Cholera-sterftes styg verder

Argieffoto (Unsplash)

Die dodetal in ʼn uitbreking van cholera wat nou ál wyer uitkring, het al die lewe van 20 mense geëis.

Minstens 179 pasiënte het sedert Woensdagmiddag met simptome van diarree, maagkrampe en braking by die Jubilee-distrikshospitaal aangemeld. Hiervan is 18 pasiënte na die Dr. George Mukhari- en die Steve Biko- akademiese hospitaal in die Tshwane-distrik oorgeplaas.

Die getal laboratoriumbevestigde gevalle van cholera het teen Donderdagmiddag op 29 gestaan en altesaam 78 pasiënte is reeds opgeneem weens gastro-intestinale infeksie.

“Ons gaan voort om ons openbare gesondheidsopvoedingsprogramme te verskerp, want kennis is die kragtigste wapen in ons stryd teen siektes. Deur bewustheid oor voorkoming, higiëne en vroeë opsporing te verhoog, kan ons ons gemeenskappe bemagtig om voorste verdedigers teen gesondheidsbedreigings te word,” sê Nomantu Nkomo-Ralehoko, LUR vir gesondheid in Gauteng.

Die Gautengse departement van onderwys (GDO) het intussen drinkwater na 61 skole in Hammanskraal, waar die uitbreking begin het, gestuur.

Onderrig gaan soos gewoonlik voort, maar ʼn watertekort ontstaan omdat skole die water ook met die res van die gemeenskap moet deel.

Cholera in Vrystaat

Twee mense in Parys in die Vrystaat het intussen ook positief vir cholera getoets en ʼn 33-jarige vrou van Vredefort het weens die siekte gesterf. Sy is vroeër in die Parys-hospitaal opgeneem.

Die ander twee pasiënte is reeds ontslaan.

Mathabo Leeto, LUR vir gesondheid in die Vrystaat, sê sy is geskok en teleurgesteld om van die toenemende cholera-gevalle in Ngwathe te verneem.

Die getal cholera-gevalle in die Vrystaat staan in hierdie stadium op agt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Johann ·

Ja wel wat anders as siektes en peste verwag die ANC nadat hulle jare nie onderhoud gedien het nie?

Manie ·

Korrek, die DA wat enkele maande gelede by die ANC in Pretoria oorgeneem het en van wie nou verwag word om jare se agteroorsit in ‘n maand reg te stel.

Papsak ·

Ja wie word bedank vir die siektes en peste die ANC want hulle kyk na niks nie en korrupte munisipaleteite water in verkeerde hande

isabelle ·

gemors: paaie water inflasie pryse kos krag dienslewering neeeee man :(

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.