Clicks sluit honderde winkels; Makro sluit alle winkels

(Foto: clicksgroup.co.za)

Clicks het al sy winkels in KwaZulu-Natal en 130 winkels in Gauteng gesluit weens die onluste in die twee provinsies.

Volgens Clicks is al 110 winkels in KwaZulu-Natal gesluit en is ’n totaal van 279 winkels toe nadat skade aan 52 winkels landwyd aangerig is. Dit het ook tot gevolg dat 106 inentingspersele gesluit is.

Clicks, wat 760 winkels het en waarvan meer as 600 ook apteke in die winkels het, het die afgelope paar dae se vandalisme en plundery ten sterkste veroordeel. ’n Kosteraming word nog gedoen rakende die plundering van winkels en die skade wat aangerig is.

“Die onderbreking van dienste beteken dat die betrokke Clicks-winkels tydelik nie inentings kan toedien nie of medisyne aan klante kan voorsien nie, en dat die mediese afhaalpunte in die openbare sektor tydelik nie beskikbaar is nie,” het die kleinhandelaar in ’n verklaring gesê.

“Noodplanne word opgestel om alternatiewe reëlings vir die lewering van chroniese medikasie en die herskedulering van inentings, waar moontlik, te bied.”

Makro het intussen aangekondig dat hy al sy winkels van 13:00 Dinsdag af gesluit het weens die onluste.

Aanlyn bestellings kan moontlik ook vertraag word weens paaie wat versper of gesluit is. “Ons monitor die situasie en sal inligting verskaf rakende verdere verwikkelinge.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Cecilia ·

Wat vd arme werkers wat nou vd Staat se patetiese TERSgeld moet leef. En chroniese patiente wat afhanklik vd diens was.
Nou moet onskuldiges lei onder d ANC gepeupel

Kokerboom ·

Wie moet ons bedank: Die ANC in sy korrupte patetiese onbevoegde totaliteit!!!Hoekom verdra ons DIE politieke pandemie???SA het ‘n KIESERPROBLEEM!!!

JohanR ·

Sekerlik moet jy darem ‘n 30 percenter wees om te kan stem?

Cecilia ·

Ja d minderheidgroep wat elkeen sy eie party en kerk wil stig. En ook dan simpel goed se soos ek gaan nie stem nie want dis tyd mors! terwyl d meerderheid soos 1 man saamstaan. Vir 1 party stem ( al is d korrup).
Ons moet leer saamstaan sodat ons meer verteenwoordiging in d parlement kry!

Yvonne ·

Kiesers probleem het te make met omkoopbaarheid ..t hemp en n pakkie kos….tot in hulle siele verrot

Adriaan ·

Ek wonder of cyril weer op TV gaan wees? Eintlik lei hy die land so goed dat hy sy eie kanaal verdien.

Nozi ·

Wel tenminste gaan meer mense nou vir hom kan luister, almal het mos nou TVs!!!

Samuel ·

Alles is te danke aan ons ruggraatlose Staatspresident en sy ewe lamlendige regering. Hulle kan nie ‘n baba bang maak nie. CR staan met hartseer ogies op TV, wetende dat hy lieg.

Kobus ·

Mag winkels die reg voorbehou om ‘REG VAN TOEGANG” kennisgewings op te sit en dan te besluit wie hulle wil toelaat? Dis mos hulle demokratiese re of hoe?

Elinette ·

Het jy nou al 400 van “our people” probeer keer met ‘n “Reg van Toegang Voorbehou” bordjie?

Leonard ·

SKULDIGES MÓÉT toegesluit word & ENIGE SKADE MÓÉT van zuma-stigting geëis word!

Vonkprop ·

En weereens moet die gehoorsame publiek daaronder ly omdat ons president te slap is om aksie te vat. Paaie word versper nou moet die publiek ompaaie ry, winkels word gesluit nou moet die publiek ander planne maak, ons bly by die huis om ons geliefdes te beskerm en kom nie meer by baie mense nie, maar hier hol duisende rond sonder maskers en voel vere vir reëls. Ek bid net elke aand vir verandering, want op my eie kan ek niks regkry nie en ons gehoorsame mense is te bang om ons rug styf te maak teen alles wat gebeur, want ons word sommer vinnig vasgevat as ons iets oortree.

Elinette ·

Ag nee, hulle pluk nou die dam onder die eend se agterent uit. Sluit die winkels in KZN en Gauteng se hoof-sentra, maar los dié winkels wat in ander dele van die land geleë is uit. Hier in die Wes-Kaap (waar ek woon) gaan dinge hul normale gang.

JohanR ·

My fellow South Africans,,,,,,I will soon be selling all my big horn cattle and moving to Dubai. Don’t call me, I will call you.

Stofdonkie ·

Wallmart moet nou maar hulle beleide kom implementeer in massmart en hulle uitspreek teen BBBEE, dat al die swart werkers maar afgelê word. Op die oomblik kan die EFF darem nie veel doen wanneer daar so uitspraak gemaak word nie want die weermag beskerm mos nou darem die winkels.

Di ·

Hierdie is nie vandalisme en plundery nie – dit is Terrorisme.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.