Cholera: Dodetal styg weer

(Argieffoto: pixabay)

Minstens nóg twee mense in die omgewing van Hammanskraal is dood nadat hulle cholera opgedoen het. Dit bring die dodetal op 17 te staan.

Die Gautengse departement van gesondheid sê minstens 165 pasiënte het te midde van die uitbreking al met simptome van diarree, maagkrampe en braking by die Jubilee-distrikshospitaal aangemeld.

Altesaam 67 van dié pasiënte is tans opgeneem weens maagderminfeksie.

Die aantal laboratoriumbevestigde gevalle van cholera het teen Dinsdagaand op 29 gestaan.

Cholera is ʼn bakteriese siekte wat gewoonlik deur besmette water versprei word. Dit veroorsaak ernstige diarree en dehidrasie en kan binne ure dodelik wees indien dit nie behandel word nie.

Die departement het nou opnuut ʼn beroep op inwoners van die Hammanskraal-gebied gedoen om nie kraanwater te drink nie.

Intussen het die Tshwane-metroraad ʼn toewysing van R450 miljoen gemaak vir opknappingswerk aan die Rooiwal-afvalwatersuiweringsaanleg.

Dit is die grootste toewysing in die geskiedenis van die metro en volg nadat talle organisasies, veral ander politieke partye, die skuld vir die cholera-uitbreking voor die deur van die koalisieregering in die metro geplaas het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Vriendelike Frikkie ·

Binnekort is cholera ook in Capital Park, Pretoria. Rou riool stroom uit die erwe uit vir bykans ‘n jaar nou. Myburgh straat stink soos ‘n rioolplaas.

Hendrik ·

Dis darem snaak ne, mense moet eers sterf voor die regering wakker skrik en nou moet hulle iets omtrent die riool doen. Hulle weet al lankal daarvan, maar nou dat dit opslae maak kan hulle nie meer ‘n ‘blind eye’ trek nie.

Di ·

Ek persoonlik dink dat die verantwoordelikheid nie net by die Munisipaliteite le om plekke skoon en in stand te hou nie. Gemeenskappe moet ook hulle deel begin doen deur plekke waar hulle bly skoon te hou. Storting van afval orals, beskadiging van munipale toerusting en diefstal van pype, krane ens is een GROOT kopseer! Kyk hoe lyk meeste riviere by informele nedersettings , dis om van naar te word

Papsak ·

Ja nee vrot water mask mense siek en dood kyk hoe lyk water se kleur party keur ander lyk dit soos melk so gooi kalk in geen wonder sulke siektes steek kop uit nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.