklaar.

N2 Botrivier (Foto verskaf deur rampbestuurgroepe)

25 September 2023: FLOODING STATUS UPDATE @ 08:00Water status:All areas in Hermanus can experience low water …

Posted by Overstrand Municipality on Sunday, September 24, 2023

ROAD CLOSURESAs a result of the heavy rainfall in the Drakenstein catchment area, the following roads had to be closed…

Posted by Drakenstein Municipality on Sunday, September 24, 2023

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Karina ·

My innige simpatie met almal wat verliese ondervind agv die geweldige storms.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.